Ma vertel van ‘wonderwerk’ ná hek op seun (3) val

Janco Coetzee in die hospitaal. Foto: Verskaf

Die ma van ʼn driejarige seuntjie van Mooinooi in Noordwes het Woensdag gesê dit is ʼn wonderwerk dat hy nie breinskade opgedoen het nie nadat ʼn swaar staalhek Saterdag op hom geval het.

Janco Coetzee is vier dae lank in die waakeenheid van ʼn hospitaal in Pretoria behandel nadat hy ernstige kopwonde opgedoen het.

Maryke Coetzee, Janco se ma, het Woensdag aan Maroela Media gesê ondanks die ernstige aard van Janco se beserings en die feit dat hy vier dae lank in die waakeenheid moes wees, het hy wonderbaarlik goed herstel. Janco is Dinsdag uit die waakeenheid na ʼn gewone saal oorgeskuif en sal later vandag uit die hospitaal ontslaan word.

“Dit is ʼn wonderwerk, daar is geen ander manier om dit te beskryf nie. As jy gesien het hoe hy gelyk het toe hy by die hospitaal aangekom het, sal jy nie kan glo dat hy so vinnig herstel het nie,” het Maryke gesê. “Die dokter het vir ons gesê hy het net betyds by die hospitaal aangekom, anders sou Janco doodgebloei het. Die dokters kan self nie glo dat hy geen breinskade opgedoen het nie.”

Janco Coetzee in die hospitaal. Foto: Verskaf

Maryke vertel Janco en sy tweelingbroer het die naweek by hul oom in Pretoria gekuier toe die voorval gebeur het. “Ons weet glad nie hoe dit gebeur het nie. Die hek het nooit gelyk asof hy gaan omval of dat hy nie stewig is nie. Hy moes net op ʼn manier van sy spoor afgeglip en op Janco geval het.”

Janco is dadelik na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling. “Die vel agter sy kop het heeltemal oopgebars en aan die voorkant by sy regteroog was daar ook ʼn reusewond. Die vel was tot op die been oop. Daar was so baie bloed. Hulle moes ook in die teater vir hom bloed gee omdat hy soveel verloor het,” het Maryke gesê.

“Sy ogie was baie erg geswel en het eers gister vir die eerste keer oopgegaan. Maar hy kan 100% sien met die ogie en daar is geen skade aan sy brein nie. Sy skedel is nie eens gekraak nie. Die dokter sê wel die wenkbrou bo sy regteroog sal nooit weer teruggroei nie, so hy sal in ʼn latere stadium mediese tatoeëring moet kry sodat dit lyk asof hy ʼn wenkbrou het.”

Sy sê Janco het ook verbasend genoeg geen pyn nie en dit gaan baie goed met hom ondanks die traumatiese ervaring. “Ons het letterlik duisende boodskappe ontvang van mense wat vir hom bid. Dit was net ongelooflik. Ek is só dankbaar, want ek weet dit kon soveel erger gewees het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Retha Botes ·

God is ‘n God van wonderwerke, was so onsteld toe ek dit gister lees.

Dorea Gottardo ·

Daar is op what’s up gera dat mense moet bid vir Jacob. Baie mense het tot ABBA Vader gebid en HY het gehoor en grantwood!!!
HY moet AL DIE EER KRY!
“O Lord to You and You alone be GLORY, HONOUR AND PRAISE! Thank You for hearing our prayes!
We pray for Jaco’s family please bring healing to all of them in body, soul and spirit…

Meraai ·

Die wonderlikste nuus ooit,het so gebid vir die kleine lyfie.

Marietjie Jansen van Vuuren ·

Baie bly Jaco is baie beter. Ek kan ook getuig van n wonderwerk. Ons God is so getrou en Sy Genade is sooo groot. Prys die Here!!!!!

Sus ·

Presies dieselfde het ‘n klompie jare gelede met my seuntjie gebeur. My motor het in die ryvlak gestaan terwyl daar aan die hek gewerk is en ek het gedink om die motor te skuif voordat dit dalk beskadig kan word. Ek het nie daarby uitgekom nie…..toe trek die 3jarige knaap die hek op hom om…..en die hek val op die motor…….net op die agterste buffer, met minimale skade! Die knapie het niks oorgekom nie, net groot geskrik. God is groot!

