‘Ma’ Vrydag in hof vir ontvoering 17 jaar gelede

Argieffoto

Argieffoto

Die oomblik toe lt.kol. Mike Barkhuizen vir Zephany Nurse sien, het hy geweet dit is die baba wat in 1997 ontvoer is, het Beeld Donderdag berig.

Barkhuizen, wat vir die Valke werk, soek al die afgelope vyf jaar na Zephany, wat nou 17 jaar oud is.

Hy het gesê die uitslag van DNS-toetse was vir hom ’n blote formaliteit. Hy het dadelik geweet dit was sy nadat hy haar die middag van 24 Februarie ontmoet het.

“Ek was baie bly vir die ouers dat hulle kind uiteindelik gevind is,” het Barkhuizen gesê.

Zephany is gevind nadat haar biologiese ouers se tweede dogter, wat vier jaar ná Zephany se verdwyning gebore is, vanjaar begin het met graad 8 by ʼn skool in Kaapstad.

Klasmaats het aangehou om vir haar te sê ʼn meisie in matriek lyk net soos sy.

Die twee meisies het vriende geword en die jonger meisie se pa het gesê hy wil sy dogter se nuwe vriendin ontmoet.

Die ooreenkomste tussen die twee kinders was merkwaardig en die pa het die polisie genader.

Die polisie het Zephany se ‘ouers’ ondervra maar kon geen inligting vind oor haar geboorte volgens die inligting wat aan hulle gegee is. Die polisie het toestemming gekry om DNS-toetse te doen en het bevestig sy is die meisie wat 17 jaar gelede ontvoer is.

Die vrou wat Zephany groot gemaak het, moet Vrydag in die hof verskyn.

Lees ook: Goeie nuus: Ontvoerde kind na 17 jaar gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Hierdie vrou het seker haar baba verloor en heeltemal kop verloor en ‘n baba gaan steel.
Maar sy moes tog later tot haar sinne gekom het. So hartseer, , ,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.