Ma vas wat baba in toilet laat

Argieffoto: Pixabay

Die vrou wat vermoedelik Vrydag in ʼn badkamer van die Key West-winkelsentrum in Krugersdorp geboorte geskenk en haar babadogtertjie in ʼn toilet gelaat het, is in hegtenis geneem.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die 27-jarige vrou is Woensdag deur die Krugersdorp-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) in hegtenis geneem.

“Ondersoekbeamptes het al om die uur gewerk en ʼn deurbraak gemaak. Ondersoek het vasgestel dat die vrou ʼn werker in dieselfde winkelsentrum is waar die baba gevind is en sy is by haar werkplek in hegtenis geneem.”

Die vrou sal aangekla word en moet binnekort in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Kathy Segotta, bevelvoerder van die GKS, het die ondersoekspan vir sy goeie werk geprys. Sy het ook gesê dit gaan goed met die baba.

Maroela Media het Vrydag berig ʼn klant het die baba in die toilet aangetref en paramedici ontbied.

Paramedici van ER24 was reeds by die winkelsentrum en het pas bystand verleen in ʼn ander voorval, toe hulle omstreeks 11:00 van die baba ingelig is. “Die baba is in die toiletbak gevind en haar naelstring was nog aan haar,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, toe aan Maroela Media gesê.

Paramedici het die baba ondersoek en kon geen sigbare beserings vind nie. Sy is daarna na die Yusuf Dadoo-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ouma ·

Dis vreeslik hartseer maar ek kan my net voorstel waar deur hierdie mamma moes gaan. Miskien was die geboorte vir haar ‘n helse skok en het sy net gereageer sonder om te dink. Bly die babatjie is ok en sterkte ook vir die mamma – jy het ‘n moeilike pad vorentoe.

Alida ·

Ek hoop regtig die kindjie word aangeneem en die HOf besluit nie dat die ma die kind moet kry nie. Sy wou haar mos nie gehad het nie.

Lynette ·

Sy is net n slegte mens (en ek sal verder gaan deur te sê ‘n “propperse” psigopaat – statistieke sê dat EEN uit 100 mense n psigopaat is en interessant genoeg, VIER uit elke 100 CEO’s van maatskappye n psigopaat is – dus BAIE meer algemeen onder ons as wat ons wil besef)- sy het n WERK gehad – wat MEER is as wat baie mense kan sê – dus is daar baie meer persone wat ellende as n verskoning kan gebruik, NIE SY NIE.

Annie ·

Liewe land, kan niemand dankie sê dat julle nog nooit in ñ posisie van soveel wanhoop was nie? Wie van ons ken haar omstandighede? Oordeel dan eers as jul klippe kan optel, maar vir nou, bid vir daai vrou.

riana ·

Wat is daarvoor om te bid vir haar. Om nie weer swanger te raak nie. Maak nie saak wat haar omstandighede is nie sy kon die kind vir aan naming gegee het so maklik soos dit.

Niks regverdig wat sy gedoen het nie. Sy het geweet om te maak dan moet jy weet om groot te maak. En sy kon dan n aborsie gehad het as haar omstandighede so sleg was so ek voel nie jammer vir haar nie voel jammer vir daardie kind.

Sy moet gaan sit en lank gaan sit in die tronk. So ja jammer vir haar kan mens net bid om reg te kom maar weet nie of dit sal help nie en ek hoop sy voel elke dag van haar lewe sleg daaroor.

Johanna ·

Maak nie saak in watse posisie die vrou was nie, NIKS gee haar die reg om moord te pleeg nie..!
Sy kon eerder die kindjie na n hospitaal toe vat en daar los, waar sy tenminste van die begin af n kans het, en nie die kind los vir dood nie!! Daar is talle mense daar buite wat nie kan kinders kry nie, en wat graag sal wil aanneem!

CAROL ·

ANNIE ek stem 100% saam!!! ek is so bang iemand vind daai sleutel – dink hul moet dit in die vuur gooi

De Villiers ·

Dis wat vir my so siek is van sulke mense. Hoeveel mense sukkel om kinders te kry, en probeer alles moontlik om ‘n kind te kry sodat hulle ‘n volwaardige gesin kan word. En dan kry ‘n mens sulke mense wat dit doen. Dis so onregverdig teenoor die kind.

