Ma vermoor toe sy glo dief betrap

Hilary en Derick van Rooyen. Foto: Facebook

ʼn Ma van twee jong seuns is Dinsdag in haar huis in Eversdal in Durbanville vermoor.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het omstreeks 13:48 Hilary van Rooyen (53) se liggaam in die huis in Sondalstraat op die vloer aangetref.

“Die omstandighede rondom haar dood word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.” ʼn Saak van moord word ondersoek.

Maroela Media verneem van ʼn betroubare bron dat Van Rooyen glo ʼn inbreker of inbrekers in die huis betrap het voordat sy aangeval en vermoor is.

Van Rooyen se liggaam is in ʼn plas bloed aangetref en daar was stukkies glas op die grond. ʼn Stukkende glaspot is glo ook op die toneel gevind.

Van Rooyen se handsak sowel as ander waardevolle items soos ʼn skootrekenaar is ook op die toneel gevind. Dit is in die stadium nie duidelik of enigiets gesteel is nie.

Van Rooyen laat benewens haar twee seuns, glo in hul vroeë 20’s, ook haar man, Derick, wat in die versekeringsbedryf werk, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

RIV ·

Nog ‘n moord op ‘n onskuldige wit vrou. Waar is die BRANDSTIGTERS nou? Kom help brand nou die plek af dat die skuldige uitkom asb. Waar is die LUR of enige politieke leier nou? Of is dit net op swart slagoffers van toepassing.? Ek is so jammer vir haar familie .. so word die wittes een vir een uitgeroei en die regering stop hulle sakke vol. RIV mooi vrou .. mag die Here jou gesin troos!

Blits ·

Dis skokkend dat al wat deesdae gebeur is net doodslag, iemand ongeag sy kleur moet lewenslank tronk toe sonder parool vir n moord en as hulle die doodstraf inbring nog beter, hoe dieper ons land in werkloosheid insink hoe meer gaan dit gebeur

Denise ·

Dit is vir my baie baie HARTSEER !!!!! Sterkte aan die familie!!!

apie ·

nog n buurt waar die waarde van jou huis tot niks verkrummel. Dit is tyd dat woonbuurte toegemaak word deur die inwoners omdat die staat hulle gefaal het. Baie sterkte aan die familie na hierdie tragedie. – mag die misdadigers ( in hierdie geval insluitende die regering) tot ‘n val kom

al ·

Was daar nie ñ paar jaar terug buurte in Pretoria of Johannesburg wat dit gedoen het nie, toe het die ANC regering ñ helse bohaai daaroor gemaak.

Wagter ·

Haha dit help nie want elke huis het n man en vrou wat te lui of “besig” is om self klere te was, struik en/of tuin op te knap, so ons het stringe tuinjonge en bediendes wat op die woonbuurte toesak elke oggend.. nie dat ek se dis agv hulle nie, maar as jy n hek wilop rig dan moet dit oordentlik gedoen word, nie die patetiese verskoning van sekuriteit waar jy jou naampie op n lys skryf en in ry nie

Rottie Rotneus ·

Behalwe as sy ‘n groot bedrag geld aan haar gehad het of as hulle vooraf betaal was kan ek nie sien hoe diewe die handsak, skootrekenaar en ander waardevolle items sou agterlaat nie. Hulle sou darem iets vir hyl moeite gevat het. Ander motiewe vir die moord moet ondersoek word.

Jakoba ·

Ek het dit ook gewonder Rottie, miskien het iets hulle die skrik op die lyf gejaag en het hulle sonder dit spore gemaak. Mens kan maar net wonder. My innige simpatie aan haar familie.

Klara ·

Stem saam. Die moord het 100 m van my kinders se skool af gebeur in n baie besige straat, oorkant n vulstasie en winkel. Vreemd dat niks gesteel is nie. Wag ook nog vir polisie se amptelike verklaring. Baie hartseer, sterkte aan haar familie xxx

LMF ·

Jong ek vermoed hier is n groter storie agter die moord ek kyk dalk net te veel crime

Nivea ·

Ek stem saam Rottie veral omdat die man in die versekerings bedryf werk??????????????????????????????

Philip ·

Die doodstraf MOET weer ingestel word !!!!
( met die hudige regering sal dit natuurlik nooit toegelaat word nie want hulle ondesteun die verwydering van blankes)
Philip in NZ.

Natu ·

Natuurlik is nog niemand gearresteer nie. Maar laat daar n boer iets verkeerd doen, binne minute.

