ʼn Ma is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar kleuter in ʼn emmer vol water verdrink het.
Die ma se verweer toe polisie haar hieroor ondervra het, was dat die kind ʼn steurnis was.
Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê polisie in die Umhlali-omgewing in KwaZulu-Natal is Dinsdag in kennis gestel dat ʼn vierjarige kleuter in ʼn woning in Ballito dood is.
“Die polisie is na die woning toe waar die ma van die oorledene aangetref is,” sê Ngcobo.
“Die ma het aan polisielede vertel dat haar kind moeilik was en haar gepla het, daarom het sy besluit om die kind in ʼn emmer vol water te verdrink totdat sy ophou beweeg het.”
Albei die dogtertjie se hande was met kleefband vasgebind. Sy is op die toneel dood verklaar.
ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak en die 45-jarige ma is kort daarna in verband met die kleuter se dood in hegtenis geneem.
Sy sal na verwagting Donderdag in die KwaDukuza-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Siek!
Hoe reageer enige normale mens op so iets!!! My bek hang oop
Sekeres verdien nie kinders nie. ‘n Vierjarige dogterjie wie se hande vasgebind word….. gaan my verstand te bowe. RIV, kleine mensie.
Lewens is baie goedkoop in sekere areas.
Die kind was ‘n “steurnis”…maar kinders wil hulle kry!!! Ek hoop hulle bêre haar sommer baie lank!!!