Ma voor kinders verkrag

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Ma van twee jong dogters is verlede week herhaaldelik voor haar kinders verkrag nadat twee verdagtes in die vroeë oggendure by hul huis ingekom het. Haar twee vermeende verkragters is kort daarna vasgetrek en een van hulle het reeds in die hof verskyn.

Ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die vrou en haar twee dogters, onderskeidelik agt en 13 jaar oud, was Woensdag vas aan die slaap by hul huis in Chris Hani Park in die Phuthaditjhaba-omgewing in die Vrystaat.

Omstreeks 04:00 het die 30-jarige ma egter ʼn geluid by die haar kombuisdeur gehoor en ondersoek ingestel.

“Sy het deur haar slaapkamervenster gekyk en twee mans met komberse gesien. Een van hulle was met ʼn vuurwapen en die ander met ʼn stok gewapen,” sê Mophiring.

Die vrou het deur ʼn venster probeer vlug, maar die aanvallers het haar teruggedruk en deur dieselfde venster by die huis ingekom.

Die twee verdagtes het die vrou glo herhaaldelik verkrag en haar met die vuurwapen gedreig, waarna hulle gevlug het.

Die vrou se kinders is nie fisiek beseer nie.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindersbeskerming en seksuele misdrywe, het een van die vermeende aanvallers ʼn dag later in die omgewing aangekeer. Hy het Vrydag reeds in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn waar hy tereg staan op aanklagte van verkragting en die rig van ʼn vuurwapen.

Nog een van die vermeende aanvallers is kort daarna ook aangekeer en ʼn ongelisensieerde vuurwapen is by hom gevind. Hy word ook met die verkragting verbind.

Dié man sal na verwagting binnekort vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen in die Tseki-landdroshof verskyn. Hy sal dan ook in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Di ·

SKUIM van die aarde! Doodstraf moet BAIE vinnig terug gebring word, tronkstraf help nie en dit kan die korrupte kaders duidelik sien maar doen niks omtrent al die misdaad nie

Jannie van Niekerk ·

Nou gaan Cele sorg dat dit elke keer uitgestel gaan word en oor vyftig jaart word hulle eers verhoor en onskuldig bevind.

Wondermaarnet ·

Kastreer hulle en gee hulle dan vir die publiek om af te reken. Sulke gewetenlose monsters se gesigte moet bekend gemaak word.

Antjiepat ·

Vrou vir jou kan ek net bid … watter ongelooflike trauma en jou dogters moes dit aanskou.. ekhet nie woorde nie, ek kan net bid.

christo ·

Die hedendaagse samelewing put genot daaruit om gewelddadig op te tree. Verkragtings deur 14- jariges is deesdae niks ongewoon nie. Dit blyk dat geslagsgeweld deesdae die ‘ in-ding’ onder jongmense geword het. ‘n Ander probleem wat alhoemeer kop uitsteek, is geweld teenoor diere.

Erika ·

Hoe gaan dit daardie kinders se gesonde persepsie beinvloed na wat hulle gesien het….
deur daardie “mense” honde te noem gaan ek n Hond beledig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.