Ma wil self na vermiste seun in Viëtnam gaan soek

Coleen en John Bothma. (Foto: Verskaf)

“Ek is besig om van my kop af te raak. Ek werk heeldag om [bedags] net nie daaraan te dink nie. Ek kon nog nie een aand deurslaap nie. Ek kan nie eet nie. Ek glo, ek smeek en ek pleit net.”

Dit is vandeesweek ʼn maand sedert die Suid-Afrikaner John Bothma in Viëtnam vermis geraak het. Sy ma, Coleen Bothma, het steeds geen tyding van haar seun ontvang nie.

Coleen het Woensdag aan Maroela Media gesê sy het op 15 Mei vir die laaste keer met haar seun gepraat voordat sy familie sedert 18 Mei hom nie meer in die hande kon kry nie. “My dogter het my daardie dag gevra of ek weet wat op Facebook aangaan en ek het ‘nee’ geantwoord. ‘John is weg’, het sy gesê en dit het gevoel of my hart gaan staan. Dit kan nie wees nie.”

Volgens Coleen het sy en haar seun minstens elke tweede of derde dag oor die foon gesels. “Hy is die pragtigste jong man. Die laaste keer wat ons gepraat het, het hy genoem dat daar soveel dinge is wat hy vir my wou vertel en wys. Ek het net vir hom gesê hy moet dinge gaan doen.

John saam met Coleen, sy ma, Leandri Pereira, sy sussie, en haar kind. (Foto: Verskaf)

“Die afgelope ses maande was die gelukkigste in sy lewe. Hy het ʼn bromponie gery en hy het soveel vryheid en drome gehad wat ek vir hom gegun het. Daar is absoluut geen rede dat hy net uit sy eie sou wegloop nie. As jy na sy foto’s kyk, is dit duidelik dat hy voluit gelewe het,” verduidelik sy ma.

Daar is ʼn desperaatheid in haar stem. “Ek wens ek het geld gehad om op ’n vliegtuig te spring en hom self te gaan soek, maar hoe weet ʼn mens wáár om te begin soek?”

Coleen het sedert John se verdwyning aansoek gedoen vir ʼn paspoort met die doel om self na haar seun te gaan soek. Interpol het haar egter gemaan om voorlopig nie Viëtnam toe te gaan nie en geduldig te wag terwyl hulle in die vreemde na John soek. “Ek voel so magteloos. Wat sou hulle gedoen het as dit hulle kind was?” vra sy.

Maroela Media het vroeër berig daar was aanvanklik ʼn betaalde vliegkaartjie vir John om op 1 Junie huis toe te kom. Dié kaartjie is toe na 18 Junie gewysig in die hoop dat hy dan sy opwagting in Suid-Afrika sou maak, maar toe hy nie opdaag nie, is dié kaartjie gekanselleer. “Hy het so daarna uitgesien om te kom kuier. As ons nie daardie vlug gekanselleer het nie, sou ek elke dag op die lughawe gewag het vir Boeta.”

Voorlopig sal Coleen by die huis moet wag terwyl die onsekerheid aan haar knaag. “As die son sak, voel dit of my hart wil gaan staan. Dan besef ek nog ʼn dag is verby. Dit is al ʼn maand.

“Jou wêreld staan stil, want jou kind is weg.”

Lees alle berigte oor John Bothma op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ekke ·

Kan myself nie eens probeer indink in die angs en spanning nie. Dit moet hel wees! Hoop en bid John word gevind.

Bekommerd ·

Wat my bekommer, is dat John al voorheen in SA soekgeraak het en vir ‘n bepaalde tyd weg was, Pink Ladies en die polisie was toe ook betrokke om hom te soek. Hy was toe ongedeerd gevind, maar niemand het ooit gesê waarom hy weg was en nie sy familie, wat toe in 2016 net so rasend van bekommernis was, in kennis gestel het waar hy was nie. Ek ruik lont.

Dries du Toit ·

Goeie hemel wat het hy daar gaan doen.* hoop hulle kry hom spoedig

Ook 'n Ma ·

Ek bid saam! Ek sal ook van my kop af raak en op die eerste vliegtuig wil spring.

Stoffel ·

Dit moet vreeslik wees. Bid vir julle en hoop vir goeie nuus. Hou net vas aan God

Elsabie ·

Ek bid saam almal en jou dat jy jou kind ongedeerd sal vind. Hou aan glo! Baie sterkte!

