“Pres. [Cyril] Ramaphosa het hier in my huis gesit en vir my gesê hy sal nie borgtog kry nie en dat hy in die tronk sal bly.”
Só sê ʼn erg ontstelde Maria Clarke nadat haar dogter, Angelique Clarke Abrahams, se vermeende moordenaar vroeër die week op borgtog vrygelaat is.
Carl Abrahams is Maandag in die landdroshof in Oos-Londen op borgtog van R2 000 vrygelaat. Hy word aangekla van die moord op sy vrou, Angelique. Hy word ook van verkragting aangekla.
“Ek is so teleurgesteld in die strafregstelsel. Die president het in my huis gesit en vir my gesê geregtigheid sal geskied,” sê Clarke.
Die hof het ook beslis dat Abrahams sy en Angelique se kind mag besoek. Die vyfjarige seun woon by Clarke en sy pa mag hom nou onder Clarke se toesig sien.
Clarke is ook woedend oor hoe die hofsaak tot dusver verloop het. Volgens haar word daar ʼn sirkus van haar kind se dood gemaak.
Ramaphosa het Clarke in September by haar huis in Brookville in Oos-Londen besoek. “Geregtigheid sal geskied, ons sal seker maak daarvan,” het Ramaphosa volgens Clarke aan haar gesê.
“Ek hoop net so, want die stelsel het haar reeds gefaal voor haar dood,” het Clarke destyds gesê met verwysing na die beskermingsbevel wat haar dogter kort voor haar dood teen haar vermeende moordenaar gekry het.
Angelique is op 3 September dood nadat sy die vorige week in die hospitaal opgeneem is. Haar ma en seuntjie het by haar gewaak in die Cecilia Makiwane-hospitaal ná die aanranding.
Sy is in haar huis in Fynbos aangeval en verkrag. Marion Peake, ʼn vriendin van Angelique, het vroeër gesê Angelique, ʼn kontroleklerk, het ná ʼn nagskof tuisgekom en haar man in haar huis aangetref.
Hy het haar vyfjarige seuntjie glo kort tevore by ʼn buurvrou, waar die kind gebly het, gaan haal en na die huis geneem. Peake vertel daar het hy glo die seuntjie beveel om na ʼn slaapkamer te gaan en ʼn kombers oor sy kop te trek omdat hy “vir mamma moet doodmaak”.
Peake het gesê Angelique, ʼn epilepsielyer, is ernstig aangerand en verkrag en het tydens die aanval ʼn toeval gekry. Sy het byna haar tong afgebyt en kon weens die swelling nie behoorlik asem kry nie.
ʼn Buurvrou van Abrahams het onraad gemerk nadat die man en seuntjie by die huis uit is, en het na Abrahams in haar huis gaan soek. Sy het haar ernstig beseer daar aangetref.
Ná die aanranding is haar vermeende aanvaller glo met die seuntjie by die huis uit. Die man het die kind ná die aanval by sy ouma gaan aflaai en verdwyn. Ná verskeie oproepe op sosiale media uit die gemeenskap – dat hy hom ter wille van sy eie veiligheid aan die polisie moet gaan oorgee – het hy dit gaan doen.
Volgens Clarke is haar dogter dae voor die noodlottige aanranding deur haar man aangerand en is hy toegesluit. “My dogter het egter vir my kom sê dat hy vir net sowat drie uur agter tralies was en toe vrygelaat is.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
Veldtog vir geweld teen vrouens en kinders is ‘n klug. Hierdie Stastsaanklaer het duidelik nie sy/ haar werk gedoen nie
Wit moordenaar en wit slagoffer. So in ons anti-wit regstelsel is borgtog seker maar normaal. Hy het mos maar net ‘n wit vrou vermoor.
Stem almal n beheer is duidelik lankal breindood die ramapoker gedagte ingesluit hy weet duidelik nie wat sy mede kaders doen nie
Ek het daai tyd van eerste artikel gelees en gehuil toe kry ek hoop omdat Cyril vir haar gese het hy sal agter tralies boy
Wragtag lieg hy weer in haar gesig en die nasie sin
Soos hul maar almal lieg
En hier huil ek weer want ek kan niks vir haar doen nie hoe vreeslik seer moet sy nie he om n kind aan die dood at te staan nie en dit nog OP so wreed manier
Ek is so jammer
Ramaphoza,Dingaan,birds of a feather .Verraaiers