Ma vind uit 8-jarige is verkrag ná sussies stry

Argieffoto

Argieffoto

Samuel Bonga Sibiya (47) is Dinsdag in die Esikhawini-streekshof in KwaZulu-Natal tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy verlede jaar ʼn agtjarige meisie in haar ouerhuis verkrag het.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, sê Sibiya is verlede jaar in hegtenis geneem nadat die slagoffer en haar jonger sussie stry gekry het en die ma dit gehoor het. “Die jonger sussie het die slagoffer daarvan beskuldig dat sy seksuele omgang met die beskuldigde gehad het. Sibiya het ʼn kamer in die ma se huis in Esikhawini gehuur.”

Die slagoffer se ma was bekommerd oor die beweringe en het haar dogter daaroor konfronteer. Die slagoffer het erken dat sy verskeie kere deur Sibiya verkrag is, en dat hy haar gedreig het as sy vir iemand daarvan sou vertel.

ʼn Saak van verkragting is aanhangig gemaak en Sibiya is twee dae later in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.