Ma vertel van trauma toe rowers dogter (7) aanrand

Nadia Smit Lottering se dogter na die aanval. Foto: Verskaf

Nadia Smit Lottering se dogter na die aanval. Foto: Verskaf

ʼn Ma van Pretoria het gesê haar 7-jarige dogtertjie sal berading moet ontvang nadat sy tydens ʼn huisbraak deur rowers vasgedruk en met ʼn stuk yster geslaan is.

Nadia Smit Lottering het Saterdag aan Maroela Media vertel hoe haar skoonma en dogter deur die rowers rondgeruk en aangerand is, toe hulle omstreeks 15:00 Donderdag by haar skoonma se woonstel in Mountain View ingebreek het.

“Dit was die eerste keer wat my dogter vir die dag by my skoonma gebly het omdat dit nou skoolvakansie is. My skoonma vertel hulle het op die rusbank gesit toe die twee rowers skielik voor hulle verskyn het,” het Lottering gesê. Die rowers het glo die draad bo-op die erf se omheining geknip en by ʼn venster agter in die huis ingeklim.

“Hulle het my skoonma rondgeruk en met die ysterstaaf aangerand. My dogtertjie het begin huil en geskree ‘Ouma, ouma!’. Die rowers het haar gegryp, op die bank vasgedruk en haar oor haar rug met die ysterstaaf geslaan.”

Volgens Lottering het die rowers kort daarna met juweliersware gevlug. “My skoonma het verskeie kopwonde opgedoen en is ook bo haar linkeroog oopgeslaan. Haar linkerhand is erg geswel, maar x-strale het darem getoon daar is geen breuke nie. Sy het ook ligte harsingskudding opgedoen,” het sy gesê.

Lottering se dogter het wonde aan haar nek en rug opgedoen. “Sy is beslis getraumatiseerd deur die voorval en toe ons vanmiddag [Saterdag] weer by die woonstel was, kon ek sien sy is bang,” het sy gesê. “Sy wys egter nie nou duidelike tekens van trauma nie, maar ek weet al dit sal later kom. Ek sal haar dadelik vir berading neem om hierdie voorval te verwerk.”

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die name van Lottering se dogter en skoonma word op versoek weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Sprakeloos ·

Ek hoop die gemors voel nou so trots en sterk. Julle het julle barbaarse rassistiese neigings op ‘n weerlose dogtertjie afgedwing. So ‘n prestasie. Iets moet drasties gedoen word aan, maar terwyl die papaja in bewind nie omgekeerde rassisme erken nie, weerklink die manne in rooi (en swart, geel, groen) se opruiende boodskappe in hulle kaders se ore. En die duiwel laat dit soet en reg klink. Baie sterkte aan dié gesin. Ja, kry asb berading en spelterapie indien julle kan, want my dogter was twee toe sy in vrees vasgebind was tydens ‘n huisroof. Hulle onthou dit soos gister. Maar God slaap nie. Seënwense.

jaco ·

ek hou nie van die uitdrukking “omkgekeerde rassisme” nie. Dit skep die indruk dat rassisme eintlik ‘n wit aksie teen swartes is, wat nou in die nuwe SA “omgekeer” is na swart op wit rassisme. rassisme is bloot rassisme en kom in verskeie vorms: kyk na Duitsland onder Hitler, wit Duitsers teenoor wit Jode; of Rwanda en Burundi, swart Hutu’s teenoor swart Tutsi’s en omgekeerd.

SNEL ·

My hart is sommer baie seer om te moet lees wat die Ouma en kleinkind moes deurmaak. Mag hulle gou van alles herstel. So jammer dat ons land in so n gemors is en ons oumensies en kinders wat juis weerloos is nie eers in vrede gelaat word nie.

D ·

Lafaards. Tipies va Zuma en Malema se lakeie. Te bang om 1 op 1 te kom. Val eerder weerlose vroue aan. Bang gate.

Karel Haggard ·

Afrikaner manne dit is ons Bybelse opdrag dat ons nie verder kan terugsit en toelaat dat ons Afrikaner vroue en kinders so deur lafaards verniel, verkrag en vermoor word nie. Die SAPS se wil is baie min. Ons regering te rassisties. Anargie heers in ons mooi land. Wat bly oor manne, Op ons kniee, Bid, die ware Jesus vertrou en ons vroue en kinders met ons lewens beskerm. SAAMSTAAN

Mimi ·

Ek sou graag die Bybelvers(e) met die opdrag wou lees, Karel. Kan jy dit dalk hier verskaf asseblief?

Andre ·

Alle simpatie aan die slagoffers. Vertrou dat julle spoedig volkome sal herstel.
Aan die lafhartige ‘krygers’: Mag julle ‘n waardige opponent raakloop wat julle van die aardbol verwyder.

Johan 2 ·

Wat n lafaards oorlog! Die engelse het ten minste oopelik oorlog verklaar teen ons…of het die spul ook?

pjk ·

Verseker, hulle is al lankal met n guerilla oorlog teen ons besig van dag een af, ons besef dit net nie. Ons moet begin saamstaan

Joann ·

Rassisties!!! Maar Zuma slaap en Malema vat oor. Zuma al weer oor die water. Jol net rond en eet en drink. Kom ons begin die selfde doen,ons kan mos.

