Ma vas wat glo 4-jarige vermoor

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 36-jarige vrou het Dinsdag in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane, Noordwes, verskyn nadat sy glo haar vierjarige seun vermoor het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is Sondag by haar huis in Phokeng naby Rustenburg in hegtenis geneem nadat die seuntjie se liggaam naby die huis gevind is.

“Die kind is met ʼn skerp voorwerp gesteek. Daar word vermoed dat hy Saterdag vermoor is en sy liggaam is ongeveer 100 m van die gesin se huis gevind,” het Moleko gesê. Getuies het gesê die kleuter se keel is met ʼn skerp voorwerp gesny en sy kaal liggaam is met ʼn swart vullissak bedek en in ʼn stormwaterdrein gegooi.

Volgens Moleko het die vrou na haar seun en nog ʼn familielid se kind, ook vier jaar oud, omgesien toe sy glo haar kind vermoor het. Die ander kleuter was nie naby toe die moord gebeur het nie en het nie seergekry nie. Hy is gevind nadat die gemeenskap na hom begin soek het.

“Die ma is in hegtenis geneem en bloedspatsels is in haar huis gevind,” het Moleko gesê.

Dit was nie onmiddellik bekend wat tydens die vrou se hofverskyning gebeur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mrs.B ·

Mense, dit moet iets in die water wees. Hoe op aarde????? Wat op aarde dryf ‘n persoon so ver? Ek het net vrae…. en geen antwoorde.

wielie ·

Wat dryf n mens so ver??? Werkloosheid, armoede, moedeloosheid, omstandighede. Nie almal is bevoorreg om in huise in woonbuurte te bly met krag en water. Nie almal het die voorreg om skool te gaan , nuwe klere te kan gee vir n klein lyfie of baie speelgoed te kan gee. …….. kos of warm kombers.

Geskok ·

Wielie, die redes wat jy aanvoer dra gewig.
Almal het egter gratis toegang tot voorbehoeding. Moenie kinders verwek net vir die toelaag nie.
Dwelms speel ook ‘n groot rol in sulke gedrag.
As jy nie kan sorg nie los eerder die kind by ‘n skuiling.

VanAfrika ·

Dit gee haar nog steeds nie die reg om haar kind te vermoor.

Stuiwer ·

Sy is nie werd om die kind se “ma” genoem te word nie. Sy is die kind se MOORDENAAR en ek hoop sy kry wat sy verdien!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.