Ma ‘wag vir nuus’ ná dogter verdwyn

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Presies drie weke nadat Nicola Pienaar, ʼn jong vrou van die Paarl, spoorloos verdwyn het, is haar ouers nog niks nader aan antwoorde oor waar hul dogter is nie.

Pienaar (28) se ma, Marlaine Pienaar-Vice, het haar dogter op 5 Januarie vir die laaste keer by haar spreekkamer in die Paarl gesien. Pienaar-Vice werk as ʼn sielkundige in die Paarl, maar woon in Durbanville. Pienaar woon in ʼn woonstel agter die spreekkamer en het haar ma by haar praktyk gehelp.

Pienaar-Vice het aan Maroela Media gesê omdat sy en haar dogter ʼn baie noue band het en mekaar byna elke dag gesien het, is dit vir haar baie vreemd dat haar dogter nog nie met haar kontak gemaak het nie. “Dit is totaal uit karakter vir haar om net te verdwyn en niks van haar te laat hoor nie. Ek het onmiddellik gedink iets is fout toe ek niks van haar hoor nie en haar nie in die hande kon kry nie,” het sy gesê.

Pienaar se selfoonnommer wys dat sy die aand van 5 Januarie om 22:30 vir die laaste keer aanlyn was. Jacobus Oosthuizen (32), Pienaar se kêrel, is op 21 Januarie in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat Pienaar se motor in sy besit gevind is. Die motor is in Pienaar-Vice se naam geregistreer. Oosthuizen beweer hy en Pienaar was op 7 Januarie na Port Elizabeth onderweg toe hulle ʼn uitval gehad het. Hy beweer hy het haar in Oudtshoorn afgelaai waar sy ʼn bus sou neem terug huis toe.

ʼn Bron na aan die ondersoek het egter aan Maroela Media gesê dat Pienaar glad nie gesien word in die beeldmateriaal van veiligheidskameras by die vulstasies waar Oosthuizen langs die pad brandstof ingegooi het nie. Volgens hierdie beeldmateriaal was Pienaar nie saam met Oosthuizen in die motor toe hy die Paarl verlaat het nie. Oosthuizen het glo Pienaar se petrolkaart gebruik om brandstof mee in te gooi.

Oosthuizen sal môre weer in die hof op aanklag van motordiefstal verskyn. Hy is steeds in polisieaanhouding. Intussen gaan die soektog na Pienaar steeds voort.

Pienaar-Vice het aan Maroela Media gesê sy gaan sedert haar dogter se verdwyning deur ʼn warboel van emosies. “Ek is natuurlik baie angstig en bekommerd en hartseer. Ek dink ek het die vaardighede om hierdie emosies te hanteer en daarom cope ek nog in die stadium. Ek wag vir nuus oor Nicola. Ek kan nie met ʼn rouproses begin voor ek meer weet nie. As die werklikheid ooit moet kom dat sy nie meer daar is nie, dan sal die wiele afval. Maar vir die oomblik hanteer ek dit so goed as wat ek kan.”

Lees alle vorige berigte oor Nicola Pienaar op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paplepel ·

Ek bid ek is verkeerd, maar ek voel hierdie gaan nie goed eindig nie.

JoeV ·

@ Paplepel – deel die gevoel. Net vreemd dat die SAPD so lank vat om inligting by die outjie te kry.

Rikku ·

Here ons vra U nederig om Nicola veilig terug te bring na haar Familie.
Mamma ons bid vir jou.

Denise ·

Dit is baie hartseer vir my so n mooi vrou net die vriend sal weet wat met haar gebeur het ??? Hoekom het hy haar nie huis toe gevat nie hy was dan nog in Paarl om petrol in te gooi maar toe is sy reeds weg?????

LS ·

Dit is VERSKRIKLIK !!! Ek dink ook nie dinge gaan goed eindig nie, maar MAG EK VERKEERD WEES !!! Ek het 2 dogters en ek kan nie myself indink wat ek sal doen as dit een van my dogters moes wees nie. Ek sal sekerlik MAL word !!
Sterkte aan die ma, mag God haar veilig terug besorg by jou, ek sal saam met almal bid en hoop. Ek wens net daardie vent wil sy mond oopmaak en praat, want soveel mense moet nou sit en wonder wat gaan vir wat.
STERKTE FAMILIE EN VRIENDE !!!

Frans C ·

In ‘n kultuur van menseregte gaan dit lank neem voordat die beskuldigde sy mond gaan oopmaak. Dit is verskriklik dat een mens ‘n ma se lewe so hel kan maak. Al wat ons kan doen is hoop en bid dat sy veilig terugkeer.

Jos ·

Wens ek kon die speurder wees wat Oosthuizen gearresteer het. Verseker sou hy beter sing as ‘n kanarie. Ma moet ook net seker maak dat die speurder alle relevante inligting het asb. Hoop en bid ook vir ‘n gelukkige einde

julius ·

Jos tussen ek en jy sal hy lankal gesing het. Daar is maniere om inligting uit so iemand te kry, vergeet van menseregte en doen die regte ding.

Poppie ·

Sterkte aan die ma, hulle moet daardie vent in n sel sit saam met geharde misdadigers dan sal hy gou sing……!!!! Ek bid dat jou dogter veilig sal wees. Het julle al by hospitale gehoor of daar nie dalk n pasient sonder naam opgedaag het nie?

Elmien ·

Dis is seker dié ergste ding wat met ‘n ouer kan gebeur… Hemelse Vader, ek bid vir u groot genade. Amen

Oja ·

Wanneer hy in die Paarl aankom neem hom dadelik na haar Ma toe.hy moet sé waar is sy?

Alida ·

Die SAPD moes lankal die waarheid uit hom gehaal het. MRK se agterend.

Louise ·

Hoe sal hulle die inligting uit die mannetjie uit kry, HY het dan regte!!!
SY regte moet BESKERM word, te hel met die res want dis hoe GENEEK ons land is.
NOU wonder mense hoekom mense die reg in EIE hande neem!
Die dag as jy die WET oortree is jy veronderstel om ALLE regte te verloor. Ek bid hierdie dame word veilig opgespoor en hy het nie sy hande aan haar gesit nie.

Karools ·

Baie, baie sterkte aan hierdie familie. Dit moet baie erg wees en dit is ondenkbaar dat so iets met mens kan gebeur. Ons bid dat die wildste vrese nie bewaarheid sal word nie.

JANETTE ·

Verskriklik hartseer,hoe weet hulle nog nie wat met haar gebeur het nie!!!Ons speuders vandag moet rigting kry! Aan haar MA my hart is seer vir jou,kan net dink hoe leeg is haar werks plekkie en kan nie lekker wees om elke oggend in die spreekkamer te kom en sys nie daar nie –

Bedroef ·

Dt is die ergste erg, ek is ok n ma en kan my nie indink hoe haar ma moet voel nie…die onsekerheid…dit vreet mens op. Dit is vir my bekommerinswaardig dat mense spoorloos kan verdwyn en niemand niks gesien het nie en niks weet nie…wat is fout met ons samelewing??? Net in November 2016 het n jongman, Barry Leonard, van Hermanus ook spoorloos verdwyn…….hy is ook nog nie gevind nie…….ook dieselfde senario…nobody knows anything!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.