Theresa B ·

Annie – daar is instansies waar sy kon gaan aanklop het. Maar meer van hulle moet eerder die “fabriek” toemaak soos Blits voorgestel het.

Nettie ·

Was dit ‘n vol-termyn baba? Leef die baba nog (ek neem so aan, aangesien sy deur paramedici na ‘n hospitaal geneem is)? Dalk het die vrou eenvoudig die toilet gebruik en nie geweet sy is besig om te kraam nie en het die baba afgekom …. en sy toe groot geskrik en net gemaak dat sy wegkom. Mense oordeel so maklik ….

Lielie ·

Nettie dit is n voltermyn baba, sy weeg nou 2.7kg. Was self daar en moet se dit was n helse skok om so iets te sien. Sy was kop onderste bo in die toilet. N klant het haar gekry, n ander dame het haar naelstring geknoop en ek het haar in my klere ingedruk vir hitte omdat sy pers was…gelukkig was die nooddienste vinnig daar gewees. Die placenta was nerens in sig nie…en sover ek verstaan kan jy hom net afsny anders bly die twee geheg totdat placenta afkom??

Joe Hall ·

Om iemand as ‘n psigopaat te diagnoseer, vereis ‘n laaaang reeks ondersoeke en toetse deur ‘n verskeidenheid behoorlik opgeleide sielkundiges.
Oppervlakkige kennis en/of ondervinding wat dikwels tot allerlei wilde stellings aanleiding op openbare media werwe soos hierdie een lei, doen veel meer skade as wat dit van enige nut is.

VanAfrika ·

Hendrik en Annie, dan gaan dit oor haar en nie n weerlose baba war haarself kan beskerm nie? Daardie babtjie kan nie loop of praat en sy was alleen gelaat in n vreemde plek en as sy bewus van haar omgewing was, sou sy die bangste babatjie gewees het, want as jy klein is, is die boogy man mos oral. Die ma het n werk gehad, familie, vriende en owerhede wat haar sou gehelp het. Jy gooi nie jou hulpelose pap babietjie soos n stuk vleis weg nie. As sy nie babas wou he nie, moet sy voorbehoed middels gebruik het. Nou word die babadogtertjie gestraf vir haar ma se sondes. As jy arm is, gebruik jou kop en moenie kinders in die wereld bring wat n oorlas vir jou word nie en wat jy nie kan bekostig nie.

VanAfrika ·

Nettie, ek byt bitter moeilik aan jou storie, hoeweet jy, jy kraam nie????? Regtig?????

Felicity ·

Geeeen omstandighede regverdig dat ‘n weerlose pasgebore babatjie in ‘n toiletbak gelos word nie!!!!! Dis afgryslik!!! Die vrou moet bitter baie swaar gestraf word. Sy kon die babatjie vir die kinder welsyn of by die tehuis waar babatjies in ‘n mandjie gesit word sodat daar ‘n kans was vir aanneming gelos het. Dan sou sy nou nie in die trunk gesit het nie maar sy verdien elke oomblik daarvan. Hoop haar lewe in die tronk is HEL. Dis wat sy verdien. Ek bid dat die babatjie liefde volle ours sal kry wat haar sal omvou met al die liefde wat die sy verdien. Het nie gevra om daar te wees nie. Bid vir jou klein engeltjie.

Amanda ·

Ek wens aan
eming was makliker in SA dan sou ek daai kleintjie regtig aangeneem het. Sonder twyfel! Dis so verkeerd wat daai vrou gedoen het…. Ek meen dis n kind… Sy het nie gevra om hier te wees ni ai… Gaan slaapeloose nagte he hieroor

Elize ·

Die wat so oordeel en klippe gooi, hoop julle kinders is groot en maak nooit foute nie, ek bid elkeen van julle is foutloos. My hart bloei vir albei, ma en kind.

Mell ·

Die babatjie het ook nou ‘n naam volgens die Krugersdorp gemeenskapsforum, en dit is ‘Hope’. Daar is baie daarvan nodig vir die kleinding, ‘n hoop dat sy nie deur die sisteem ingesluk word en van vergeert word nie maar vinnig ‘n mamma en pappa kry wat ware HOOP vir haar sal gee….mag daardie 27 jarige vrou, want ek dink nie sy sal ooit weet wat dit beteken om ‘n ma te wees nie, alles kry wat haar toekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.