Ma voor seun doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Vrou van Port Elizabeth is Woensdagaand ten aanskoue van haar seun voor haar motorhuis doodgeskiet.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê Nomzamo Mongo (51) se 22-jarige seun het haar by die werk gaan haal en hulle het teen 19:40 by die huis in Conventrystraat, Sydenham, aangekom.

“Hulle het by die erf ingery en voor die motorhuis stilgehou. Die seun het uit die voertuig geklim om die motorhuis oop te maak terwyl sy ma uitgeklim het om die hek agter hulle toe te maak,” het Janse van Rensburg gesê.

Drie verdagtes het verskyn en die seun opdrag gegee om op die grond te lê en die motorsleutels te oorhandig. ʼn Struweling het tussen Mongo en een van die ander verdagtes ontstaan en drie skote is afgevuur. Mongo is gewond en het op die toneel gesterf.

Die rowers het met leë hande gevlug. ʼn Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan word versoek om konst. Robin Meyers by 060 333 9161 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tragies ·

Met leë hande gevlug, maar ‘n lewe geneem. Dis tragies.

Cherokee ·

Dit begin soos alledaagse nuus klink en dìt mag nooit wees nie! Ons begin gewoond raak aan die soort van treurmarige tipe nuus en dit maak van ons ‘n Chicago tipe staat. Dit mag nie gebeur nie! As wat in Zimbabwe gebeur ten goede is daarvan dan mag dit wees dat dit vir die eerste keer gehoop word dat Suid Afrika in Zim se spore sal volg.

Ashley ·

Let net op. Chicago 2017 murder rate. 75% back on black. Hispanic 19%. Whites 4%. Se dit iets?

Cherokee ·

Dankie vir jou aanmerking, Ashley. Miskien moet ras-verhouding ten opsigte van die totale bevolking ook in ag geneem word by jou syfers. Nie dat ek inligting het daaroor nie maar dit mag wel ‘n faktor wees.

Bokram ·

So word daar gemoor en geroof,niemand is veilig in die land nie

Jakalas ·

Aai. Rowers het geen genade of repek vir lewe nie. Die polisie moet bietjie hulle werk begin doen en die publiek beserm. Dit kan nie so aan gaan nie.

Leahim ·

Wat n skande dan twis die regerende party en opposisie oor belasting geld en wie wat moet betaal pleks dat hulle gesamentlik die misdaad en die klomp wat dit moet bekamp aanspreek

wielie ·

Ons leef in tronke en die misdadigers en moordenaars leef soos konings! Word selfs beloon met tronkstraf as hulle misdaad pleeg. Verblyf, kos en vermaak! Tenkoste van die hardwerkende ( wat nog werk het ) belasting betalers. Maar nou ja dit is SA ne ….. Waar anders ?

madels ·

Hoe verskriklik!!!!!!!!!! :-(….. ek kan nie dink wat die seun nou deurgaan nie, my hart is in stukke vir hom.. daai beeld sal lank vat om uit sy gedagtes te kry. Dis net sooo erg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.