Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die 21-jarige ma het glo Dinsdag geboorte geskenk aan ʼn babaseuntjie. Sy en haar kind is Donderdagmiddag uit die hospitaal ontslaan.
“Dieselfde aand, omstreeks 22:00, het die vrou se ouma die polisie gebel en gesê die babaseuntjie word vermis,” het Makau gesê. “Die polisie het die ma ondervra en sy het uiteindelik erken sy weet waar die seuntjie is. Sy het die polisie na ʼn oop veld geneem, waar die babatjie tussen ʼn klomp bosse gevind is met sy doek aan.”
Volgens Makau het die baba geen sigbare beserings gehad nie, maar is hy in ʼn hospitaal opgeneem vir observasie.
Die ma is in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord en kinderverwaarlosing. Sy het Maandag in die Bloemhof-landdroshof verskyn waar sy borgtog geweier is, het Makau gesê.
Sy sal op 6 Januarie weer in die hof verskyn.
Die res van die jaar in die tronk klink lank, maar dit is net 3 dae !!!!?
Wow…’n volle drie dae!!!
ons is almal so gou geneig om te oordeel…
dit is nie normaal dat n ma haar kind so aan hom/haarself oorlaat nie… tensy sy traumatiseer is (verkrag) aan nageboorte depressie ly en geen uitweg sien nie… ek hoop dat sy profesionele hulp kry en haar kind kan aanvaar…
daar is GEEN verskoning vir wat sy gedoen het nie….. plaas sy dan eerder uit die hospital uit geglip het en die baba daar gelos het dan sou die baba beter af gewees het.
Ek stem da is geen verskoning vir wat sy nie gedoen het da is bja opsies da buite as jy nie n kind soek dis net on aanvaarbaar da is duisende mense da buite wat n kind soek mense soos sy gooi ha kind weg soos n stuk papier iemant soos daai kort nie die tronk nie hulle kort die doodstraf
dit is geen verskoning nie… ek vind dit uiters tragies en herhaal dat dit nie normaal is dat n ma so reageer nie…
ek herhaal ook dat ONS almal so gou oordeel… omdat ons dit nie kan begryp nie…
diegene wat so gou na wraak & doodstraf skreeu… meld julle tog in die usa aan om so n volstrekking live te beleef…
wraak los geen probleme op nie… dit kweek net nog meer wraak… n oneindige spiraal wat net erger word…
n hond gooi now eers sy eie kleintjies weg nie.
en juis omdat dit nie n normale reaksie van n moeder is nie… het ek deernis met haar en haar kind…
om te oordeel is makliker, omdat mens nie bereid is om dieper te ky na die waaroms en hoekoms nie…
veronderstel die kind is ontstaan deur n verkragting…? sou mens nog so gou oordeel?
terloops… in die natuur kom dit ook voor dat “kleintjies” verstoot word…