Die gemeenskap van Lusikisiki in die Oos-Kaap is geruk deur die nuus dat drie kinders Maandag deur hul ma vergiftig is. Die ma is Dinsdagoggend dood aangetref.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê vier kinders, tussen vier en 14 jaar oud, het Maandagoggend omstreeks 02:00 by hul ouma gelê en slaap toe hul ma, Veziwe Ntsizela (41), hulle wakker gemaak het.
“Sy het hulle aangesê om na ʼn ander kamer te kom sodat hulle saam kon bid. Die kinders is egter na die woud in Luzuphu geneem waar hulle glo gedwing is om lewensgevaarlike pille te drink. Die oudste kind, 14 jaar oud, het haar teëgesit en kon weghardloop.”
Die tiener het hulp gaan soek by ʼn nabygeleë huis en die polisie is in kennis gestel.
“Die liggame van die kinders is gevind, maar die ma het spoorloos verdwyn. Die Grahamstad- soek-en-reddingseenheid het die ma se liggaam Dinsdagoggend omstreeks 10:00, sowat 100 meter van waar die kinders aangetref is, tussen digte bosse opgespoor.”
Die kinders is uitgeken as Iyapha Ntsizela (vierjarige dogtertjie), Phila Ntsizela (agtjarige dogter) en Inga Ntsizela (12-jarige dogter).
“Die polisie ondersoek drie sake van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die voorlopige ondersoek wys daarop dat armoede moontlik ʼn motiverende faktor was in die tragedie.”
ʼn Soortgelyke voorval is in Augustus 2023 in Tholeni- administratiewe gebied in Butterworth aangemeld. ʼn Ma het in dié voorval ook haar drie kinders vergiftig en hulle doodgemaak.
“As die motief inderdaad armoede is, laat dit groot kommer ontstaan oor die uitdagings wat lede van ons gemeenskap moet takel,” sê lt.genl. Nomthetheleli Mene, polisiekommissaris. “Dit is ʼn herinnering oor die belangrikheid om uit te reik aan diegene wat hulpbehoewend is, om ondersteuning te bied en ʼn gevoel van familiewees in ons gemeenskap te skep. Armoede moet nooit enigiemand oorhaal tot só desperate en tragiese optrede nie.”
Dr Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het bevestig die liggame van drie kinders is Maandagoggend in Lusikisiki aangetref. “Die liggame is na die forensiese patologiediens in Lusikisiki oorgeplaas. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die mediese oorsaak van afsterwe te bevestig.”
Om jouself en jou kinders om die lewe te bring, moet jy plat geslaan wees en geen meer hoop he nie. Ons moet uitkyk vir mense in ons gemeenskap en vir die wat vir ons werk.
Stem so saam
Met alles wat so duur is en die ministers leef in weelde met geen bekommernis oor honger kinders sonder krag ens nie
My hart gaan uit na die families van die oorledenes en dat onskuldige kinders slagoffers word – mag die Here hul styf vashou – RIV engele van God. Op ‘n ander nood…….nogsteeeds word die kruisie by die ANC getrek…….en kinders word in die omstandighede verwek……WHY????????
Ek is so bly ek het nie kinders in hierdie tye nie.
Ek is weer so dankbaar vir my 3 en my kleinkind
Ek wens die vroue kan net een ding leer: as jy nie die kind kan GROOTMAAK nie, moenie die kind MAAK nie. 14-, 12-, 8- en 4-jarige kinders … dis soos orrelpypies! Sy was dus oor 14 jaar, vir 3 jaar lank swanger! Ten minste was sy nie 12 toe sy die 1ste een gehad het nie! Dit kos GELD om ‘n kind groot te maak en geen vrou hoef ‘n kind in die wêreld te bring as sy dit nie kan bekostig nie; daarvoor is daar GRATIS voorbehoeding beskikbaar by elke staatshospitaal en -kliniek. Maar … kinders is mos die meerderheidsras se ‘rykdom’. Solank die onbeheerde aanteling onder hierdie groep mense voortgaan, sal daar gevalle soos hierdie wees.
Stem 100% saam. Ongelukkig hou die regering die SASSA wortel voor hulle neuse om meer kinders te kry. Kinders kry nou al kinders. STOP die kinder toelaag dan sal hulle minder kinders maak
Wie is hierdie groep mense?
Ek stem saam dat geboortebeperkende middels gratis is en bekombaar afhangende of die kliniek naby jou is en jy vervoer het.
Party vrouens en kinders word verkrag deur hulle eie mans en familielede.
Miskien moet ons as Christene meer bid vir ons medemens en minder veroordeel.
Dis nie oordeel nie. Die mense weet presies wat hulle doen.