Ma verdrink glo baba in kookwater

Die ma verskyn weer in Mei in die hof. (Argieffoto: Unsplash)

ʼn Ma van Rietfontein het in die Brits-landdroshof op ʼn aanklag van moord verskyn nadat sy glo haar pasgebore baba vermoor het.

Lumka Mahanjana, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Pretoria, sê Wendy Tapiwa Chipo (29), ʼn Zimbabwiese burger, het glo probeer om haar baba te aborteer.

“Nadat die baba lewend gebore is, het sy haar [glo] in ʼn 20 liter-emmer vol kookwater gedruk. Sy het die lykie daarna in ʼn plastieksak gesit en die baba saam met ʼn vriendin in ʼn bos naby haar blyplek in Sunnyway Village in Rietfontein begrawe,” het Mahanjana gesê.

“Sy het die vriendin gevra om nie ʼn woord te rep oor wat sy gedoen het nie.”

Mahanjana sê ʼn week gelede kon die vriendin net nie meer die geheim hou nie en het sy die voorval by die polisie aangemeld en beamptes geneem na waar hulle die baba begrawe het.

Chipo is Donderdag in die Pretoria-omgewing aangekeer.

Sy het reeds in die hof verskyn waar sy intussen haar aansoek om borgtog laat vaar het.

Die saak is tot Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Agge nee en hoe siek kan mens wees!!!! Hoop sy word BAIE swaar gestraf en nie net hier op aarde nie, maar ook as sy die dag voor God staan

Pieter

Siek!! Mag God jou vergewe.

Daleen

Siek siek siek hoe leef jy met jou gewete saam.

Phillip

As ek dit nie nie mis het nie het Zimbabwiese burger mos die doodstraf daar verhoor haar daar

Henk

Dis nou siek man!!! GOD se jy as mens mag nie die lewe van n ander mens neem nie. Jy sal bitter swaar gestraf word.