Ma veg om kleuter uit hond se kake te verlos

Klein Martin en Mariëtte Oberholzer (Foto: Verskaf)

’n Kleuter (5) van Pretoria moet gereeld verdoof word sodat sy wonde skoongemaak kan word nadat hy en sy ma die afgelope naweek tuis deur een van hul honde aangeval is. Die ma kla boonop van pyn nadat haar wonde eers dae ná die aanval in ʼn staatshospitaal skoongemaak is.

Shaney Griesel, ʼn familielid van die ma en seun, het vanmiddag aan Maroela Media gesê Mariëtte Oberholzer (31) het Sondag onverpoos baklei om een van die gesin se honde van haar seuntjie, Martin, af te kry. Maroela Media het Maandag berig die hond het hom Sondag by hul huis in Elarduspark bestorm en onophoudelik gebyt. Ma en seun is ná die voorval na die hospitaal gehaas.

Volgens Griesel het klein Martin en sy ouboet, AC (8), buite gespeel toe die gesin se twee honde begin baklei het. Die seuntjies het geskrik en wou by die huis inhardloop toe die reun op Martin afstorm en hom herhaaldelik begin byt het.

Mariëtte het buitentoe gehardloop en probeer om die hond van haar kind af te trek en is in die proses ook gebyt. Sy het veral slegte wonde aan haar voete en hand opgedoen, sê Griesel.

“Mariëtte het haar voet voor die hond en haar hand in die hond se bek gedruk om te keer dat hy Martin se nek gryp.”

Mariëtte kon eindelik met AC se hulp die hond van klein Martin afkry. Dié brawe mannetjie het die hond met ’n mes gesteek sodat die dier sy boetie kon los. Die hond is nie dood nie. Mariëtte het toe met Martin na haar man se werkplek gejaag waar die nooddienste ontbied is. Paramedici het hulle na die Kalafong-hospitaal in die stad geneem.

“Martin is baie erg oor sy hele lyf gebyt en is in die ambulans onder verdowing geplaas. Mariëtte se voet is baie geswel en moontlik gekraak of gebreek. Sy het ook ’n groot sny aan haar voet,” vertel Griesel.

“Sy het baie pyn en huil baie. Sy het nie eens ’n kussing in die hospitaal om op te slaap nie.”

Volgens Griesel doen die familie nou ’n beroep op die publiek om skenkings te maak om die familie ná die aanval met mediese en ander uitgawes by te staan. Dit sluit in die aankoop van verbande en ontsmettingsmiddels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anel ·

Miet net nie dat hulle dit toewerk nie. As dit nie behoorlik skoongemaak is nie, gaan dit erg infeksie kry. Glo nie Kalafong sal dit kan doen nie. Sterk antibiotika, klem in die kaak inspuiting. Dan, wat ons noem, brandsalf, dit vat die seer weg en het antbiotika in, sonder voorskrif by apteek, dan gelonite, dan gaas en dan verband. Gelonite hou wond nat en keer dat gaas vassit. Maak ten minste 2 keer per dag skoon met ontsmettingsmiddel en af en toe perokside. Ons gebruik die raad al jare op ins diere as hulle mekaar byt if as ons gebyt word. Maar beste sal wees om by ordentlike hospitaal uit te kom. Sterkte.

Pierre ·

Daar nie ‘n kussing om op te slaap nie, maar hulle is reg vir Covid!

Herman ·

Ons word nie gesê wat se ras honde dit is nie maar daar kan seker aanvaar word dit was n Pitbul soos gewoonlik. Hoeveel kinders is al dier vieslike pitbulls uitmekaar geskeur en dood gebyt?

Michael ·

Dit word altyd gesê dat dit ‘n pitbull is. Het jy al ooit een gehad? Alle navorsing toon daarop dat pitbulls liefdevolle honde is veral teenoor kinders maar kan wel dier aggressief wees. Van die eienaars wil die hond hê maar doen nie moeite om met mense te praat en op te lees oor die ware AMPT nie. Soos enige ander hond het hulle oefening en training nodig. Daar is meer Chihuahas wat mense byt as pitbulls alhoewel hulle nie soveel skade kan maak nie. Mense kry honde van back yard breeders en verwag hulle moet opreg wees. Nee nee, die mense laat die diere in die steek dan moet die hond uitgesit word. ‘n Hond byt nie net nie en enige ouer moet toesig oor hulle kinders hou waar honde betrokke is. Poedels is ook meer aggressief as wat ‘n pitbull ooit sal wees so doen eerder die moeite om een te besit en te leer ken as wat jy net aannames maak van watter ras dit is en dat dit net die hond se skuld is.

Annelize ·

Herman, ja, dit was ‘n Pitbul soos ek verstaan van ‘n ander berig op ‘n ander platvorm. Die 2 honde het baklei en toe draai een om en hy gryp die kind toe die kind die huis wou in.

Ek self is die eienaar van ‘n Pitbul, ek verruil hom vir geen geld in hierdie wereld nie, hy sal jou eerder doodlek as wat hy jou gaan probeer doodbyt, it is all in how you raise a Pitbul. MAAR, en dis my beskeie mening, jy hou NIE 2 pitbulle saam in een erf nie, hulle is ongelooflik dominant en territoriaal hulle gaan mekaar gryp, want die 1 gaan altyd die septer wil swaai, en dit gaan tot moeilikheid ly.

Maar om te se alle Pitbulle is vieslik, is onregverdig. Baie mense sien Pitbulle as “killing machines” en maak hulle daarvolgens groot. GROOT FOUT. As jy sy agressie gaan stimuleer en aanwakker, gaan jy ‘n probleem kweek, dit werk so met enige ras hond, en ek wens mense wil dit begin besef.

LiveAndLetLive ·

Ongeag die breed, honde behoort goed opgelei te word, sodat eienaars hulle kan hanteer indien nodig. As jy klein kinders het, hou eerder jou groot honde weg van hulle, enige dier is onvoorspelbaar, voorsorg is altyd beter as spyt.

daniel ·

Uiters swak bestuur van die land se mediese dienste. A.g.v diefstal oor 25 jaar.

Prikkie ·

Hoop regtig die hond is “slaapgemaak”.

As ‘n hond eenkeer gebyt het Gaan dit heel moontlik weer gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.