CM ·

Enige ouer se grootste vrees! Dank die Here dit het mooi ge-eindig! Ek het my kinders geleer om altyd langs ‘n hek te beweeg en nie voor ‘n hek as hul dit oop stoot en ook net as ek dit toelaat! En hul mag nooit aan dit hang nie maar dis onmoontlik as ouer om orals te wees!

Willie ·

Prys die Heer vir sy grootheid en genade… Mens besef nie aldag hoe gevaarlik iets allerdaags kan wees nie….

JR ·

Ou Seun
Ek bid volkome genesing oor jou. God het groot planne met jou vorentoe. Amen en amen

Hettie ·

Amen!!! God voldoen altyd aan ons gebede. Prys Sy Alamgtige Naam.

christa ·

wys jou net wat gebed kan doen. Ons God is groot en almagtig en het nog nooit verander nie. Sy woord se, “Roep my aan in benoudheid en Ek sal jou red”. Dankie Jesus vir nog ‘n wonderwerk, vertrou net op Hom

Anita ·

Ek en my man was Sondag oggend toevalig by die Hospitaal en ons het gesit en wag vir ons seun om uit die teater te kom. Ek het in die wag area gewag by die ICU afdeling. Daar het ek toe hierdie kind se ouers, Ouma en Oupa en familie gesien sit. Ek het hulle so jammer gekry. Ek is so dankbaar vir hulle dat Janco so vinnig herstel het. Hy is n vegter. Sterke aan die familie.

Anita ·

Ek en my man was Sondag oggend by dieselfde hospitaal waar Janco was. Ons het gesit en wag vir ons seun om uit die teater te kom. Ek het Janco se familie by hospitaal gesien waar hulle almal by ICU gesit het. So bly dit gaan beter met Janco. Dankie Liewe Jesus vir nog n wonderwerk. God is groot en almagtig. Sterkte vir die familie.

Theresa ·

Dit lyk baie seer! Dankie Vader vir die beantwoording van baie gebede vir dié seuntjie.

Tracey ·

Prys die Here is al wat ek kan sê. Ek Ons dien ‘n groot God

Jean ·

Aaaah wat ‘n fantastiese storie van hoop genade. Gou beter word Janco, jy hardloop sommer gou weer op die gras rond en skop die bal dat hy daar trek. So bly daar is nie blywende skade nie. Jy is ‘n brawe seun.

solly olifant ·

God is groot en bewys sy barmhartigheid altyd, prys Sy naam

anoniem ·

Ai dit is erg, my hart sommer nou weer van voor af seer, 21 jaar gelede het daar n hek op die 3 jarige dogtertjie geval daar was nooit n stopper by die hek ingesit nie so die hek het net aanhou beweeg totdat dit van sy spoor af is.
Die dogtertjie is net daar dood, sy het net n klein snytjie voor op haar kop gehad maar blykbaar het haar hoofslagaar afgeruk van die slag en sy het haar doodgebloei van binne af, dit was net te verskriklik. Hierdie seuntjie is baie gelukkig en ek is so bly vir julle dat hy geen skade opgedoen het nie. Sterkte

Santie ·

Dit is inderdaad ‘n wonderwerk! Báie kinders en grootmense het al gesterf as so ‘n hek op hulle val.

Linda Blom ·

Daar is niks, maar niks so sterk soos gebed nie. Baie dankie aan almal wat onmiddellik gereageer het en gebid het. Hier sien julle wat ons gebede gedoen het.

CK ·

Dankbaar dat die kleinding geen blywende skade opgedoen het nie. Sterkte vir julle

Linda Blom ·

Daar is niks, maar niks so sterk soos gebed nie. Baie dankie aan almal wat onmiddellik gereageer het en gebid het. Ons GOD is ‘n God van wonderwerke. Kyk vir julle self.

madels ·

Kan die Here nie genoeg loof en prys vir hierdie wonderwerk nie. Vriende van ons se vriende het dieselfde oorgekom en is oorlede. Dis wonderwerk bo wonderwerk dat hierdie klein seuntjie lewe. Loof die Here!

