Ma vertel van trauma ná sy ‘verkragter’ doodsteek

Argieffoto

ʼn Vrou wat ʼn man in September verlede jaar doodgesteek het nadat sy glo op hom afgekom het waar hy besig was om haar dogter te verkrag, het die afgelope naweek gesê sy en haar dogter is steeds erg getraumatiseerd deur die gebeure van daardie nag.

Die 57-jarige vrou het gepraat by ʼn fondsinsamelingsgeleentheid wat Saterdagaand by die Oos-Londen-gholfklub in die Oos-Kaap gehou is. Sy het gesê sy kan nie glo hoeveel ondersteuning sy sedert die beproewing ontvang het nie.

“Ek wil almal bedank wat my ondersteun het. Ek is oorweldig deur al die ondersteuning en dit is moeilik om al die maniere op te noem waarop mense ons gehelp het,” het sy gesê.

Die vrou is verlede jaar in hegtenis geneem nadat sy een van drie mans doodgesteek het toe sy na bewering op hulle afgekom het terwyl hulle haar 27-jarige dogter in ʼn verlate huis in Zwartwater naby Komani verkrag. Die vrou se storie het opslae op sosiale media verwek en sy het ondersteuning uit verskeie gemeenskappe ontvang.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het later die aanklagte teen haar laat vaar.

Die afgelope naweek se fondsinsamelingsete is deur Shevolution Africa gereël om die vrou te help om haar huis te voltooi wat sy begin bou het met boumateriaal wat aan haar geskenk is.

Die vrou het gesê hoewel sy en haar dogter steeds die trauma van die voorval verwerk, word hulle gedra deur die ondersteuning van mense. “Vandag gee my hoop dat daar altyd mense sal wees wat ons bystaan. My lewe keer nou terug na normaal, maar ek voel steeds die trauma van wat daardie nag gebeur het,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vra Net ·

Wat het rook met die hele saak te doen? Kan nie die kloutjie by die oor bring nie.

Nettie ·

@Vra Net – ek dink Koos was sarkasties. Kyk, alles is goed en wel – mense kan maar vermoor, verkrag, aangerand, beroof, vermink word …… maak nie saak nie, maar MOET TOG NET NIE ROOK NIE!!!

Einde Augustus word die nuwe anti-rookwet ingebring: jy mag nêrens meer rook as daar ander mense rondom jou is nie; nie in jou motor nie, nie in enige openbare gebou nie, nie in die openbaar, selfs buite nie (binne 10 meter vanaf enige gebou nie). En dit sluit e-sigarette (sg. “nie-brandende” twakkies) in.

ONLY IN SA ……………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.