Ma wat gestremde dogter glo laat misbruik, bly agter tralies

Die kinders is in Maart vanjaar na ‘n plek van veiligheid geneem. (Foto: pixabay)

ʼn Ma van Keiskammahoek wat glo haar 13-jarige dogter en haar vriend se 16-jarige niggie aan buitelanders vir seksdade verhuur het, bly agter tralies.

Die 42-jarige vrou het die kinders glo aan twee burgers van Bangladesj beskikbaar gestel. Sy word aangekla van die seksuele uitbuiting van minderjariges, terwyl die mans, onderskeidelik 34 en 36 jaar oud, teregstaan op aanklagte van die seksuele uitbuiting van ʼn minderjarige, asook verkragting.

Die drie is in Mei vanjaar in hegtenis geneem nadat die kinders in Maart na ʼn plek van veiligheid geneem is.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, sê al drie beskuldigdes se aansoeke om borgtog is Vrydag van die hand gewys. Die hof het bevind die twee mans is ʼn vlugrisiko omdat hulle geen familiebande, bates of werksbande in Keiskammahoek het nie. Een van die mans is ʼn sweiser en die ander ʼn verkoopsassistent by ʼn plaaslike winkel.

Die hof het bevind die ma kan moontlik getuies intimideer of probeer beïnvloed.

Die oortredings het glo tussen Februarie 2019 en Maart vanjaar plaasgevind.

Die 13-jarige kind, wat Down se sindroom het, het haar maats gevra om saam met haar te gaan na ʼn man wat haar betaal om met hom seks te hê. Sy het haar maats lekkers belowe sodra sy die geld gekry het.

Die ma is glo R400 vir elke voorval betaal.

“Sy het die geld na bewering gebruik om drank en dwelms vir haarself en haar vriend te koop,” sê Ngcakani.

Die saak is uitgestel tot 14 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cabytheron ·

Dit is hartverskeurend om te dink dat ‘n kind, wat nog ‘n gestremde kind, deur ‘n persoon, wat die naaste aan haar is, haar ernstig misbruik het. Hierdie vrou verdien om swaar gestraf te word vir die onreg.

Janice ·

Ek se al ‘n lang tyd die Pakistani’s en die Bangladesh lotjie is 100 x erger as die Chinese. Kry hulle uit die land uit!!

Hasie ·

Hoe leef sulke mans nog met hulself ….daar is poppe vir mans met te veel hormoonprobleme …..

Cherokee ·

As dìt wat jý nou doen bekyk word, kan dit dien as voorbeeld van misbruikte kommunikasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.