G ·

Ek het self noudie dag met ons hek ‘in die hand gestaan’ toe een van die wielietjies net afgekom het terwyl ek besig was om dit oop te stoot. Gelukkig het die boonste staal gedeeltes gekeer dat dit op my val, en my kinders was nog in die kar. Wie okal die hek geïnstalleer het kry beslis minuspunte as dit by sweisswerk kom.

Porscha ·

God is Groot dinge kon erger uitgedraai het, ons kan net ons Hemelse Vader bedank vir hierdie Groot wonder werk.

Willie ·

Ag ons is lief vir jou en bid vir jou boeta. Jesus beskerm jou!

noordkaap ·

Sterkte aan die familie. Ek dink die bou organisasie moet munisipaliteite verplig dat skuifhekke goedgekeur moet word vir inspeksies. Tekenaars word deesdae aanspreuklik gehou, hoekom word persone wat dit installeer nie toegepas nie. Belangrik punte van skuifhek dit moet tussen twee vierkant pype beweeg en die belangtikste die stop punte, dan sal baie ongelukke verhoed kon word.

amanda ·

Alle eer aan ons Hemelse Abba Vader. Weereens net ‘n bewys dat gebed kragtig is. Ons Abba Vader kyk na sy kindertjes…..Baie sterkte vir die familie, ek bid ons Hemelse Vader se krag, leiding en genade vir volkome herstel op die kleinding. Ons dien ‘n Lewende Almagtige God!!!!!!!

Marie Rabie ·

Ek is sy tannie ek kan nie vir julle se wat sy ouers ons en my ouers deur is nie. Die ergste was daai 4 ure voor die teater deure en toe dat hy nie wou wakker word nie. Maar GOD is baie GROOT en ja hy het die mannetjie deurgetrek en ons is so dankbaar. So ons wil he julle moet aanhou bid maar om dankie te se DAT GOD HOM NOG N KANS GEGEE HET OM TE LEWE. En hom genees het..Die twee mannetjies maak ons lewe so vol ons is baie lief vir hulle. Hulle is ons wonderwerkies van geboorte af.
Dankie vir die publiek se gebede en elke oproep ons as familie waardeur dit opreg. Groete. Marie

Elize Bresler ·

My dogter het amper presies dieselfde besering op presies dieselfde manier op drie jaar opgedoen. Dis nou al 11 jaar gelede.Al wat sy oorgehou het, is die strepie bokant doe regter-oog en oogbank os steeds geduik. Dit was die ergste ding ooit. Dink aan die familie en is saam dankbaar dat dit noe erger was nie.

Weerbares ·

So dankbaar prys die HERE. Mag alle seer wonderbaarlik herstel.
Tog so jammer…Hekke groot swaar en gevaarlik!
Daar vir veiligheid? Werk ook net soms teen die bose magte. Wyk weg van die onskuldiges beskerm die weerbares U kinders ..asb Dankie.

Koos ·

Hoeveelkeer moet daar nog hekke op klein kindertjies val voordat daar ‘n wet kom wat motorhekke sal verplig om veiligheidsmeganismes aan te bring? My hek het een, niks ingewikkeld nie en dit werk.

Petro ·

Hoekom beveilig mense nie hulle hekke deur n veiligheids hak bo oor te plaas nie? Ek dink dis verpligtend dat die hekke n veiligheid’smeganisme aan het, so dat dit nie KAN omval nie… Is daar so iets? Ek weet nie. Ek bid maar net dat so iets sal uitgevind word.

Lamé ·

Baie dankbaar vir Jaco en sy ouers.
Hoeveel glyhekke moet nog val voor wetgewing opgeskerp gaan word? Ek self is ñ slagoffer en draai die saak in die Hooggeregshof. My lewe is hel!
Toevallig is ek ook van Pretoria. My lewe is onherroeplik verander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.