Ma verslae oor seun se dood by watergat

Jaco Reichel (Foto: LinkedIn)

Jaco Reichel van Brackenfell, wat op Oujaarsaand by ʼn watergat in Uniondale in die Wes-Kaap oorlede is, se ma is verslae oor haar seun se afsterwe.

Maroela Media het vroeër berig die 26-jarige jong man het by ʼn waterval in die gebied gesterf.

ʼn Vriendin van die familie het aan Maroela Media gesê Jaco het by ʼn watergat gaan swem. “Hy het egter te kort geduik en die rotse getref.”

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê sy liggaam kon eers Woensdagoggend met ʼn helikopter van die toneel verwyder word.

Jaco laat sy ma Narine Reichel agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.