Ma vergiftig glo haarself, kinders

(Argieffoto)

In ʼn oënskynlike poging tot ʼn gesinsmoord het ʼn ma van Limpopo glo haar eie kos en dié van haar twee dogtertjies, onderskeidelik twee en ses jaar oud, vergiftig.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat die 35-jarige vrou van Giyani glo haarself en haar kinders om die lewe probeer bring het.

“Die vrou het na bewering kos vir haarself en haar dogters voorberei en het toe glo ʼn giftige middel bygevoeg met die oënskynlike doel om haar eie lewe en dié van haar kinders te beëindig.

“Nadat hulle die kos geëet het, het die vrou en haar kinders glo begin braak en is hulle na die Rotterdam-kliniek gehaas waar die jongste kind met haar aankoms dood verklaar is,” sê Mojapelo.

Die ma is na die Kgapane-hospitaal oorgeplaas, maar het op pad daarheen ook gesterf.

Die sesjarige meisie is in ʼn stabiele toestand.

Die gesin het by die vrou se ma, ʼn pensioenaris, gewoon. Mojapelo sê die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat kommer oor geld moontlik tot die voorval aanleiding gegee het.

Lt.genl. Thembi Hadebe, polisiehoof in Limpopo, het die voorval veroordeel en ʼn beroep op mense gedoen om hulp by familie, vriende of ander te soek om tragedies soos dié te help voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Blikkies ·

Maklik vir die Genraal om te praat as jy in weelde leef.

Anoniem ·

Dit is verskriklik! Wat nou van die arme 6 jarige kind wat sonder ‘n ma in hierdie bose/wrede land moet groot word. Mag sy ‘n liefdevolle huis kry wat haar sal toevou met liefde en respek.

VaalDonkie ·

Ja ek weet nie. Ek bid ek hoef nooit so desperaat soos sy te voel nie.

Sarel ·

Mense raak disperaat maar ek wil graag glo dat hierdie nie met opset was nie

Darts girl ·

Ja dia hartseer dat die 6jarige se ma en sussie dood is as gevolg daarvan, maar ek meen hulle se daar dat geld moontlik die rede was. Soos baie mense in die land wat sukkel en worry oor geld en wat hul gaan doen, ek meen as jy dan nie meer weet wat om te doen nie gaan vra dan hulp by familie of vriende of plaas die kids in iemand se sorg wat jy weet wat na hul sal kan versorg tot jy weer in staat is om dit te kan doen. My hart gaan uit na daai dogtertjie wat nou sonder haar mamma en sussie moet groot word en aan die familie

john ·

NOG n slagoffer van die idioote lockdown …wat hoeveel mense in letterlike honger laat verval het.. Well done ANC. another feaher in your cap.

Elmarie ·

Jy moet ongelooflik desperaat en sonder uitkoms wees om so iets te oorleef. Weet nie hoekom hulle die ondersoek hou as die ma reeds dood is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.