Ma verkoop glo gestremde kind aan mans

(Argieffoto)

ʼn Ma van die Oos-Kaap is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy glo haar 13-jarige kind met downsindroom verkoop het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê dié ma het na bewering vroeër die jaar haar downsindroom-kind én haar 15-jarige susterskind aan twee mans met ʼn winkel in Keiskammahoek verkoop. Haar susterskind het by haar gewoon.

“Voorlopige inligting dui daarop dat sy die kinders vir seksuele doeleindes aan die mans verkoop het,” het Mgolodela gesê.

Die vrou en twee mans is Woensdag deur die Valke en die polisie se honde-eenheid in King William’s Town aangekeer.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 32, 36 en 42 jaar oud, sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Keiskammahoek verskyn op aanklag van mensehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Genis ·

Liewe aarde! Mens het nie eers woorde nie… Hoop hulle almal kry drie maal lewenslank…

Misky ·

Hoe wreed en onmenslik is dit nie???? Sy kan nie ‘n “ma” genoem word nie en is die voorreg nie werd nie

Anoniem ·

Sluit haar en die mans toe en gooi die sleutels weg!!!! Behoede haar dat ek haar nie in die hande kry nie.
Ongelukkig het alles 27 jaar terug verander en moet ons met gestremde kinders baklei vir ons kinders se regte en om ‘n plekkie in ons samelewing te hê. Dit is ons sonskyn kinders, hoe op deesaarde kan sulke goed plaasvind. Sy verdien nie om ‘n ma te wees nie. Daardie gewetenlose verkragters moet
……………………… word!

Phumba ·

Mense handel – ja, maar wat van klagtes van verkragting, verwaarloosing ens.
Die “mense” kan nog n paar klagtes teen hulle kry.

Johanna ·

Dif is verskriklik. Onmenslik wreed teenoor n dogter.
Lewenslank vir die ma sal heeltemal te kort wees.

Kakamiet ·

Aan gekla vir mensmishandel? En verkragting van minderjariges en n gestremde kind? Is verkragting nie op die lys nie? Wat gaan aan met die Valke deesdae? Klink soos sapd lede wat net oor geskyf het so Tragies is hul werk en ondersoeke.

Jr ·

Julle noem haar n “ma”. Ek sal haar ander name noem maar is so erg MM sal my brief nie plaas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.