‘Maak 16 Augustus ‘n vakansiedag’

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Mynwerkers wat die skietery by Marikana in 2012 oorleef het, eis dat 16 Augustus as ʼn nasionale vakansiedag verklaar word.

“Ons het hier by die koppie bymekaargekom. Ons vra dat 16 Augustus as ʼn nasionale vakansiedag verklaar word in herinnering aan die mense wat hier dood is,” het Bob Ndude, die werkers se leier, Saterdag aan verslaggewers gesê op die dag voor die derde herdenking van die voorval.

Ndude het gesê die werkers wil ook hê die koppie moet omhein en as ʼn monument verklaar word ter ere aan die mynwerkers wat daar gesterf het. Jack Ndima-Khoba, Amcu se voorsitter in Rustenburg, het gesê voorbereidings vir die herdenkingsgeleentheid Sondag verloop vlot.

“Veiligheid sal streng wees; daar sal mynveiligheid wees, beamptes en die polisie. Ons verwag dat meer as 20 000 mense die geleentheid gaan bywoon,” het Ndima-Khoba gesê.

In Augustus 2012 het mynwerkers by Lonmin se Marikana-myn met ʼn staking begin en ʼn salaris van R12 500 per maand geëis. Die staking het gewelddadig geraak en 34 mynwerkers is tydens konfrontasie met die polisie doodgeskiet. Tien ander mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidswagte, is in die voorafgaande dae doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

AmY ·

Ek het 25 jaar vir ñ bank gewerk en was nie halfpad oppad na R 12 000 toe nie!

Johann Marx ·

Want jy het nooit gestaak nie!!! In my dae het jy jou eerste werk gekry, oortyd gewerk sonder betaling, jouself verbeter deur kursusse en studie, bevordering gekry soos wat jou kundigheid en kwalifikasies toegeneem het, en vir poste aansoek gedoen wat vakant geraak het waar bestaande personeel weg gaan, aftree, of sterf, of waar nuwe poste geskep word soos jou werkgewer uitbrei. In die nuwe Suid Afrika “demand” jy ‘n job…..en net sodra jy hom het, gaan sit jy op jou gat vir MEER GELD!! Kan ons dan verbaas wees oor die toestand van ons ekonomie??

Genugtig ·

Ek sit met 3 (en amper ‘n doktors) grade en my netto-inkomste was nie eers R12500 in 2012 nie. Rêrig????

CHRISTA ·

Hulle wil hulle brood albei kante gebotter hê en dan het hulle nog die cheek om vir jam te vra!!!

Catryn ·

As die onlusmakers en protesgangers se “optog” volgens vereistes vreedsaam verloop het, en hulle het nie die 11 sekuriteitsbeamptes en ander doodgekap/vermoor nie, sou die polisie mos nie geskiet het nie. Ons protesoptogte is en was nog nooit vreedsaam nie en die betrokke ministers doen nie hulle werk nie. Enige moord is een moord teveel, maar indien hierdie mense wat nie vreedsaam betoog het nie doodgeskiet is, en hul geliefdes daarna nie inkomste het nie, wie se skuld is dit? Wat van ander moorde in die land, van 1994 tot datum is daar meer as 500000 vermoor, hulle het ook geliefdes, plus boere het ook kinders en geliefdes, selfs werkers wat nou sonder inkomste sit, dan moet almal wat as gevolg van ‘n moord nie meer inkomste verdien nie gelyke behandel verkry. Hoekom miljoene rande spandeer aan so ‘n protesonlus, terwyl ander moorde nooit opgelos word nie, heelwat immigrante wat net oor die grens vlug.

Dave ·

Catryn, een sin wat jy gesê het, is meer as net genoeg verduideliking waarom ek altyd die holruggeryde gesegde ‘genoeg is genoeg’ met minagting wegkliek. Soos jy sê, ‘enige moord is een te veel’. Dit verduidelik waarom dit nie net waardeloos maar ook onnosele woorde is. Ek het al daarop gereageer en aan mense probeer verduidelik hoe dom ding dit is om te sê maar gewoonlik ignoreer ek dit bloot met die minagting wat dit verdien.

Hierdie is dalk die land met die meeste vakansiedae in die wêreld en steeds word meer daarvan gevra. Dikwels is swart mynwerkers van oor die grens en dit beteken dat dit waarskynlik buitelanders is wat eise stel rakende vakansiedae in Suid Afrika.

johan ·

Belaglik…..hulle het mos in opstand gekom. Kom ons maak ‘n vakansiedag vir elke boer en ander wat koelbloedig doodgeskiet word.

Fanie ·

Hulle moet maar hulle unies dagvaar wat so gewillig is om stakings te wil reel. Die unie moet maar vir hulle ‘n gedenkteken oprig.

Ghost ·

Wil 16 Aug n vakansie dag he. Hulle soek orals rede om nie te werk nie maar soek die geld. Laat hulle eerder hulle brood gaan verdien en werk, of wag hulle wil seker Zuma se voorbeeld volg. Niks doen en miljoene steel van die publiek af.

J.Z ·

Hulle moet eerder vra ,wat hulle daar op die koppie gesoek het ,moeilikheid wat hulle gekry het.Die boere wat vermoor is se plaase moet dan ook as nasionale gedekwaardigheid verklaar word en n vakansiedag uitgeroep word om hulle te gedenk wat vermoor is sonder rede,net omdat die anc dit stil swye goed keur.

Ingrid ·

Ek is so bly hier is mense wat saam stem. As hulle in die eerste plek nie gestaak het nie dan was daar nie mense dood nie, dan was daar ook nie nodig om n onnodige vakansie dag in te stel nie en ook nie n monument nie, die mense besef nie dat die dood van hulle eie mense hulle eie skuld is nie, en waarvoor moet daar n monument wees, die land is klaar uit daarop om ons monumente te wil verwyder, monumente wat ons voor vaders verdien en nie voor gestaak het nie!!!! Ek is teleurgesteld in ons land wat 12000 net so sal weg gee vir mense wat n tantrum gooi in plaas van om te werk daarvoor nes die res van ons doen. En ja ek is nog jonk maar weet jy wat ek werk al hard van skool af sonder om tantrums te gooi, dis tyd dat ons leiers ini land hul sokkies op trek en die selfde gaan vir die groot koppe by die myn. Julle is besig om ons trots ini grond te begrawe.

Janine ·

Nee, nee, nee vir nog ‘n vakansiedag. Ons het pragtige vakansiedae gehad: Krugerdag, Stigtingsdag, Hemelvaartdag – daar is met almal weggedoen en vervang met dae wat “geweld” herdenk. Hoekom het hierdie mense so ‘n aptyt vir geweld? En dan moet dit deur die hele land gedenk word deur ‘n vakansie dag? En dit ‘n week na die simpel “Vrouedag” wat oor ‘n simpel pasboek gegaan het (en in elk geval niks bereik het nie)!! Ag nee, ek skaam my dood Soos dit hierbo genoem is, daar het reeds 1000e mense aan die hand van misdadigers gesterf sedert 1994 (3 van my familielede ook) en ook vriende en ‘n kollega. En hulle kry net ‘n grafsteen wat die families self moes betaal. Nee X 1000!!

Han ·

As daar vir elke traumatiese gebeurtenis in Suid-Afrika ‘n vakansiedag verklaar word, is daar te min dae in die jaar daarvoor! Hier is te veel werksku mense in die land, daarom soveel misdaad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.