Ma wat glo kinders vermoor pleit skuldig

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Tania Clarence, ʼn vrou van Suid-Afrika wat daarvan beskuldig word dat sy haar drie gestremde kinders in Engeland vermoor het, het skuldig gepleit op aanklag van strafbare manslag.

Die British Press Association berig dat Clarence (42) in trane uitgebars het toe sy skuldig gepleit het. Sy het vroeër ‘n pleit van “verminderde aanspreeklikheid” ingedien.

Clarence het tydens ‘n vorige hofverskyning ontken dat sy haar vierjarige dogtertjie, Olivia, en driejarige tweelingseuns, Ben en Max, vermoor het.

Clarence se man, Gary, het toegekyk terwyl sy vrou Maandag skuld erken het. Clarence sal intussen steeds behandeling by ‘n psigiatriese hospitaal ontvang. ‘n Voorverhoor sal op 3 Oktober plaasvind voor die verhoor op 21 Februarie begin.

Clarence word daarvan beskuldig dat sy Olivia, Ben en Max tussen 20 en 23 April by hul huis in New Malden, ʼn vooruitstrewende woonbuurt in die suidweste van Londen, vermoor het.

Al drie kinders het aan spinale spierdistrofie gely. Die siekte, wat ook as “floppy baby”-sindroom bekend staan, veroorsaak dat kinders nie beheer het oor hul bewegings nie en hul lewensverwagting word drasties beperk. -SAPA

Lees ook:
Ma wat glo kinders vermoor bly steeds in hospitaal
Ma wat glo kinders vermoor moet in hospitaal bly
Ma wat glo kinders vermoor in hospitaal aangehou
Ma wat glo kinders moor, hoor dalk oor borg
Ma in hof vir moord op kinders
SA vrou in hof na moord op kinders
SA’ner ma vas vir moord op kinders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Om een of ander rede kan ek die vrou net nie oordeel nie, ek het nie in haar skoene gestap nie. Dit is soos jy sê JAS, baie, baie tragies.

Elizabeth ·

Soos die Woord tereg sê: Die oordeel kom MY nie toe. Ek voel ook bitter jammer vir haar en hoop alles in haar omstandighede word in ag geneem en dat empatie die regter sal beinvloed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.