Brett ·

Die enigste persoon wat jou kan help in so ‘n situasie is jyself.

adrian ·

My bloed kook o liewe aarde die stoompot bou op hier kom groot moeilikheid, mens kan net soveel vat dan.. …. Lafaards en rassiste dis wat hul is , hul haal hul haat uit op kinders en vroue nee nee nee !!!!!!!

Johan 2 ·

Ek is so moeg al vir die komentare drie eenig God. God het vir ons intelegensie gegee om te DOEN.

Moeggepraat ·

Hoekom moet dit jou familie wees voor jy ‘n revolusie veroorsaak? Hoekom moet dit jou ma, of pa, of suster, of broer wees wat op ‘n plaas vermoor word voor jy optree? Daar is een ding wat tussen ons en revolusie staan en dit is gemaksug.

Arrie ·

Alles behalwe gemaksug, ek en baie ander Suid-Afrikaners en ook jy “moeggepraat”probeer n’ bestaan maak in hierdie land. Die moorde en verkragtings en barbaarse marteling skreeu ten Hemele. Net so graag soos wat ons wil optree is ons hande afgekap en dit gaan nie oor ons gemaksug nie, ons is goed opgevoed en ons is n’ lankmoedige volk wat baie kan vat maar daar kom n’ dag wat ons die streep gaan trek, wanneer n mens knak en genoeg gehad het. Daar is iets wat tussen ons en n revolusie staan en dis nie gemaksug nie, dis n kruitvat wat op die verkeerde dag gaan vat en met die verkeerde persoon gaan gebeur. Groete

Arrie ·

“Moeggepraat” n’ stoompot kan baie druk hanteer, maar vergeet nou om daai drukking van die stoom uit te laat en draai die deksel net so af, jy sal die reaksie van daai stoompot nooit vergeet nie. Dis wat besig is om te gebeur, die deksel gaan op die verkeerde dag gedraai word en dit is baie naby.

david ras ·

Shamelessly attack the WEAK and shamelessly flee from the Strong—-uit Operation Mayebuye, kodenaam vir die ANC se beplande rewolusie in 1963, waarvoor N.R Mandela en andere tronktoe gestuur is.
Bejaarde vrouens en kinders tel mos ook onder “the weak” of hoe ?

Lyk nie of Mayebuye destyds gestuit is nie…….

Johannes Meintjes ·

Jammer om te hoor. Mens moet dan hieruit aflei dat buurtwagte, GPF, sekuritetismaaskappy en tweede en derde vlak Burgerlike Beskerming nog nie effektief saam met Plan B in nasionale werking is nie.

Henk ·

God het nie self vir Goliat platgeslaan nie, hy het vir Dawid ‘n talent gegee met ‘n slingervel. Nou geen mens moet so aanval oorkom nie, maar om bloot te kla gaan ook nie help nie. Kry jou eie ‘slingervel’, oefen met hom, en hou hom reg vir gebruik.

Uit die Ooste ·

Hier in Thailand slaan hulle nie eers n hond nie. Ou mense, kinders en diere word gerespekteer en gelief. Watse bedreiging was die dogter van 7 jaar nou vir hulle gewees ? SA is in die afgrond een groot siek land. Sterkte.

Anna ·

Kom ons bid om tot redding te kom sak op jou kniee en bid broer en susters bid om kwaad te word gaan julle niks help nie bid!!!!!!!

Johannes ·

Hans, ons moes dit AL LANKAL gedoen het! Maar nee, ons wil nog eers petisies teken en VN toe hardloop. Dink iemand die VN gee om?

Elzaan ·

Jaco. Ek stem saam. Wil net daarop wys dat die volksmoord van April 1994 in Rwanda tussen Hutus en Tutsi’s was. Hulle is albei van Rwanda. Maar ja. Ek raai almal aan om die artikel “the truth about racism” deur Juju Mkize te gaan lees. Ek wens dit kon verpligtende leesstof in ons land gewees het. Dit sou baie mense se oë laat oopgaan het oor die sogenaamde rassisme wat “eers gedurende apartheid deur wit mense” in ons land ingebring is.

Tiger ·

Marinda Pretorius, they are the kind that walk free in our streets everyday looking for an oppertunity do murder,rape,rob or attack and injure defenseless white victims.

Len ·

Praat, ideologie, leiers, teorie, kerke, vakbonde, forums – alles sal geen verskil maak nie. Daar is `n fyn uitgewerkte plan wat deur die moordenaards uitgevoer word. Hierdie plan – as deel van `n groter strategie – was reeds bekend in die intelligensiekringe van die vorige regering. Meerderheid mense is naief en glo dat hierdie bose planne laat vaar is. Daar is nog veel meer oppad. Beplan vir die ergste en soek enerdenkendes se hulp en raad. En onthou; net die God van Israel kan Sy volk bewaar, troos, heelmaak en tot beweging bring.

Minx ·

Wat ons moet doen weet ek ook nie hap ook maar babbels wens ons kan ‘n sterk leier kry vir rigting en leiding maar kan aan niemand dink nie en die minderheid is swak teen die meerderheid wat bymekaar staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.