Ma vergiftig glo eie baba

Argieffoto

ʼn 30-jarige vrou van Noordwes wat na bewering haar eie babadogtertjie vergiftig het, het Donderdag in die Zeerust-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op haar eenjarige baba.

Volgens Funani kry die vrou glo finansieel swaar en het sy gesukkel om na haar baba om te sien. Sy het na bewering ʼn gifstof aan haar baba gegee. Toe sy besef dat die dogtertjie nie beweeg nie, het sy haar ma gebel. Die ouma het haar met die baba na ʼn plaaslike hospitaal gehaas, waar die baba dood verklaar is.

Funani sê die polisie is ontbied en die beskuldigde het glo aan die polisie erken dat sy die baba vergiftig het. Sy is gevolglik in hegtenis geneem.

Die vrou sal in polisieaanhouding bly tot volgende Donderdag wanneer sy weer in die hof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sorine Swanepoel ·

Die mense van ons mooi land kry bitter, bitter swaar, maar ons regering wil nie hoor nie!

cor ·

Ja die mense kry swaar , maar dit is nie regering se skuld dat mense kinders kry terwyl hulle weet hulle sal nie kan sorg nie. As jy swaar kry en nie kan sorg nie gaan kry hulp moet dit asb. nie op n onskuldige kind uithaal nie. Die kind het nie gevra om daar te wees nie.

Toinette ·

Ek stem heeltemal saam met jou “cor”………. dit is nie die kind……….. ongebore of gebore se skuld nie maar die ouers (ma en pa) se skuld…… die land is in hel en as jy nie geld of enige betalende werk het nie waarvoor voortplant???

shame ·

Arme kleinding. Die regering stel net in hulle eie belange. En dan wil hulle nog plase ontein.

Hanna ·

Kondome is gratis. Ander voorbehoeding ook. En as jy dit nie wil gebruik nie, sal die staat jou elke maand R380 gee vir die kind. Dan is daar ook gratis aborsie klinieke en aanneming. Nee wat, ek het min simpatie!

jacqui ·

Ek kan nie verstaan nie hoekom gaan meisies nie op n voorbehoedmiddel as hulle weet hulle kan nie sorg vir n kind nie. Vandag se jongmeisies dink dis lekker om intiem te verkeer maar hulle dink nie aan die nagevolge nie, voorbehoed middels is gratis by kliniek dit kos hulle niks nie nou moet n onskuldig babbatjie daaronder ly. Ai maak my hartseer. hoe kan n mamma so iets doen sy kon die babatjie laat aanneem het.

christa ·

stem Hanna! jy kan ‘n perd na die water bring maar nie hom maak drink nie. Gelukkig is die kindjie veilig by Jesus waar sy beskerming en vertroeteling geniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.