Ma vas wat baba ‘lewend begrawe’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat glo haar pasgebore baba lewend begrawe het, sal Donderdag in die landdroshof in Tseki naby Clarens in die Vrystaat verskyn.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die 34-jarige vrou se skoonma het die gruvonds gemaak toe sy Dinsdag die buitetoilet van hul huis in die Bolata-nedersetting gebruik het. “Die vrou se skoonma het plasenta in die toilet opgemerk en sy het haar skoondogter gekonfronteer,” het Mophiring gesê.

Volgens Mophiring het die dogter erken dat sy Saterdag in die huis aan ʼn babadogtertjie geboorte geskenk het. Sy het glo die baba in ʼn plastieksak toegedraai en haar in ʼn vlak graf buite begrawe. “Die vrou het aan haar skoonma uitgewys waar sy die baba begrawe het en hulle het die liggaam van die baba opgegrawe. Die polisie is kort daarna ontbied en die ma is op die toneel in hegtenis geneem,” het hy gesê.

Sy sal teregstaan op ʼn aanklag van verberging van geboorte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

MissDemeanor ·

Ek sou ook so dink…maar miskien het ‘n wonderwerk gebeur en die baba het oorleef? Miskien kan Maroela Media se redaksie dit duidelik maak?

Landi Slatter ·

Dagsê lesers,

Dankie vir die navrae. Die baba se liggaam is Dinsdag opgegrawe. Die baba is dus oorlede.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Santie ·

En daar is so baie plekke waar ‘n baba anoniem neergsit kan word. Hoekom nou die kindjie dood maak? Daar mag dalk baie redes voor wees. En nou is sy nog in vet moeiikheid ook. Ai!

snoefie ·

maak nie saak wat haar omstandighede is nie die voorbehoedpil is gratis beskikbaar aan almal. niemand wat nie n kind wil he nie hoef n kind te kry nie.

Asjas ·

‘n Liggaam is opgegrawe, maw dood. Baba is dood. Sy moet vir moord ook aangekla word.

Piet ·

AANKLA VAN VERBERGING SE VOET DIS KOELBLOEDIGE MOORD EN BOONOP LEWENDIG BEGRAWE DIS ONMENSLIK WYS JOU HOE BARBAARS KAN HULLE WEES ABSOLUUT GEEN GEWETE MAAR EENDAG SAL SY VOOR GOD MOET BELY EK IS BLY EK IS NIE SY NIE DIE KINDJIE HET NIE GEVRA OM DAAR TE WEES NIE

lynette ·

Hettie, duidelik is baba dood! Toegedraai in plastiek en drie dae begrawe!!! Wie kan dan nog lewe?

Almien ·

Wat gaan aan met die mensdom…….soveel mense wat smag na kids en dan dié wat net geen respek het vir lewe nie

Natasha Esterhuizen ·

Ja nee, kyk…ek weet soms nie wat in party mense se koppe aangaan nie. Om so n weerlose baba te begrawe is pateties. Daar is niks beter in die wereld as om n ma te wees nie. Al is die omstandighede so erg, is dit geen rede om jou baba te begrawe nie, gee dit dan eerder oor dat iemand die baba kan aanneem – daar is soveel ander mense wat wel kinders wil he maar kan nie. Maar die persoon moet eendag kan rekenskap gee en daar is niks in die wereld wat die persoon kan se om dit te verskoon nie. Ai tog, wat gaan aan met die wereld se mense!

Wilmien ·

Julle, dit is `n afskuwelike daad om te pleeg…….gooi die ma in die trunk en VERGEET van haar !

mel ·

Dit is mos nou duidelik ‘n bewys dat party mense nie mense is nie. Wat sal hulle dan nou genoem kan word? Geen mens sal so-iest doen nie. Ook nie ‘n dier nie.
Help my asb met was so-‘n maaksel genoem kan word?

Just Me ·

This makes me so angry…..there are so many people out there that would anything to have a baby/ family, and yet those who do not deserve this blessing, keeps on “breeding” On 22 July our family was struck with the worst news ever, we were expecting our identical twin grandsons to be born within the week, but they were stillborn on 22 July ……there is no greater pain or sorrow. And this person just buries her baby ALIVE like its trash!!!!

Bollie ·

So 50 jaar gelede het my moeder se huishulp haar pasgebore baba in die spruit weggegooi. Sy was net ‘n paar dae in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.