Ma voor Jhb-skool doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma van Springs aan die Oos-Rand is Donderdag ten aanskoue van talle kinders voor ʼn skool koelbloedig in haar motor doodgeskiet.

Kapt. Johannes Rampura, woordvoerder van die polisie, het gesê die 42-jarige ma het saam met haar sewejarige dogter in hul motor voor die Springs Girls’ High School gesit toe die voorval plaasgevind het. ʼn Swart motor het glo naby hulle stilgehou en drie verdagtes het uitgespring en die ma geskiet. Sy is op die toneel dood.

ʼn Koeël het haar dogter skrams getref, maar sy is nie ernstig beseer nie. Die dogter is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Rampura het ontken dat die voorval ʼn mislukte kaping was. “Ons ondersoek nog die motief vir die moord. Ons kan nie nou sê dat dit ʼn kaping was nie, want niks is gesteel nie. Die vrou se beursie, selfoon en sleutels was steeds in die motor,” het hy gesê. “Ons is nog besig om verklarings af te neem by die kinders wat gesien het hoe dit gebeur.”

Hy het gesê die vrou se naam kan nog nie bekendgemaak word nie uit respek vir haar familie. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Grace ·

Huurmoord? Drie mense om haar te vermoor…RIV en sterkte vir die dogter, familie en vriende.

Pappa Beer ·

In die woorde van Francois van Coke, ” … brand Suid-Afrika!!!” Hierdie land is vinnig oppad na n totale anargaiese warboel. Hartseer is al wat ek kan se. Maar steeks soos n donkie, sal ek nie weghardloop soos n hensopper nie! Dis MY land ook, en niemand sal my geboorte reg van my afneem nie!

CHRISTA ·

As julle in ag neem hoeveel mense DAAGLIKS vermoor word, is ons land LAAANKAL in ‘n oorlog!!!

Veritas ·

Elize jy is doodreg. Om te sê Springs is in Johannesburg, is so goed as om te sê Pretoria is in Johannesburg. Die twee val nie eers in dieselfde metropool nie. Tussen die twee lê daar vyf ander munisipale gebiede.

Duitswes ·

SKOKKEND!!
Hoe goedkoop het ‘n menslike lewe geword in SA en Hoe gemaklik met onbeperkte vryheid kan misdadigers jag maak op die geregsgehoorsame landsburgers…Anargie aan die orde van die dag. Weerlose kinders word wees gelaat en die wond word net meer septies.
HALT; BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!

christine ·

Die persoon se naam nie bekend gemaak nie. Uit respek vir haar familie ag kom weer,weet maar as sy wit was sou ons al geweet het. So kyk noord en gaan voort.

Flippie ·

Huurmoord, moord, mislukte kaping, mislukte roof. Dit maak nie saak nie. Iemand is haar lewe ontneem. Iemand het nou nie meer ‘n ma, vrou, vriedin niggie of kind nie. Jammer wees, hartseer wees, huil, woede en al die emosies wat in die daad opgeluit lê, is mosterd na die maak – te laat en tevergeefs.

Die werklikheid is dat hierdie regime verantwoordelikheid is vir die wettelose en barbaarse klimaat wat tans in die land heersers. Gewone opgevoede en wrtdgehoorsame burgers bind dit al moeiliker om in die klimast te fungeer.

Die ANC en sy regering moet verantwoordelikheid gehou word vir die toestand.

Lynette ·

Jammer ek pla…..kan julle Asb jul goed in engels ook doen asb….ek post dit in Amerikaanse hroepe….en hul verstaan nie Afrikaans nie…..DIE BUITELAND MOET WEET WAT HIER AANGAAN……baie dankie

Flippie ·

Huurmoord, moord, mislukte kaping, mislukte roof. Dit maak nie saak nie. Iemand is haar lewe ontneem. Iemand het nou nie meer ‘n ma, vrou, vriedin niggie of kind nie. Jammer wees, hartseer wees, huil, woede en al die emosies wat in die daad opgeluit lê, is mosterd na die maal – te laat en tevergeefs.

Die werklikheid is dat hierdie regime verantwoordelikheid is vir die wettelose en moordadige klimaat wat tans in die land heersers. Dit raak al moeilker om ‘n normale lewensbestaan in SA te handhaaf.

Die ANC as regerende party en die regering het die verantwoordelikheid om kwaliteit lewensruimte vir elke wetsgehoorsame burger van die land verseker. Hulle doen dit nie.

Ag tog! ·

Elize, Anna en Veritas, wat het Springs se ligging met die moord uit te waai? Dit is irrelevant!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.