Cornelia 1 ·

Rottie, ek stem met jou saam.
Hoekom haar vermoor en waardevolle items agterlaat.
Maak nie sin nie.

Jane ·

Wat laat enigiemand dink sy het ‘n DIEF betrap? As die dief daar was om te steel, sou hy GESTEEL het, sou hy nie? Lyk my eerder asof hy daar was om te MOOR< want as hy wou steel, het hy haar of vasgebind en (haar handsak en waardevolle items en skootrekenaar) gesteel of doodgemaak en toe gesteel, jy maak nie iemand dood en vat NIKS as jou motief ROOF was nie … is ons almal so gebreinspoel dat ons die twak nog glo??

jaco ·

niks waardevols gesteel nie, so no gaan die polisie en die howe seker soos in die De Zalze bylmoord saak seker weer sê dit MOET n familielid wees.

Rerig ·

Rerig, de Zalze is ‘n ander saak, daar kon niemand inkom daardie tyd en daar was niemand anders, lees sy pleitverduideliking, as jy dit glo is jy beslis ‘n kleuter in grootmens vel, dit is absoluut fabelagtig. Ek stem saam almal hierbo hier is ook iets aan die gang, niemand breek in en maak dood om te steel en steel niks, absurd. Party goeie mense raak greedy of geirriteerd en wegtrek en skei is opsies, maar dalk nie so maklik. Ek sê op geen stadium dit is die geval hier nie, net ‘n Polisie ondersoek kan dit bevestig, ek respekteer die gesin se verlies. Dit lyk egter verdag en dan lyk almal se redenasies en my gevoel reg.

ANONIEM ·

Dit is een te veel….Daar word nou orals net geplunder en gemoor..My hart is stukkend vir die familie wat so pragtige mens op die manier moes afstaan…nie maklik nie maar die Here sal vertroosting bring
More kyk ons weer die nuus en sien miskien weer moord. Hierdie hele situasie is besig om hand uit te ruk en soos ons weet niemand word gearresteer nie….

Percy ·

Niks gaan SA se wreedheid weer onder beheer kry as slegs die doodstraf nie! Mense het GEEN respek vir lewe meer nie!! Hoe hartseer!!

Pietie ·

Moord is ‘n rare verskynsel in Kaapstad se noordelike voorstede, rerig ongewoon. Lyk of sy hom op heterdaad betrap en dalk wou aanvat, toe slaan hy haar met die glaspot. Vlug eerder jou lewe is nie ‘n paar besittings werd nie.

Bangjan ·

Dis waar Pietie. Ek is in Goodwood. My buurvrou was verlede week weg met vakansie. Ek het haar hond kos gegee. Toe ek die voordeur oopsluit kon ek dadelik sien daar is ingebreek. Ek vermoed hulle was nog in die huis. Ek het met die spoed van witlig laat spaander. Daar is nie ‘n manier dat ek ‘n inbreker sal probeer aanvat nie. Soos jy sê is moord inderdaad nie iets wat elke dag hier rond gebeur nie. Die versekeraars het wel vir my buurtannie gesê dat daar ‘n geweldige vlaag van inbrake op die oomblik is. Ek sê hardloop!

Kosie ·

Hartseer maar moet net noem dat moorde ‘n uiters rare verskynsel is in die Kaapse noordelike voorstede.

Grotman ·

Jip Rottie. Ek stem saam met jou. Ek ruik n rot! Hier is meer as wat dit lyk om te wees. SAPD soek verder en dieper.

Really ·

Really, you all are speculating, not one of you know what happened yet assumptions are made, think if that was your wife, mother, sister…. discuss what you want among yourselves not on social media. Lets take hands and pray for the family through this difficult time . Don’t speculate

Bollie ·

Moord definitief nie die motief nie. Ek laat my nie vertel dat die moordenaar spesifiek ‘n glaspot sou gaan soek om haar te vermoor nie. Op heterdaad betrap vir diefstal toe gryp die dief die eerste beskikbare objek in die geval ‘n glaspot. Sy wou hom dalk aanvat in plaas van vlug.

Blits ·

Dalk het die vrou die glaspot gegruip om die aanvaller mee te slaan? dalk het die aanvaller en sy gestoei en teen die glaspot gestam en die ding het geval en gebreuk? Vra net

jaco ·

as die doodstraf kan terugkom, dan asseblief nie soos in amerika nie, waar ter dood veroordeeldes tot 40 jaar op death row sit en party later weens ouderdom sterf. Pas dit dan toe soos deur die ANC se pelle Saoedi-Arabië en China: redelik vinnig na die vonnis en vir sommer ‘n klomp misdade wat selfs in die ou SA net lewenslank gekry het.

