Ma vermoor glo seun voor sy selfmoord pleeg

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn ma van Mosselbaai glo haar seun vermoor het en toe selfmoord gepleeg het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die liggame van die 25-jarige Nontembeko Sango en haar 7-jarige seun, Simamkele, is Maandag gevind waar dit aan die dakbalke van hul huis in Asla Park gehang het.

“Ons vermoed die ma het eerste haar seun gehang, voordat sy selfmoord gepleeg het,” het hy gesê. “Die dame het ʼn paar weke gelede ʼn goeie vriend aan die dood afgestaan en sy het blykbaar gesukkel om die trauma te verwerk. Sy het ‘n nota gelos, maar die inhoud daarvan kan nie bekendgemaak word nie.”

Pojie het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is ook geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Ek stem Genis, mens moet behoorlik “rock bottom” geslaan het om dit eerstens aan jou kind te doen en dan nog aan jouself. Daar is soveel seer in die wêreld. As mense net iemand het om mee te praat of wat kan help, maar almal is so gejaagt in hulle eie lewens.

Fanie ·

Ek dink daar is derduisende mense wat werklik nie ‘n toekoms vir hulle self, kinders, en familie sien nie. Die arme vrou moes rérig in ‘n baie diep donker put van wanhoop wees om dit te kan doen. Dalk ‘n vrees gehad vir oorlewing die toekoms in.

Laurika ·

Ek kan nie dink wat deur daardie ma se kop moes gaan terwyl sy ‘n galg om haar 7 jarige kind se nek gebind het nie. Wat sê jy op daai stadium vir jou kind waarom doen mamma dit, en het die kind gewillig stilgehou omdat hy sy ma vertrou? Sulke goed pla my altyd geweldig.

S Brink ·

Hierdie artikel se feite is inkorrek.
Die pa van die seun is onlangs oorlede en die ma kon dit nie verwerk nie.
Lees die volledige artikel in die Mosselbaai Advertiser.

Nico Strydom ·

Dagsê S Brink
Dankie vir jou boodskap. Dit is die inligting soos ons dit van die polisie ontvang het. Dit is moontlik dat die woordvoerder self nog nie al die inligting gehad het nie en dat van die inligting dus verander het soos die ondersoek gevorder het.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.