Dink hardop ·

Ek woon in Ho Chi Minh in Vietnam en kan bevestig dat dit een enorme stad is met oneindig baie mense.baie dig bevolk.
Virr die ma om hierheen te kom sal dalk nie die mees praktiese idee wees nie.
Die vliegjaartjie sal die minste van haar uitgawes wees . Hoop Interpol kan iets uitrig

Lizelda ·

Enige ma se grootste wens is net om te weet haar kinders is veilig. Ek wens jou alle stekte toe, maar waar begin n mens te soek? Ai, man hoe gebeur so iets??

KaterinaKat ·

Baie jongmense gaan werk oorsee, dis n bekostigbare manier om ander dele vd wereld te sien. Ek is maar bly my dogters het nie so gemaak nie, ek sou seker n beroerte gehad het van stres. Maar nou ja, hier in SA is dit Nog gevaarliker, so ja, mens is nerens op aarde 100% veilig nie. Ek stres alreeds 24/7 oor my jongste, en sy woon maar so 40km van ons. My oudste gelukkig is naby maar sy was ook al in haar huis beroof deur n inbreker met n mes, terwyl haar 2 kleuters ook tuis was. Gelukkig was die inbreker nie boos genoeg om hulle leed aan te doen nie. Mens is nerens in hietdie wereld veilig nie. Selfs in die beskaafde lande, kos dit net een malmens of boosaardige mens om jou lewe te beeindig.

Gesiggie ·

My hart gaan uit na die Ma… om elke dag te wonder? waar is my kind, is hy veilig… wat kon van hom geword het. Dink Hardop al is dit so n groot dorp is en so dig bevolk… as die Ma dalk aan jou foto’s van haar seun kan stuur is daar nie n manier om dit te versprei… dalk net dalk sien een persoon dit raak en weet dalk of het dalk vir John gesien. Ek glo aan wonders in die lewe.. en met Engele wat om jou versprei is mag daar dalk goeie nuus vir Coleen wees. Dit moet baie erg wees om so magteloos te wees die Ma sal enige iets doen, maar waar begin n mens. Ek hoop van harte dat John buite gevaar is en dat die opvolg van die storie net goeie nuus sal wees. Sterkte aan die Ma en die Familie.

Lynette ·

Gesiggie. Ek glo OOK aan wonders…. onder andere die Groot Piramide van Giza, en die Hangende Tuin van Babilon en Stonehenge in Engeland.

Laura ·

Ek sien op fb dat daar n suid-afrikaner in n ernstige ongeluk was en hul soek sy familie. Dit nie dalk John nie?

Penellope Jones ·

Nie iets wat ek my kan indink nie.
Mens lees dit, hoor dit, maar ek kan dit nie indink nie.
Wat ek wel aanvaar, is dat dit totale H-E-L moet wees.
Alle sterkte, alle voorspoed en alle hoop dat hy gevind word.

Stoffel ·

Dink aan jul gesin. Kan my net indink waardeur jul gaan. Hou vas aan God

James van Zyl ·

Daar was op 1 Junie `n berig op FB deur Christine Brophy van `n jong SA man wat in die Meo Vac , Ha Giang provinsie in Viëtnam in `n ongeluk was . Sy het gevra of iemand dalk die jong man herken en na sy familie kan soek . Hy was beseer en kon vermoedelik nie sy naam sê nie . Ek het ook die berig op FB gedeel .

toy ·

Dit moet verskriklik wees om nie te weet waar jou kind is nie. Ek bid vir julle dat die Here julle veilig sal hou en dat jy hom sal vind.

Phoebe ·

Hulle’t het later sy naam gesê en ook dat hy van Nederland afkomstig was. As dit dieselfde berig is, wat ek glo. Hulle het eers gesê hy was Suid-Afrika af.

Jan ·

Interpol soek nie vermiste mense nie hulle raak net betrokke as daar vermoede v misdaad is.. Iemand bluff hierie vrou

Ben ·

Maar waar is nou die tannie in die storie? As ek reg onthou het hy by sy tannie gebly. Dit was al voor my snaaks. Maar anyway ek hoop hulle vind hom wel en gesond terug.

VanAfrika ·

Gaan soek hom in daardie 3de wêreld se tronke. Dalk, maar net dalk kry julle hom daar. Al gekyk na Banged up Abroad, baie van daardie mense is al lank vergete in daardie tronke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.