Ma verskyn in hof oor baba op snelweg

court-hammer_thumbDie 19-jarige ma wat haar sestien maande oue baba langs die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gelos het, het vandag in die Vereeniging-landdroshof verskyn.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê die saak is tot 15 April uitgestel. “Sy word aangekla van poging tot moord en kinderverwaarlosing.” Die vrou is van Orange Farm, suid van Johannesburg. Sy bly in aanhouding.

Die ma is Vrydagaand in hegtenis geneem na die voorval Donderdagaand plaasgevind het. Die seuntjie is byna deur ‘n vragmotor raakgery. Hy is na ʼn plek van veiligheid geneem.

Lees ook:
Ma vas oor baba op snelweg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.