Ma veg verwoed vir seun met kanker

Jayvan Janse van Rensburg. Foto: Facebook via Support Jayvan Janse van Rensburg

Jayvan Janse van Rensburg. Foto: Facebook via Support Jayvan Janse van Rensburg

Carin Janse van Rensburg van Vereeniging, wat verlede jaar haar man verloor het tydens ʼn rooftog en etlike maande later gehoor het haar driejarige seun het beenkanker, het vandeesweek gehoor sy moet binne 16 dae meer as ʼn halfmiljoen rand insamel sodat Jayvan nie sy been verloor nie.

Jayvan is op 6 Januarie met beenkanker gediagnoseer. Carin het in ʼn emosionele onderhoud aan Maroela Media vertel die gesin sukkel om die mas op te kom en om die hartseer te verwerk. “Ek moes sedert my man se dood sorg dat die gesin kop bo water hou, terwyl ons almal die seer en verlies verwerk. Nes Jayvan beter raak, is daar weer ʼn terugslag,” het sy gesê.

Dokters het Carin vandeesweek ingelig die gewas in sy been het gekrimp, wat beteken hulle kan dit nou verwyder. Dit is egter nie so eenvoudig nie.

“Omdat Jayvan baie swak is, sal hy nie die operasie van ongeveer 10 ure oorleef nie. Sy bloedtelling was vandeesweek weer 0,02,” het sy verduidelik. “Twee spesialiste is dus nodig om gelyktydig aan hom te werk. Een spesialis moet die tibia in sy linkerbeen uithaal, terwyl die ander die femur in sy regterbeen moet verwyder.”

Met twee spesialiste behoort die operasie ses ure te duur. Carin sê die tibia van die linkerbeen sal die femur in sy regterbeen vervang, wat deurtrek is van kanker. “Sonder die operasie sal die dokter sy been moet amputeer. Dit is ʼn swaar las om jou seun in die oë te kyk en te weet dit is in jou hande of hy sy been gaan hou of nie.”

Jayvan kan ook nie later as einde Mei geopereer word nie, omdat hy reeds by sy vierde skof chemoterapie trek. “Indien hy nou geopereer word, sal die vyfde behandeling enige spore van kanker wat oor is, doodmaak.”

Sy sê haar mediese fonds het haar vanoggend ingelig hulle sal nie die volle operasie dek nie. “Hulle sien die operasie as kosmeties. Wanneer ʼn vrou borskanker het, word haar borste verwyder. Hulle skeer iets soos beenkanker oor dieselfde kam. Die medies is bereid om 40% tot 50% van die operasie te betaal.”

Volgens die dokters gaan die operasie meer as R1 miljoen kos. “Ek het nie soveel geld nie. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek is raadop. Hoe kan ek my kind se been laat amputeer?”

Carin sê al wat sy oor het, is gebed. “Al wat ek kan doen is bid en hoop daar is uitkoms. Ons bring al ons tyd op ons knieë deur. Net die tyd sal leer.”

Maroela Media het destyds berig Jayvan se pa Anton (52), is op 12 Augustus naby sy huis in Drie Riviere, waar hy en sy gesin skaars twee weke tevore ingetrek het, deur gewapende rowers oorval en geskiet. Die skietery het gevolg nadat Anton een van sy seuns en hul twee huiswerkers te hulp gesnel het toe hulle deur dieselfde groep mans in die huis aangehou en beroof is.

Jy kan Carin kontak by 072 262 4674 of ʼn e-pos stuur aan [email protected]. Besoek Support Jayvan Janse van Rensburg op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

vierkleur ·

Jy is reg, ons sal almal die gesin in ons gebede hou. Ek dink ook almal van ons kan 1 dag se brood en melk geld afknip en dit skenk om met die kostes te help?

vierkleur ·

Is dit moontlik dat Maroela die bank rekening inligting kan plaas om donasies aan die dame te maak om te help met die kostes?

Ek is seke ons kan hierdei vrou in die moeilikke tyd bystaan?
Soledariteit, kom aan ons help altyd met donasies vir hofsake ens, wil julle nie bietjie inspring en die dame help nie?

Cyril Blackburn ·

Dagsê vierkleur

Dankie vir jou navraag.

Kontak Carin direk by 072 262 4674 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Groetnis

Cyril namens Maroela Media

Roxane ·

Ai dis so hartseer – Ek gaan die bank besonderhede probeer kry en sal dit dan met julle deel – Bid is net die een deel, ons moet ander mense bewis maak van die situasie en finansieel probeer help….

Ronnie ·

Bank Besonderhede
Janse Van Rensburg
FNB – Cheque
62449306142
Branch – Vereeniging
251337 Branch Code

Zanthe ·

Almal gaan kyk groot asb op FB, die bank besonderhede is op sy page! Sy fb blad se link is bo in die artikel. Follow net!

