Ma vergiftig kinders ná sy glo geld verloor

(Foto: Insung Yoon/Unsplash)

ʼn Oos-Randse ma (37) van Nigel wat daarvan aangekla word dat sy haar tienerseun met voorbedagte rade vermoor het, is deur die Nigel-landdroshof op borgtog vrygelaat. Die vrou word ook deur ʼn klag van poging tot moord op haar dogter in die gesig gestaar.

Dit word beweer dat die vrou haar sewejarige dogter en 16-jarige seun op 6 Junie gif ingegee het nadat sy glo uit ’n groot bedrag geld geswendel is. Sy kon glo nie meer vir hulle sorg nie.

“Nadat sy die kinders gif ingegee het, het sy met hulle na die Vrystaat gery. Toe hulle in Frankfort aankom, het die kinders begin siek word en sy het hulle toe na die naaste hospitaal geneem,” het Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Maandag in ’n verklaring gesê.

“Die seun het met hul aankoms by die hospitaal gesterf, terwyl die meisie in die intensiewesorgeenheid opgeneem is waar sy steeds behandel word.”

Volgens Mahanjana het die dokter die polisie ontbied nadat hy besef het die kinders is vergiftig.

Die vrou is op die toneel ondervra waar sy glo ook skuld beken het.

“Die beskuldigde ma het erken dat sy haar kinders vergiftig het nadat sy uit ’n groot bedrag geld bedrieg is en nie meer vir die kinders kon sorg of selfs hul skoolgeld betaal nie.

“Sy is gevolglik in hegtenis geneem en na Nigel oorgeplaas waar die oortreding begaan is.”

Die polisie het haar huis deursoek en ’n plastiekbakkie met gif in die kombuis gevind.

Die ma het egter aan die hof gesê sy beplan om onskuldig op die aanklagte teen haar te pleit. Die saak is nou tot 24 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Mariaan ·

Hoe tragies..arme kinders! Jy verdien nie om n ma te wees nie…ipv jou kinders beskerm met jou lewe…vermoor jy hul so wreed! HOE? Kan mens so iets doen?? Nee man…

Jakkie ·

Jy hoef nie jou kinders te vermoor nie, kry hulp, praat met die skole, ek is seker hulle sal verstaan en uitstel gee vir die geld, in Nigel is daar baie kerke wat bereid sal wees om te help met kospakkies ens, om hulp te vra is nie ‘n sonde nie, maar dit wat sy gedoen het, is heeltemal onaanvaarbaar

capie ·

Ja Mariaan, wat sy gedoen het is nie reg en mooi nie, maar nou oordeel ons net. Wat weet ons van die vrou se gemoeds toestand toe dit gebeur het. Ons hoor nie van die pa nie. Waardeur moes sy al in haar lewe gegaan het om so iets te doen. Sy het seker reeds berou gehad toe sy hulle hospitaal toe geneem het en nou moet sy die res van haar lewe met die idee rondloop oor wat sy gedoen het. Ek kry haar verskriklik jammer.

Scholtz ·

Deur die genade was dit nie ek of jy, wat hierdie daad verrig het nie. Dit was so hittete.

LANA is ELANè ·

Wie van ons verdien enige iets? Ken jy die vrou, weet jy in watter geestestoestand sy haarself bevind het? Mense in glashuise moet eerder net stilbly, want terwyl als goed verloop in jou eie lewe en jy jouself as ma van die jaar ag, is dit maklik om ñ ander ma te oordeel.

Toy ·

Ons almal het ‘n keuse. Die kinders het dit nie verdien nie.

LANA is ELANè ·

Ja, wat sal ons sê, ons was mos op daai oomblik in hierdie vrou se skoene, ons weet wat haar gedryf het en daarom sou ons nooit so iets doen nie!

RS ·

Tragies! …desperate mense doen desperate dinge… ongelukkig verkeerde dinge.

LANA is ELANè ·

Klad op die mensdom dat hierdie vrou gevoel het als is net te veel, en dat dit die enigste uitweg was.

Snuffelgids ·

Maar borgtog sal daar toegestaan word, en die saak sal jare vat…so sy gaan vry wees vir baie jare terwyl die kind begrawe word en met sy lewe beboet het. Ons regsstelsel is stukkend, en dit word net so aanvaar

LANA is ELANè ·

Nee, sy word reeds gestraf deur die hardste straf ooit, haarself, sy weet wat sy gedoen het en sy gaan saam met dit moet leef.

LANA is ELANè ·

Ja, waarom nie? Die skuldige party in hierdie ondenkbare daad, was die mense wat haar uit haar geld bedrieg het!

LANA is ELANè ·

Toemaar, die mamma was en is reeds geoordeel, deur haarself, elke dag vir die res van haar lewe, die straf wat enige hof aan haar gaan oplê, gaan niks wees teen die straf wat sy haarself oplê nie.

LANA is ELANè ·

Jip, te erg en ñ klad op die samelewing se naam want ons is mos verhewe bo sulke goed….

Marcello ·

Dit is onrusbarend hoe ouers nou hulle kinders vergif, omdat hulle nie meer vir hulle kan sorg nie, ek praat dit nie goed nie, maar dit is “Loutere Hel” om aleen ouer te wees. ‘n Mens raak somtyds so moedeloos, veral as skole druk op jou uitoefen vir skoolgeld, en jy het dit nie. Dit is soos bloed uit ‘n klip uittap. Ek dink nie mens moet iemand sommer oordeel as ‘n mens nie self deur die spanning gaan nie.

Oe la la ·

Stem 100% saam jou.. dis stress op n ander vlak… hoe moet jou moeder hart voel as daar vir jou gevra word vir kos en jy het nie.. wanneer jou kind huil van hongerte maar jy weet daars niks wat jy kan doen nie… so maklik om te oordeel! Mag die Here my genadig wees sodat ek nooit hoef te ervaar wat die mamma moes nie….

LANA is ELANè ·

Tragies, ek kan net dink hoe magteloos haar situasie vir haar moes voel. Hierdie is maar net ñ aanklag teen die mensdom, daar is soveel pyn en hartseer en bekommernisse in hierdie wêreld, en mense het net nie die vrymoedigheid om dit met ander te bespreek nie juis omdat die samelewing dit so moeilik maak om jou probleme aan mense te verduidelik, sonder dat hulle jou sal veroordeel. Ons is elkeen vir onsself en basta met die res, geen omgee, geen liefde, slegs teregwysing van diegene wat veronderstel is om jou sagte plek te wees.

Perdeby ·

En sy gaan onskuldig pleit, maar sy het erken sy het dit gedoen.

LANA is ELANè ·

En het jy enigsins ñ tree in haar skoene geloop, het jy ooit stil geword en gewonder wat so erg is dat dit jou tot sulke uiterstes dryf? Sy sal haar eie straf wees, dit kan jy maar weet en die etiket en stigma waarmee sy daagliks deur mense gegee gaan word sal bydraend tot haar straf wees. Het jy gewonder of sy ñ ondersteunings netwerk om haar het? Dit is tog so maklik om ñ ander te veroordeel as jou eie bootjie op kalm waters vaar.

Mariana ·

Sy erken skuld maar wil onskuldig pleit. Sy het en wou haar kinders vermoor……oor sy geld verloor het. Sy hoort agter tralies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.