Ma verskyn in hof ná NZ-tragedie

Die Dickason-gesin (Foto: Graham Dickason, Facebook)

Lauren Dickason (40) het Saterdagoggend in die streekshof in Timaru, Nieu-Seeland, verskyn vir die moord op haar drie dogters.

Lauren se man, dr. Graham Dickason, het Donderdagaand op die egpaar se drie jong dogters, Maya en Karla (2), en hul ouer sussie, Liane (6), by hul huis in die hawestad Timaru afgekom.

Lauren en Graham is albei mediese dokters van Pretoria.

Die gesin het ’n week gelede van Suid-Afrika na dié stad verhuis nadat Graham as ortopediese chirurg ’n werk by die Timaru-hospitaal gekry het. Hulle was eers vir twee weke lank in kwarantyn met hul aankoms in Nieu-Seeland.

Die Nieu-Seelandse nuuswebwerf Stuff berig Lauren het kalm in die hof voorgekom en het heeltyd na die vloer gestaar. Sy het nie ʼn pleit laat aanteken nie.

Regter Dominic Dravitzki het Lauren na die Hillmorton-hospitaal in Christchurch vir sielkundige waarneming verwys.

Sy sal na verwagting weer op 5 Oktober in die hooggeregshof in Timaru verskyn.

Lauren is Donderdagaand na ’n hospitaal in die stad geneem en is Vrydag in hegtenis geneem.

‘Hulle was ’n gelukkige gesin’

Die Dickason-sussies is Donderdag dood in hul huis in Nieu-Seeland aangetref. (Foto: Facebook)

Die dogters se voormalige oppasser, Maria Mendy Sibanyoni, het aan Stuff vertel die gesin was baie gelukkig en daar was nie probleme nie.

Sibanyoni was van 2018 tot 2020 die drie dogters se oppasser. Die gesin het haar kort na die tweeling se geboorte as kinderoppasser aangestel.

“Die tweeling was goeie babas en Liane was so ’n lieflike kind,” het Sibanyoni uit haar huis in Suid-Afrika gesê.

“Graham het as ’n ortopediese chirurg gewerk. In sy vrye tyd het hy graag in die tuin gewerk en met sy kinders gespeel.

“’Hy was so ’n goeie man. Ek en hy sou met die kinders speel. Ons het saam met die kinders roomys gaan koop en ek het my lewensverhale met hom gedeel.”

Sibanyoni vertel sy het in kontak met die gesin gebly nadat haar kontrak verstryk het.

“Die gesin was opgewonde oor hul verhuising na Timaru en om ’n nuwe lewe te begin.”

Lauren se pa, Malcolm Fawkes, het Vrydag aan Maroela Media gesê die familie “probeer nog begryp wat gebeur het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Naomi ·

Graham sterk staan mag Ons Hemelse Vader vertroosting bied en sy Liefdevolle arms jou vashou bid vir jou en familie in die moeilike tye

Zombie ·

Waarom het God nie hierdie tragedie verhoed nie, wil mens amper vra. Sterkte en simpatie aan almal wat deur die tragedie geraak word.

Zombie ·

En hoe weet jy dit Vlooitjie? Sommige mense glo dan dat God almagtig en in beheer van alles is.

Liz ·

Want Zombie, God het aan jou ‘n vrye wil gegee dat jy jou eie keuses in die lewe kan maak. Goed of sleg. Dis jou keuse. Dan kom die duiwel en beinvloed jou keuse en jy kies die slegte kant.

Herpiet ·

Uiters tragies. Geen mens sal ooit weet wat werkik in haar kop aangegaan het ten tye van. Sterkte aan Graham

Blomme ·

Kry ook die Mama baie jammer. Haar lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek glo sy was in diep donkerte want GEEN mens sal sommer so iets doen net om aandag te trek. Ek het opregte simpatie ook met haar.

Sonneblom23 ·

Blomme…. die ma het haar kinders se reg om te lewe ontneem en nou kry jy haar jammer??? As die jou redenasie is, kry ek jou kinders jammer. Is jy van jou sinne beroof??? Hoekom daai arme kinders seer maak??

