’n 46-jarige Oos-Kaapse ma en haar vier kinders is dood toe ’n brand Saterdag in hul woonstel in ’n nedersetting naby Engcobo ontstaan het.
Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die bure het in die vroeë oggendure gille gehoor en die tweeslaapkamerwoonstel in die Tshapile-informele nedersetting in ligte laaie aangetref.
Kinana sê daar word beweer dat die diefwering Noxolo Deli en haar vier kinders, almal tussen die ouderdom van nege en 20, verhoed het om uit die brandende woonstel te ontsnap. Die ma en haar kinders het almal onherkenbaar verbrand.
Die oorsaak van die brand is in dié stadium nog onduidelik hoewel ’n saak van brandstigting by die polisie aanhangig gemaak is.
Diefwering om hulle teen gevaar te beskerm :-(
Dis nou tragies..
Ek dink altyd aan die angs wat hulle moes deurmaak…dis tragies… :-(
Ai, wat ‘n wrede dood om te sterf. Daar behoort altyd ‘n ontsnap route te wees.
Mag hul familie getroos word in Christus se grootste liefde en genade. Ons kan ons nie indink in hul vrees en pyn toe hul nie kon uitkom nie. So is meeste van ons huise ook.
So leef ons omdat kriminele die reg het…..ons moet in tronke leef….hoe tragies is dit nie
Wat ‘n aaklige dood..dn Diefwering is dir gevolg van misdaad. Misdadigers loop los op straat en burgers bly in tronke.