Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is Sondag omstreeks 15:00 na ʼn daghospitaal in Macassar ontbied.
“Met hul aankoms by die hospitaal het die suster aan diens hulle meegedeel dat die verdagte glo by die huis gekraam het. Sy het daarna die kind na bewering met ʼn mes in die nek gesteek, voordat sy die baba in ʼn kombers toegedraai en na die daghospitaal gebring het,” het Van Wyk gesê.
Die 33-jarige ma is op die toneel in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord. Dit is nie in die stadium duidelik hoe ernstig die baba beseer is nie.
Sihle Ngobese, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê die departement wag nog op meer inligting rondom die voorval.
Lewe die baba?
Ja, lyk asof die baba darem lewe, want sy is aangekla van poging tot moord.
Ja, poging tot moord is die klag.
Dagsê Sina,
Dankie vir jou navraag. Die baba lewe inderdaad. Ons het die berig gewysig om moontlike verwarring uit te skakel.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Wat gaan an met die mens? HOE? doen mens so iets?
Nageboorte skok of erenstige nageboorte depresie hoop ook baba veg.
Christine,
ek twyfel of dit die rede is.
Gewoonlik sal dit wees oor die ma nie die baba wil hê nie.
Dis so hartseer! Daar is duisende vroue wat smag na ‘n baba – Dan is daar vroue wat soos konyne kan teel!!!
Hoe kan engine vrou has pasgebore of kind van enige ouderdom leed aan doen??
Ek hoop die babatjie leef en kry ‘n liefdevolle mamma.
Daardie “ma” moet gesteriliseer word!!!!
So mal mens verdien nie om n ma te wees nie……
Dit maak my hartseer om dit te lees, dat enige ma/ouer so iets aan haar kind kon doen. Die kind het nie daarvoor gevra nie. Hoekom dan eerder nie die kind afgeteken het aan ‘n ouerlose paartjie nie. Sy het die kans gehad in die begin om die swangerskap te be-eindig, al is dit volgens die Bybel nie aanvaarbaar nie. Sy as ma verdien die doodstraf… jammer dit is ook nie toelaatbaar nie.. Ek as ouer, ook van kinders het seer dat my eie kinders sukkel om ‘n kind van hulle eie te kry…….. verlange om ‘n oupa ook te mag wees, ek se dit uit nederig heid uit.. Dan kry jy die ma wat so barbaars op tree. Sy SAL voor God staan eendag en rekenskap moet gee.
Volgens die nuus het ma en die boyfriend ‘n argument gehad waarin
hy beweer het hy is nie die baba se pa nie. Seker uit woede, steek sy
toe sommer die baba met ‘n mes.
hoe kan n ma dit doen aan haar baba.sy moet sommer vergoed tronk toe gaan.sy verdien nie om n ma te wees
Stem saam met Marianne! En pedofiele – kastrasie.