Ma wroeg steeds oor dogter (16) se raaiseldood

Cora-Lee Jansen van Vuuren. Foto: Facebook

Meer as vyf weke ná haar tienerdogter se raaiselagtige dood, is Aileen Erasmus-Janse van Vuuren nog geensins nader aan antwoorde op haar vrae nie.

“Dit breek my so af binne om nie antwoorde te kry nie. Ek kan nie aanbeweeg nie; ek wíl nie aanbeweeg nie. Dit maak ʼn mens klaar, want jy kom nêrens met jou vrae nie,” het sy Dinsdag gesê.

Maroela Media het vroeër berig Aileen het die oggend van 12 Maart op haar dogter, Cora-Lee Jansen van Vuuren (16), se liggaam in haar bed in hul huis in Alberton afgekom. Daar was geen ooglopende merke aan Cora-Lee se liggaam of enige aanduiding wat die oorsaak van haar dood kon wees nie. Sy was ook nie siek voor haar dood of het van enige pyn of ander simptome gekla nie.

Cora-Lee was ʼn gr. 11-leerder aan die Hoërskool Marais Viljoen en het net ʼn dag voor haar dood ʼn hokkiewedstryd gespeel. Sy was volgens haar ma fiks en gesond.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is gedoen om die oorsaak van Cora-Lee se dood te bepaal. Aileen het verlede maand aan Maroela Media gesê ʼn bloedtoets het reeds gewys dat daar geen alkohol, dwelms of medikasie in Cora-Lee se bloed was nie.

Aileen wag egter steeds op die uitslae van die nadoodse ondersoek om die oorsaak van Cora-Lee se dood te bevestig. Sy het Dinsdag gesê sy is deur die polisie ingelig dat dit tussen vier weke tot ʼn paar maande kan neem vir die uitslag om beskikbaar te raak.

Sers. Lindi Moloi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die oorsaak van Cora-Lee se dood kan nog nie bevestig word nie aangesien daar steeds op die uitslae van die nadoodse ondersoek gewag word. Moloi het gesê sy kan nie voorspel wanneer die uitslae gereed sal wees nie, omdat dit maande of selfs jare kan neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Linda ·

Mevrou, as jy antwoorde soek, oorweeg ‘n private patoloog en laat doen ‘n tweede outopsie. Die staat gaan te lank sloer.

Frieda ·

Ek sou ook ‘n privaat pataloog aanbeveel dis belaglik om te sê dit kan jare neem.

DPJ ·

Mag die Here God u ryklik vertroos met Sy Heilige Grees en jou omarm met Sy hande.
Nou sien ons in ‘n spieël en ‘n rasisel maar eendag van aangesig tot aangesig.

Cor ·

Nogsteeds een van die pragtigste meisies wat ek al ooit gesien het.

apie ·

die bloedtoetse is reeds uit, maar nie die nadoodse ondersoek nie, hoe op dees aarde werk dit ? ‘n nadoodse ondersoek vind binne dae plaas en dit is n fisiese ondersoek en oombliklik. ek sou ook n tweede opinine kry. by enige misdaad moet jy dit doen as jy antwoorde wil hë- volgens die polisie is mnr Peet van Es, die nederlander wat vier ure gemartel aan aangerand was, oorlede van een meswond…

cv ·

Kon dalk hokkie bal gewees het wat haar iewers getref het. Baie sterkte aan die moeder en gesin.

Roos ·

My mee gevoel. My dogter ook oorlede in Alberton. Polisie pateties. Saak gesluit sonder dat ons ingelig was

oumie ·

Mamma sterkte ek het presies 2 jaar en 2 weke 10 jaar terug vir my man se nadoodse ondersoek gewag as jy dit kan privaat doen doen dit ASB sonie gaan dit jou van jou kop afdryf en ek hoop daar is vir jou ook hulp want jy het dit nodig mag GOD jou styf vashou in die tyd Amen

Jessica ·

Die kind is die mooiste engel, ek stem saam met jou ek is ook ‘n ma van a pratige 15 jarige dogter, ek sal ook nie die boek kan toe maak en aan gaan nie, doen wat Linda voorstel al moet jy jy kind weer moet oop grawe ek sal dit doen.

