Ma wat glo kinders vermoor in hospitaal aangehou

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Gary Clarence en sy tweelingseuns. Foto: Facebook

Tania Clarence (42), die Suid-Afrikaanse ma wat in Engeland teregstaan vir die moord op haar drie erg gestremde kinders, is Dinsdag borgtog geweier en word by ʼn hospitaal aangehou waar sy behandeling ontvang vir geestelike probleme.

Clarence was nie Dinsdag self in die hof nie, maar kon die verrigtinge regstreeks volg uit aanhouding by die hospitaal. Sy het aanhoudend saggies gesnik. Haar man Gary (43), ʼn bankier, het die hofverrigtinge bygewoon.

Sy word beskuldig van die moord op haar driejarige tweelingseuns, Ben en Max, en vierjarige dogter Olivia. Al drie kinders het aan spinale spierdistrofie gely. Die siekte, wat ook as “floppy baby”-sindroom bekend staan, veroorsaak dat kinders nie beheer het oor hul bewegings nie en hul lewensverwagting word drasties beperk.

Die hof aangehoor dat ʼn voormalige nadoodse ondersoek daarop dui dat die kinders heelwaarskynlik versmoor is, maar dat verdere toetse nog gedoen word om die werklike redes van hul dood te bepaal. Die moontlikheid word ook ondersoek of die kinders vergiftig is voor hulle versmoor is. – SAPA-AFP

Lees ook:
Ma wat glo kinders moor, hoor dalk oor borg
Ma in hof vir moord op kinders
SA vrou in hof na moord op kinders
SA’ner ma vas vir moord op kinders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.