Ma wen saak oor gestremde baba

Argieffoto

Argieffoto

‘n Jong ma van KwaZulu-Natal wie se kind erg gestremd gelaat is weens verwaarlosing tydens geboorte, het haar saak teen die regering gewen.

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het in die ma, Njabule Madonsela, se guns beslis nadat sy tydens die geboorte van haar baba vir nagenoeg 28 uur verwaarloos was. Madonsela eis vergoeding van R15 833 000. Die bedrag wat die regering gaan moet betaal moet nog vasgestel word.

Volgens hofdokumente het personeel by die Nqutu-hospitaal nie hul plig teenoor Madonsela nagekom het nie. Personeel het nie ‘n keisersnee gedoen om die geboorte te bespoedig nie hoewel dit met redelike verwagting kon en moes gedoen word. Hospitaalpersoneel het nie daarop gelet dat Madonsela in abnormale pyn was nie en het ook nie ‘n poging aangewend om uit te vind hoekom nie.- Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.