Ma wat eie baba wreedaardig vermoor, kry borgtog

Die 35-jarige vrou wat Donderdag in hegtenis geneem is vir die wreedaardige moord op haar sewe dae oue baba, is Donderdagmiddag op borgtog vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het glo by die Zebediela-hospitaal in Magatle buite Lebowakgomo plaasgevind. Die vrou het by die hospitaal lewe geskenk en die baba was steeds onder verpleegsorg in die kindereenheid. Sy het later in die saal ingegaan en gemaak of sy die kind wil borsvoed. Sy het die baba uit die broeikas gegryp en die verpleegster met die baba aangerand, waarna sy die baba op sy kop teen die grond geslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, sê die vrou het Donderdag vlugtig voor die Magatle-landdroshof verskyn waarna die saak tot 5 September uitgestel is.

Die vrou is op R500 borgtog vrygelaat.

Ngoepe sê ʼn ondersoek na die voorval duur voort, en bewysstukke van die polisie sal op 5 September weer aan die hof voorgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Carine ·

Sjoe dis baie siek. Ek wonder wat het die ma gedink. Ai arme babatjie

Spook ·

Stem volkome saam jou. Dit is net te wreed, ek kan nie die gebeure beskryf of selfs begryp nie.

Liza ·

Die persoon wat haar borgtog gegee het,het seker nie kinders nie of kort sielkundige behandeling.Want êrens is ‘n groot skroef los!!!

Ettienne ·

En die doodskis manne sit in die tronk. Ons regstelsel is net so korrup soos Zuma en die Guptas.

Ivy ·

Wat n joke???? R500 borg???? En sy sal seker nou vry gespreek word en geklassifiseerd word as onstabiel.

Emsa ·

wie se sy gaan oor nege maande weer n baba he. moenie net aanneem nie

stella ·

Daar is mos ‘n verskoning vir als, geen selfrespek, geen selfdissipline,geen gewete nie, geen verantwoordelikheid vir jou dade nie en mens kom weg met moord. Dis hoekom almal maak soos hul wil, selfsugtig ook nog.

Haas ·

Let asb. Magatle, Lebowakgomo en Zebediela is in Limpopo en nie in Kwazulu-Natal nie.

Phillip ·

Dagsê

Dankie vir jou valkoog Haas, die berig is gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Nico K ·

Ai julle mense verstaan nog steeds nie borg nie. Die R500 is nie haar straf nie en het niks met die oortreding te doen nie nie. En ja Ivy, iemand wat haar eie baba vermoor is ontsabiel. Ek het geen twyfel dat hierdie persoon geestelik versteur is nie.

Ouma ·

Dit is báie erg! Dalk het sy reeds vorige episodes van nageboortelike depressie gehad met haar vorige kinders se geboortes. En dié keer het dit onmiddellik weer ingeskop. Net erger dié keer. Iemand wat so iets doen, is baie beslis nie geestelik gesond nie. Geen regdenkende ma sal dit doen nie. Dit bly egter skokkend. Dit is seker ook die rede waarom sy op R500 borg vrygelaat is.

yolande ·

Dan weet ek van 2 menss wat al 100 duisende rande vir invitro betaal het, al 10 jaar sukkel en albei sal hulle alles gee, terwyl hulle albei ongelooflike goeie werke het wat vir n babatjie kan sorg. En ek lees sulke goed. CPS dae in ons dorp le ma en pa uitgepass van hulle staatgeld vloek die strate vol en dan ry jy verby polistasie en kinderbeskermingseenheid en sien horders 3 en 4 jariges wat ni weet waar hulle ouers is nie.
Nou hierdie vraag kan geen menslike wese beantwoord nie, maar wil weet hoe mense wat vir n kind kan sorg en liefhe nie n baba kan kry nie terwyl die wat kan hordes babas kry en mishandel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.