Ma wou dogter uit vlammehel red

Argieffoto (pixabay.com)

Desnelle Stevens (12) het Dinsdagaand in Arcadia in Port Elizabeth verkool, ondanks haar ma se desperate poging om haar uit die brand te red.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Desnelle is dood en haar jonger sussie het ernstige brandwonde opgedoen toe ʼn brand by die gesin se huis uitgebreek het.

Die graad 7-leerling en haar sussie, Desnai (11), was alleen in ʼn plakkershut aan die agterkant van die huis toe die brand uitgebreek het. “Dis nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie.”

Desnai kon betyds vlug, maar sy het ernstige brandwonde opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.

Naidu het gesê die ma het ook brandwonde opgedoen toe sy haar kinders wou red.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel Strydom ·

Om vlammedood te sterf is uiters tragies veral waar dit nog kind is.

ek sê maar ·

Die arme ma wat moet saamleef hiermee! Ai, sterkte mamma jy het jou bes probeer, moenie jouself verkwalik en ek wens jou berusting toe.

Nettie ·

Dit is wat gebeur as mens ‘n brandende kers op ‘n piering staanmaak, of ‘n primus stofie aansteek en nie toesig hou nie.

En bogenoemde is die gevolg van ‘n regering wat nie vir die mense wat dit die nodigste het, ordentlike huise bou en gee nie, maar eerder die geld in hul sakke druk. Ek wonder of daardie Pieterse-vrou van Elsies al die huis wat Zuma haar belowe het na haar kind se moord, gekry het?

Immers bly dit hartseer as onskuldige kinders in sulke omstandighede sterf of seerkry.

bgj van der westhuizen ·

dit help nie om huise te bou nie bou groot blokke flats waar jy mense volgens in koste huur laat betaal en die staat besit en hou in stand hop huise daar is nie grond en geld om huise verniet te bou en te gee nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.