Hannelie ·

Doodstraf moet terugkom! Maar weereens dan sal hierdie land binne ‘n maand halveer met al die moordenaars wat nog los rondloop. So ons kan maar verniet hoop vir die doodstraf.

Anoniem ·

Eerste berig Dinsdag was daar gesê haar selfoon was gesteel. Sy bly in ‘n besige straat reg oorkant OK, soos ek gelees het het hulle kamara ‘n man opgetel wat oor haar hek gespring het. Dit bly maar hartseer!

steyn ·

dankie Bollie. hier is tog iemand met verstand.

misdadigers loop met glaspotte rond.

Sterkte aan die gesin.wat agterbly.

Hennie ·

‘n Deugsame vrou kan koelbloedig vermoor word, maar moet tog net nie ‘n plakkaat by Stellenbosch Universiteit opsit sonder toestemming nie, dan braak almal gal❗

Veronique ·

Hul noem haar man werk in die versekerings bedryf? Klink vir my baie suspisieus, vernaam as die ‘dief’ wat gaan om te steel, die mees belangrikste items nie geneem het nie. Dieper ondersoek hierna moet ingestel word. Jammer om te verneem ongeag die omstandighede.

C ·

Verseker iets meer agter die storie. N skootrekenaar word geensins agtergelos nie. Hul noem ook nie of daar geforseerde toegang was nie.

Ai tog ·

Ai tog! Hartseer! Nog ‘n sinnelose moord, wat nie klop nie. Betroubare bron? Soos ek verstaan as ek die berig lees, was die slagoffer alleen? Hoe weet die betroubare bron dat sy ‘n dief betrap het? Kon die betroubare bron haar dan nie help nie, aangesien hy/sy naby was om dit te kan oorvertel? Is dit dalk iemand wat die slagoffer geken het? Baie vrae, waaróp ons waarskynlik nooit ‘n antwoord gaan kry nie.

Jean ·

DIEF wat niks steel nie . jinne dis lekker in SA< moordenaars word DIEWE genoem en 'n MOORD word 'n HUISROOF genoem . lekker in die nuwe SA . .in ons REENBOOGNASIE land .in ons MANDELA Utopia waar almal mekaar vergeet en vergewe het . waar rekonsiliasie plaasgevind het, waar grondeise REEDS toegeken is maar boere daagliks vermoor en gemartel word .. MAAR as 'n blanke 'n swart kind vervoer wat van 'n bakkie afspring is hy 'n moordenaar nog VOORDAT hy veroordeel word … Haatspraak by blankes word opgevolg maar nie EEN eis teen swart rassiste en aanblaas en aanhitsing van haat en geweld word aangespreek nie .. hoop die KRUIPERS bly lekker tussen hulle geliefde landsgenote … SHAKE a HAND . kom ons speel almal saam rugby . NEE julle is te wit . ons soek net swartes … ons kan nie eers meer saam aan sport deelneem nie …

Zan ·

Nie so seker van die storie want dit is net te goed om waar te wees dat iemand as hy a vrou aanval, haar kan vermoor en dan nog die buit daar los. Iewers is iets fout hier, maak nie sin. As hy haar kon vermoor dan seker was hy sterk genoeg om die goed saam te vat. Ek se maar net want ek lees te veel van die stories

Anoniem ·

So bitter hartseer hieroor, soos oor elke misdaad wat plaasvind. Ek praat dit nie goed nie, maar kan ‘n inbreker wat betrap word en na wat daarna gebeur, nie ook vergeet om die goed te vat wat hy wou kom steel het nie? Ek glo dit eerder as die ‘conspiracy theories’.

Kollie ·

Natuurlik, nadat hy haar geslaan het, het hy seker gesien sy’s dood toe wou hy net so vinnig as moontlik wegkom. Logies.

Anoniem ·

Ek voel ook so , Olie. Ek voel net mens moet versigtig wees met bespiegelings- dit kan soveel skade veroorsaak.

ice ·

Niks is gesteel nie – as ek medical detectives kyk en so iets gebeur is dit gewoonlik die man?

amanda ·

Julle klomp leke speurders moet asb by die Polisie aansluit . Julle oordeel word gelukkig op julle boekies opgeskryf .. En hou op , julle kyk Te veel tv ..julle lewe in n skynwereld ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.