Ma vind seun se liggaam tussen rotse

Argieffoto van Diasstrand. (Foto: NSRI)

Die liggaam van die negejarige seun wat verlede week in die see by Diasstrand in Mosselbaai verdwyn het, is Maandag deur sy ma ontdek.

Volgens sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, het Jason Nomdoe se liggaam naby die plek waar hy verdwyn het, uitgespoel.

Jason se liggaam het tussen rotse gelê en is deur sy ma gevind. Forensiese polisiespanne was ook op die toneel.

“Die ondersoek dui daarop dat drie seuns in die water gespeel het toe hulle in die moeilikheid beland het. Lede van die publiek het die seuns te hulp gesnel en kon daarin slaag om twee van die seuns te red.

“Polisieduikers het nog tot laat Sondagmiddag na Jason gesoek.”

Spies sê die Da Gamaskop-polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.

“ʼn Nadoodse ondersoek sal ook gedoen word om die oorsaak van die seun se dood te bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Sjoe, dis baie hartseer. Sterkte aan hierdie moeder en wat sy moet deurmaak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.