Ma voor baba, man doodgesteek

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa.

ʼn Jong ma is Dinsdag ten aanskoue van haar man en haar eenjarige baba tydens ʼn rooftog doodgesteek.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in die Cottonlands-omgewing in KwaZulu-Natal gebeur. Volgens Gwala het die 21-jarige vrou en haar man met hul kind gestap toe hul deur twee onbekende persone genader is.

“Hulle het haar selfoon gesteel en haar in die rug gesteek,” het Gwala gesê.

Die Reaction Unit South Africa (Rusa) het in ʼn verklaring op sy Facebook-blad gesê ʼn motoris het teen 11:58 op ʼn min gebruikte grondpad gery en ʼn kind gewaar wat bo op ʼn bloeiende vrou gesit het.

Die motoris het die voorval by Rusa aangemeld en veiligheidsbeamptes sowel as paramedici is na die toneel gestuur.

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa.

“Die slagoffer, haar man en die kind is langs ʼn suikerrietplantasie opgemerk. Paramedici het probeer om die vrou by te bring, maar die vrou is op die toneel dood. Die kind wat bo-op haar liggaam gesit het moes deur polisiebeamptes verwyder word,” het Rusa gesê.

Volgens die man het die verdagtes die vrou se selfoon gesteel en toe die vrou in haar rug gesteek voordat hulle van die toneel gevlug het.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die voorval om hul plaaslike polisiestasie te skakel of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Al ·

Dis verby siek. Mag die Here hierdie land verlos van die bose suurstofdiewe

SA Moordmuseum ·

Gruweldade soos hierdie moet aan buitelanders in n SA Moordmuseum gewys word sodat hulle weet hoe die ANC die land sink en hoe verkeerd minister sisulu is wanneer sy beweer dat hier nie misdaad is nie.

theo ·

Ek stem saam afriforum kan dit doen, ek kan net my familie oorsee inlig

Msp ·

Lindiwe Sisulu, please take note of this incident. Sometimes I think you are to well protected in your beautiful house and can’t really see what is going on in South Africa…please learn from the outside world and don’t try to stop them when they warning their citizens of the dangers in South Africa, they do it because they care about their people.

Colleen ·

Sy verdien ‘n astronomiese salaris om niks te doen nie so hoekom sal sy moeite doen om te sien wat in SA aan die gang is. Ry mos ook die gravy train.

Rachel ·

Ek is bevrees doodstraf sal net op ons gebruik word. Dink nie dis goeie idee nie.

Reguit ·

Sisulu sal seker binnekort daarop aandring dat Australië hierdie tipe insidente moet erken as “die normale en aanvaarbare gedrag van SA se unieke en edele inheemse kultuur van diversiteit”. En sou Australië nie daarmee saamstem nie, dan is hulle “rassiste”.

Amelia ·

En ja ek glo nie dit is n grend selfoon nie. Om te dink n kind word sonder n ma groot agv n verdomde selfoon????

Sanette ·

en die man??? waar was hy dat die baba op die ma gesit het?…en die verbykomende motor dit aangemeld het?…. en nie hy nie?

CHRISTA ·

Sanet, ek stem saam!! Hierdie voorval klink vir my baie verdag!! Is iemand weer gehuur . . .?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.