Ma wat eie baba vang se oudste seun sterf

Jamie Lee en Quintin Piek (Foto: Verskaf)

Die ma wat Maandagaand haar eie baba gevang het, se oudste seun is Donderdag weens breinvliesontsteking dood.

Maroela Media het vroeër berig dat Jamie Lee Piek omstreeks 23:00 haar eie baba in die motor op pad hospitaal toe gevang het. Haar man, Quintin, en skoonma, Elmarie, was saam met haar in die motor.

Jamie Lee is vir die nag saam met baba Aiden opgeneem. Aiden het 2 kg geweeg. Ma en seun is albei gesond en terug by die huis.

Hulle oudste seun, Dylan, is egter Woensdag in die Life Eugène Marais-hospitaal se intensiewesorgeenheid met breinvliesontsteking opgeneem. Dylan se toestand was in daardie stadium te onstabiel vir die toetse wat nog gedoen moes word.

“My hart bloei, want ek moes alle nuus oor die telefoon kry en kon hom met niks help nie,” het Jamie Lee aan Maroela Media gesê.

Quintin het Donderdag die nuus van Dylan se dood op sosiale media bevestig.

“Dankie, almal. Ek wil net laat weet ouboet is vanoggend oorlede,” het hy op Facebook geskryf.

Dylan se ouma was saam met hom by die hospitaal, maar Jamie Lee en die res van die gesin mag hom egter nie besoek het nie weens die aansteeklikheid van die siekte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Misky ·

Ai dit is soooooo hartseer. Julle as gesin is in my gebede. Sterkte vir hierdie moeilike tyd waardeer julle moet gaan. Soveel opwinding die een oomblik en dan die hartseer…… my hart gaan uit na julle

Sarel ·

Die Here het gegee en Hy het geneem.
Hoekom??Ons weet nie maar mag dalk eendag verstaan.
Sterkte die familie

Is jy seker? ·

Dis tragies! Met Covid is daar geen besoekers nie. Ek’t self laasmaand ‘n hartaanval gehad en was in ICU. Deurmekruis gewees, my mense gesoek en jy slaap met daai flippen masker aan.
Sterkte!

Janine ·

Hartverskeurend! Geen woorde gaan hierdie verlies beter maak nie. My hart pyn vir jul onthalwe. Mag jul omvou word met liefde, steun en troos.

JM ·

‘n Mens wil vra: “Here, hoekom?” Ons verstaan nie SY weë nie. My innige simpatie met die ouers.

Annette ·

Dit is so verskriklik hartseer! Mag ons Hemelse Vader hierdie gesinnetjie vertroos en versterk. My innige simpatie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.