Ma wat glo gestremde kind vasbind in hof

Die gestremde kind is aangetref waar sy op die vloer in ʼn kamer sit waar sy aan ʼn stoel vasgebind is. (Foto: SAPD)

Die vrou van Bela-Bela in Limpopo wat vroeër vandeesweek in hegtenis geneem is nadat sy glo haar 12-jarige gestremde dogter aan ’n stoel vasgebind en die kind alleen in ʼn geslote vertrek gelos het, is Donderdag in die plaaslike landdroshof borgtog toegestaan.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou (31) is egter steeds in aanhouding aangesien niemand opgedaag het om haar borgtog van R500 te betaal nie.

Maroela Media het vroeër berig die vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die plaaslike polisie deur bekommerde inwoners in kennis gestel is van ʼn kind wat deur haar ma verwaarloos word. Die inwoners het beweer die vrou sluit die kind gereeld alleen in die huis toe en laat haar daar aan haar eie lot oor.

Die polisie het ondersoek ingestel en die gestremde kind aangetref waar sy op die vloer in ʼn kamer sit waar sy aan ʼn stoel vasgebind is.

Die vrou staan tereg op aanklag van kinderverwaarlosing.

Die saak is tot 19 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adel

Baie bly niemand het opgedaag vir haar borg nie, nou kan sy ook voel hoe moes daardie arme kind van haar voel elke keer as sy haar toesluit en aan eie lot oorlaat!!

Martie

Sien nerens dat hulle iets se van waar die kind nou is nie. Hoop sys veilig en die ma kan maar bietjie sit

James

Vir wie het sy gestem. Hulle haar nou terleurgestel….

Susan vl

In gestremde instansies ht ek dit ook gesien… daar is nie altyd genoegsame hande nie… dit keer dat persoon nie ander seer maak, hulleself beskerm teen seerkry of spasmas wat hulle uit die stoel gooi. Ek was geskok.. baie geskok…dus moet ons eers weet wats die sitsuasie. Maar vir my moeilik om te aanvaar….

Wonder net

Tog so gou om ander te oordeel. Verstandelik of liggaamlik gestrem? Was die kind regtig verwaarloos of net vir ‘n rukkie alleen gelaat terwyl die ma gaan inkopies doen het. Sy kon die kind dalk nie saam met haar neem nie. As daar ‘n buurvrou was wat bietjie kon omsien terwyl die ma winkels toe gaan was dit moontlik nie nodig om die kind vas te bind nie. As jy vir 1 dag in daardie ma se skoene geloop het word sy dalk bewonder vir haar deusettingsvermoe. As dit van pure laksgeid was wat die kind vasgebind was hoop ek… Lees meer »