Sterkte mag die god jou krag gee van bo.

Elize C ·

Liewe mamma, my hart gaan uit na jou. My seun is op 19-jarige ouderdom oorlede in sy slaap. Op die oog af was hy ook blakend gesond met geen klagtes nie, behalwe dat hy soms gekla het hy is moeg, wat ons toegeskryf het daaraan dat hy baie hard en lang ure gewerk het. Bloedtoetse het ook getoon dat daar geen alcohol/narcotics/poison van enige aard teenwoordig was nie. Die nadoodse ondersoek het bevind dat hy oorlede is agv ‘n hart-disritme wat algehele orgaan-stilstand tot gevolg gehad het, na aanleiding van “‘n moontlike hart-virus”. Ek het myself ook vir baie jare verwyt dat ek nooit agtergekom het my kind is siek nie, tot ek vrede gemaak het daarmee dat daar regtig geen sigbare tekens was om op te let nie, en my berus het in Sy groter plan. Baie, baie sterkte. Tyd SAL berusting bring. Onthou en koester die herinneringe.

Elmerie Bosman ·

Sjoe dis baie hartseer. Dalk was dit n anarisme /aneurisme…. wonder ook maar net!!
Sterkte aan familie. Dink aan julle in die moeilike tyd.

T ·

Stem saam met Linda asb vra n privaat pataloog om help. Baie sterkte!

Antjie ·

Ek hoop hier is verwarring tussen die Polisie se ondersoek en die outopsie. Dis seker nie noodsaaklik dat alle antwoorde in die Polisie se hande gelos word nie. Hulle kan bloot besluit sy is aan “natuurlike oorsake” dood en hul ondersoek daarmee afsluit! As u meer wil weet, is dit wys om privaat hulp in te kry.

Piet ·

Dis ook net in ‘n piesang republiek waar mens jare vir die tipe goed moet wag. Wat sal gebeur as mens 2 jaar later uitvind sy was versmoor? Dan soek mens miskien antwoorde by mense wat al oorlede is. Ek is baie jammer vir jou mevrou, ek kan my die frustrasie indink.

Diane du Preez ·

Did Cora- Lee get the HPV vaccine, Gardasil or Cervarix? Does anyone have an answer for me please contact me and let me know, it is important. If the answer is yes, her death could possibly be linked.

Karen ·

Sjoe ek hoop nie so nie. Ek het my bedenkinge oor daardie entstof!

Elize C ·

Sjoe Diane, nou maak jy my bekommerd. Ek het die Gardasil inspuiting op my ginekoloog se aanbeveling gekry op ouderdom 54, en my oudste dogter op ouderdom 30 nadat ons albei servikale probleme ontwikkel het. My suster het dit toe ook as hulp-voorkoming op ouderdom 40 gekry. My en my dogter se abnormale tekens het terug gekeer na normaal. Ek wil hê my jongste dogter (25) moet dit ook kry as hulp-voorkoming. Is daar erge newe-effekte, afgesien van die normale wat genoem word?

evsbest ·

Het ook gehoor meisies is ingespuit sonder ouers se medewete. Vind by skool uit en kyk of die suster wat dit dalk gedoen het n briefie ontvang het.

Diane du Preez ·

Elize C – the vaccine isn’t recommended for women who are already sexually active and over the age of 25. You would need to be tested first for HPV 16 and HPV 18 if you are already sexually active. This vaccine only protects against these two high risk HPV types, so if you are already positive for them it will not benefit you. It may protect against some genital warts though. It is possible it may cause more harm than good if you vaccinate when you are already infected with HPV 16 and 18 – sorry but your gynae should have known this. Just make sure you go for regular pap smear screening at least every 2 years. to be safe. I won’t vaccinate my daughter with these vaccines because I don’t believe they are safe, effective or necessary. Some young girls have suffered debilitating side-effects. The vaccine can not treat HPV infections already present so it is likely your problems improved on their own. Many CIN 1, CIN 2 and even some CIN3 lesions can clear on their own in the normal healthy person.