Gesiggie ·

Al wat ek kan doen is om n Gebed aan jou op te dra: Here stuur asb Engele oor die vrou se pad, Here U is Almagtig en ons weet as ons vra.. sal U antwoord, elke liewe leser wat die berig lees, weet wat hierdie gesin moet deurmaak, en alreeds deur gemaak het, Here sy het alreeds haar man verloor, moet nie toelaat dat nog Hartseer haar tref… U is Almagtig , U IS DIE VADER BO ALLE VADERS….. HEER ONS BID IN U NAAM,,. BRING N WONDERWERK OOR CARIN EN JAYVAN SE LEWE… DANKIE JESUS EN AMEN… STERKTE CARIN DINK AAN JOU EN JAYVAN… HOOP OM GOU GOEIE NUUS TE HOOR.

Lucy ·

Hoe op dees aarde kan mediese fonds hierdie operasie sien as “kosmeties”… daar is mos paneel dokters by elke mediese fonds wat moet besluit of enige prosedure nodig is, kan hulle nie motiveer dat hierdie seun se been en sy lewe afhang van hierdie noodsaaklike prosedure nie? Dis geensins “kosmeties” nie…!!!

KarooKlong ·

R1000000-00 vir ses ure se werk slaan my ook stom. Die dokters kan seker ook ‘n plan maak.

Suzel ·

My ma het haar een rugwerwel gebreek verlede jaar en die medies sien die skroewe om dit te herstel as kosmeties… Sy leef in erge pyn al vir 10 maande

Annelize ·

Dit klink nie dalk vir party baie nie. Maar as elkeen daar buite R100 kan skenk sal klein Jay se operasie kan voortgaan. Hy het meer as 5000 volgelinge op sy blad en dit beteken as elkeen kan R100 bydra sal daar R500 000 wees en as die ander engele in ons land kan help sal ons haar gebede kan waar maak.

Al kan jy net R10 skenk elke R1 dra by.

Asb Suid Afrika

Liefie ·

Liewe hemel ek hoop hierdie verduiwelse mediese fonds laat sak hulle kop in skaamte.!!!!! Hoe de duiwel kan jy dit vergelyk.

Ek maak verseker my bydrae onmiddelik. Asb mense skenk al is dit net R 10, kom ons probeer almal die outjie se lewe bietjie draagliker maak.

Seker sekerlik kan die dokters ook hier bietjie onderhandel ten opsigte van hulle koste.

Magda ·

Komaan kom ons kry 1000 mense om R500 elk te gee.
Dis miskien ‘n hap uit baie van ons se budget.
Maar dis hier boetman se lewe.

Liz ·

R500 IS NIE SO BAIE NIE DIS EENMAAL SE UITEET.. ONS NOU OORBETAAL. STERKTE. MENSE MAAK OOP JUL HARTE…MAAK DIT DEEL VAN JOU 10DE

Ivan ·

Skenking gedoen.
Kom Maroela lesers ondersteun asb soos versoek deur Annelize.
Dit gaan julle almal laat beter slap.

celeste ·

Ek is jammer maar my bloed kook net om die berig te lees. Dokters is deel van georganiseerde misdaad. Die arme kind en sy ma sukkel duidelik en nou moet sy n half miljoen rand insamel. Wat kan nou werklik so vreeslik kos. Privaat dokters en hospitale vra vreeslik fooie. Magtig dit kan nie so aangaan nie. Dit is belaglik. Dokters en hospitale is niks anders as parasiete nie.

Bevetly Bresler ·

En die medies?? Hoe durf hulle se dis kosmeties!!!! Belaglik!!

Carin Janse van Rensburg ·

Almal daar buite, Pokkelpensie se operasie behels baie groot beplanning , meer as 2 dokters gaan betrokke wees by Jayvan se operasie. Daar gaan 2 spesialiste wees in teater, so ook n mikro spesialis wat die tibia aan die lewe gaan hou, skenkings been wat vooraf bestraal word waarin die tibia ingeplant word, plate, skroewe, scans, hospitalisasie vir 2 weke minimum waarvan n groot deel in ICU gaan wees, n spesiale been stut skoen waarin sy been na die tyd geplaas word, pediaters, n onkoloog, narkotiseerder, pataloe vir bloede, rolstoel en vele meer. Ek glo die operasie sal n sukses wees ! Hierdie is regtig ons enigste kans! Baie dankie aan almal daar buite. Groete

Quinette ·

Kry by die Medies vorms wat die dokters moet voltooi met die motiverings brie we en doen aansoek by jou mediese fonds se Ex Gratia fonds, met die regte motiverings sal hulle die kostes dek

Riaan ·

Ek vertrou saam met jou dat God sal voorsien aan jou en klein Jayvan als wat jul benodig vir die operasie om voort te gaan asook bo natuurlike geneesing,
Ek gaan n’ donasie maak aan julle…… sterkte jong!

