Ma vergiftig kinders, pleeg selfmoord

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 29-jarige vrou van Phamong in Phuthaditjhaba in die Oos-Vrystaat het na bewering Saterdag vier van haar kinders en toe haarself vergiftig nadat sy glo ʼn uitval met haar man gehad het. Haar jongste baba, wat ook van die gif ingekry het, het oorleef.

Mangale Mabaso het blykbaar vóór die gebeure reeds sak en pak uit die huis getrek om by haar ouers te gaan bly.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Mabaso se ma het haar en haar vyf kinders die middag teen 15:20 op die vloer aangetref. Die ma het dadelik die nooddienste ontbied.

“Mabaso en twee van haar kinders, Pheello (9) en Teboho (6), is op die toneel dood verklaar,” sê Makhele.

Nog twee van haar kinders, Mphakiseng (8) en Pule (4), is later in die hospitaal dood. Haar ses maande oue baba het oorleef.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blomme ·

Tragies. Sterkte aan die familie.
Maar saak van moord teen wie? Die moordenaar is dan self dood!

QueenB ·

Wat moet ondersoek word…jammer dat die ma dit moes doen dus so sad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.