Ma wat glo kinders vermoor bly steeds in hospitaal

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Tania Clarence, ʼn vrou van Suid-Afrika wat glo haar drie jong, gestremde kinders in Engeland vermoor het, sal steeds sielkundige behandeling in ʼn hospitaal in die Verenigde Koninkryk ondergaan, berig die Saturday Star.

Regter Nicole het Vrydag in die Old Bailey in Londen sy uitspraak gelewer, maar die 42-jarige ma was nie in die hof nie. Sy is tegnies nie in aanhouding of op borgtog vrygelaat nie, kragtens ʼn ongewone ooreenkoms met ʼn ander regter in April.

Clarence se prokureur het glo “verminderde aanspreeklikheid” as pleit ingedien.

Sy word daarvan beskuldig dat sy haar driejarige tweelingseuns Ben en Max, en vierjarige dogter olivia, tussen 20 en 23 April by hul huis in New Malden, ʼn vooruitstrewende woonbuurt in die suidweste van Londen, vermoor het. Al drie kinders het aan spinale spierdistrofie gely. Die siekte, wat ook as “floppy baby”-sindroom bekend staan, veroorsaak dat kinders nie beheer het oor hul bewegings nie en hul lewensverwagting word drasties beperk. -SAPA

Lees ook:
Ma wat glo kinders vermoor moet in hospitaal bly
Ma wat glo kinders vermoor in hospitaal aangehou
Ma wat glo kinders moor, hoor dalk oor borg
Ma in hof vir moord op kinders
SA vrou in hof na moord op kinders
SA’ner ma vas vir moord op kinders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.