Maroela, hou ons asb op hoogte van die pragtige mensie se vordering.

jennefer ·

Verlede week het n kelnerin die goedheid van ons mense beleef, kom ons probeer weer, liefde vir ons naaste.

Sarel Strydom ·

Hoe kan hierdie operasie kosmeties wees indien die kind se lewe daarvan afhang. My ondervinding is dat Mediesefondse het geen simpatie met kankrlyers nie, en niemand ssal my ander oortuig nie. Hoekom neem dit 3 – 4 maande om goedkeuring te kry vir die bahndeling van ‘n Kankerpasient terwyl persone wat met ‘n sekere ander siekte,sal nie die naam noe m nie ander diskrimineer ek weer, soos in 24 uur na diagnose behandeling ontvang. Noem die Mediesefonds by sy naam.

MissDemeanor ·

Ek het ook dieslfde gewonde. DIt is dalk omdat hul dink dat as die been ge-amputeer word dan is die kanker weg…dus om die been te hou (en dan die lasste kanker te behandel met chemoterapie) is kosmeties…. Dis vreeslik wreed. Hul dink net aan die “bottom line”.

trace ·

My R 100 is in kom ons hou op kla en maak n verskil… mag just gou beter word Jayvan ons hoop net vir die beste en vertrou op God

Candice ·

Ek maak ook n betaaling vanaand an die seuntjie en sy mamma! My seuntjie is nou 3 en ek kan nie dink dat so iets met hom moet gebeur nie. Kom SA ons kan dit doen kom ons help die mamma!

Leon ·

Ek het hulle al genader maar ek is seker as meer mense hierdie storie onder hulle aandag bring sal hulle notisie neem. Sttur n email aan [email protected]

Gesiggie ·

Ja… asb Good Morning Angels… help asb om hierdie Mamma en haar seuntjie se droom te bewaarheid… Ek kan net sien al die wonderwerke wat gaan plaasvind… alreeds het soveel Maroela Media lesers hul deel gegee… AMEN.

Desiree ·

Ek het versoek gestuur aan Good Morning Aggels, kan meer mense asb stuur sodat hulle die dringendheid besef?

Desiree ·

Weet iemand hoe om met Good morning angels in kontak te kom, ek het probeer maar die bladsy kan nie vertoon word nie?

johanna ·

Mediese fonds almal kurup premies ten hemele hoog bet om hul sakke te vul. Daylight robbers

Elanie ·

Nou net R100 gestuur. Kom ons help die mamma en seuntjie. Ek vermoed daar gaan na die operasie ook nog baie kostes wees. Ons kan elkeen ‘n verskil maak. Hierdie hartseer nuus kan goeie nuus word.

Elsa Dyssel ·

My kleinseun moet n kogliere inplantings kry in beide oortjies en dit beloop oor die R500 000.00 waarvan die medies net R7000 betaal……… Daar is skaars hulp daarbuite vir iemand met gehoor probleme en die medies betaal minimaal ten opsigte daarvan. Dit verstaan mens net nie.

Elaine ·

Die dr’s en narkotiseur ens wat betrokke gaan wees by die operasie, ja al daai mense wat swem in hulle geld, hoekom kan hulle maar nie goedhartig wees en die gedeelte wat die medies nie betaal nie maar uit hul sakke betaal? Is Ek daai Dr was sou Ek Dit beslis gedoen het! Maar nou ja dis net Ek en n handjie vol mense wat so dink!

Felicity ·

Die pragtige seuntjie gaan sy been verloor a.g.v kanker!!!!! Dis absurt om dit as kosmeties af te maak. Die hospitaal en dokters kan beslis ingryp want dit is ‘n VMV geval – voorgeskrewe minumim voordele – en die mediese fondse moet die kostes dek. VMV (PMB in Engels want die fondse korrespondeer net in Engels deesdae) is wanneer jou lewe of die verlies van ‘n ledemaat daarvan afhang. Die ma kan die hospitaal en of Dokters vra om die Mediese Raad te kontak vir hulp. Hulle kontak nr is 0861 123 267 of epos [email protected]. Ek werk vir ‘n pvt hospitaal en een van my pligte is om die fondse in te lig van VMV (PMB) gevalle indien hulle weier om die die kostes te dek. Hoop dit help. Ek bid vir julle en glo die liewe Heer sal deure oopmaak. Sterkte

Ilse ·

Hi, dis vreeslik hartseer. Mamma ek betaal vir jou geld oor. Ek hoop en bid dat God julle sal seën. Die wêreld is nie regverdig nie maar God is. Baie sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.