Elbie Snyders ·

My dogter oorlede in Oktober 2014 het eers September 2016 die nadoodseondersoek verslag gekry. Die ondersoek vat nie so lank as die verslag nie.

Chilli ·

Pragtige kind!! Wat kan n mens se? Ons lewe in n nuwe suid afrika baie sterkte vir julle en innige meegevoel

Anell ·

Aileen please confirm with regards to Vax. I know of girls that were vaxxed. At school without parent’s consent or knowledge. They only found out much later. Yes it can definitely be linked

Hartseer ·

Net soos mens Sudden Infant Death Syndrome (wiegiedood) kry, kry jy ook Sudden Adult Death Syndrome. Dis wanneer ‘n tiener of volwassene onverklaarbaar dood is. My oom is ook op 16 so dood. Hy was ‘n goeie atleet en het net na ‘n wedloop inmekaargesak en hy is op die plek dood. Net dood. Geen rede nie.

madels ·

Ons het vriende in Engeland wie se seun ook so in sy slaap oorlede is, daar was absoluut niks fout met hom nie, hy het net opgehou asemhaal. Dit was verskriklik vir hulle om hom dood in sy bed aan te tref. Hy was hul enigste seun, hulle het 3 kinders, 2 dogters en die seun. God het hulle deur diep waters geneem, die pyn le nog diep. Daar is nie antwoorde op hul vrae nie, maar hulle het berusting gevind by die Here. Ek bid so vir jou tannie, dat jy ook berusting in die arms van die Here sal vind.

Leonie ·

Ai dis so hartseer. Pragtige kind! Hoop julle kry baie vining die antwoorde wat julle soek. Kan nie verstaan hoekom als in SA altyd so uitgerek moet word en lank vat nie. Nie lekker nie. Sterkte aan die ouers. Daar is nie ‘n seerder seer as om ‘n kind te verloor nie. xx

E.K. ·

Die laaste sin die bergi is absoluut kommerwekkend. Jare? Kan dit nie glo nie.

WillieN ·

Aileen, kontak Leon Wagner in Bloemfontein. Hy sal jou help. Baie sterkte. Ek weet presies waardeur jy gaan.

Bella ·

Dit is verskriklik! Ag Here wees hierdie mense asb genadig.

Marelize ·

Kyk asb ook na voorbehoedpille (Yaz en Yazmin is albei gekoppel aan bloedklonte en 23 Kanadese jong vroue – van 14 en ouer -se dood word daaraan gekoppel.) ‘n Ander moontlikheid kan ook wees inentings, selfs die griepinenting kan ernstige newe-effekte hê, Gardazil is groot probleem.

Baie sterkte, dit moet verskriklik wees.

Olga ·

Yasmin het ‘n dame (20) ‘n ligte beroerte gegee by haar werk

Celeste de Wet ·

Dit is ‘n hartverskeurende saak. Was u dogter miskien op ‘n voorbehoed middel vir haar vel? Indien wel, laat hul bloedklont toetse en scans doen van longe en hart sowel as brein. ‘n vaskulêre spesialis het in vertroe al genoem meer as 40% van gesonde tienermeisies begin al hoe meer noodlottig heengaan agv bloedklonte wat deur die hormoon drosperinone veroorsaak word. Iets wat farmakologiese maatskappye nie graag wil meedeel nie. Yazmin en sy susters pilletjies is alreeds in EU en VSA van die mark afgehaal. Ek is een van die 5% wat ‘n pulmonêre embolisme oorleef het agv drosperinone.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.