Blomme ·

Sonneblom.. Jy is reg, die kinders se reg op lewe is van hulle ontneem. Dit kan nie regverdig word nie. Maar is JY ingelig oor geestestoestande? Indien nie sou ek aanbeveel dat jy bietjie gaan oplees daaroor. Ons ken nie die omstandighede wat tot die tragedie aanleiding gegee het nie dus moet ons maar versigtig wees om die Mama summier te veroordeel.

Eileen ·

Indien jy nog nie n tweeling of meerlinge en nog kinders het nie sal jy nooit verstaan waardeer ons gaan nie. Ek praat dit nie goed nie, dit is tragedies, maar ek weet eat dit vat om tweeling te he en n ouer dogter, selfde jare verskil as die ma, gooi immigrasie en geen support system daar by……

RB ·

My hart gaan uit na hierdie man èn die familie in SA. Daar is geen manier hoe hierdie eers verstaan kan word om sin daaruit te maak nie.
Soveel ure, dae, nagte wat soveel pyn en onbeantwoorde vrae bring.
Ek hoop werklik dat daar iets gevind word gedurende die sielkundige waarneming wat minstens ‘n mate van antwoorde bring. Sy kan dan gehelp word en ander kan stukke optel met die hoop op ‘n toekoms wat weer kan sin maak al gaan die pyn nooit heeltemal weg nie.

Graham, ek bid vir jou èn jou vrou. Geen mens kan hierdie seer alleen dra en bly staan nie.

Blikke ·

RB….DANKIE vir jou pragtige gesindheid….ek ken hierdie Oupa en weet nie hoe hulle dit gaan verwerk om weer sin van die lewe te maak nie…..laat hy wat dan sonder sonde is die eerste klip gooi….

Inkpot ·

Dis uiters hartseer vir die wat agterbly, die pa, grootouers en familie wat nou met die vreeslike verlies en hartseer moet saamleef.
Ek wonder net wat die ma nou dink, nou dat dit te laat is.

Dries ·

Ons sal nie weet of sy skuldig is nie. Ek hoop regtig nie so nie. Ek wil nie glo dat n ma dit kan doen nie

Frank John ·

Dis raaiselagtig, wat het verkeerd gegaan. Gewoonlik sal in so ‘n geval die persoon ook hul eie lewe neem maar sy het nie. Iets het Groot verkeerd geloop. Here U weet, help hulle in Jesus Naam.

JohanR ·

Hoe weet ons wat in iemnd se kop aangaan. Ek het op ‘n dag my neef geterg en geterg. Hy loop toe kombuis toe en kry ‘n sker uit die laai, kom terug en gooi my met die sker – groote. Gelukkig gemis, maar ek het soe groot geskrik dit was die einde van ENIGE terg vir altyd en altyd!

Zietsie ·

Emigratie is nie maklik nie; Mens mis jou familie, jou vriende, jou taal en jou land. Sterkte aan die familie

Kokkie ·

Ek het nie woorde nie. Niemand sal ooit weet wát dryf ‘n moeder om tot so ‘n daad oor te gaan nie. Geen manier om so ‘n tragedie te beskryf nie. Al ken ek die mense nie, is ek geskok en bitter hartseer. Die kindertjies was dan so pragtig…………

Johann ·

Onvergeefbaar. Geen maar GEEN MAMMA kan so iets bedink of doen nie. Dis boosheid op sy ergste. Die absolute verwarring en vrees wat drie onskuldige broos kinders moes deurgaan aan die hande van hulle mamma?

Blikke ·

Baie sterkte Malcolm, Wendy en Graham….en natuurlik Lauren ook!!
Ek weet dis nie vir julle maklik nie maar eendag wanneer GOD Homself aan ons openbaar, Dan sal ons volkome weet….

Dis Baie hartseer!!!

Sarel ·

Ek vertrou dat mense…veral in SA, die Familie in ag sal neem en kommentaar bir hulle self sal hou

Owlie ·

Bitter hartseer vir hierdie familie, mag antwoorde spoedig gevind word. Suid Africa kan egter hier leer hoe vinnig teen sulke sake op die regte manier op getree word No unnecessary waiting on court cases

Mary Charlotte ·

Baie tragies en hartseer. Ek voel vir haar, haar man en familie bitter jammer, ‘ n ” emosionele kortsluiting”, (knak) kom meestal wanneer die ” omstandighede” daarvoor reg is. Sterkte aan almal betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.