Maak dit maklik vir wittes om terug te keer na SA, sê Phosa

Mathews Phosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Mathews Phosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Suid-Afrika moet dit vir goed opgeleide, kundige wit Afrikaners en ander wit mense wat die land verlaat het maklik maak om terug te keer en hier aan te bly, het Mathews Phosa, ANC-veteraan, gesê.

Phosa het die uitlating Donderdag gemaak tydens ’n Mistra-konferensie oor witheid, Afrikaans en Afrikaners by Konstitusieheuwel in Johannesburg. Hy het gesê Suid-Afrika se ekonomie sukkel op ʼn substandaardvlak voort weens die land se onvermoë om die vaardighede en kennis wat beskikbaar is, bymekaar te maak en te benut, asook die inmenging van die regering in arbeidsbeleidstellings en arbeidspraktyke.

“Die ekonomie kan slegs teen die verwagte vlakke groei wanneer ons erken dat almal ʼn gelyke rol en verantwoordelikheid het om dit suksesvol te maak,” het hy gesê.

Volgens Phosa is suksesvolle nasies gebou op onderrig, vaardigheidsopleiding en die benutting van ervaring. Hierdie nasies ken aansienlike hulpbronne aan navorsing, ontwikkeling en entrepreneurskap-ondersteuning toe.

“Kom ons maak die deur oop en verwelkom die goed opgeleide en ervare Afrikaners en ander wit mense terug wat hul geliefde land verlaat het op soek na sekuriteit, stabiliteit en erkenning van hul bydrae tot die ekonomie. Kom ons maak dit maklik vir hulle om terug te kom en te bly,” het hy gesê.

Oor die onderwerp van maatskaplike stabiliteit het Phosa gesê die momentum van die studente-uitdagings oor die afgelope paar weke blyk onstuitbaar te wees en moet as gids dien vir wat in die toekoms mag kom.

“Ons het al verdeeldheid in die verlede gesien. Betogingsaksie, besetting van openbare ruimtes, militêre retoriek en die afbreek van lewensnoodsaaklike infrastruktuur – ons het inderdaad al gesien hoe dit keer op keer gebeur.

“Na aanleiding hiervan volg daar, soos altyd, ʼn senuweeagtige middelklas, en ondernemings en instansies wat skarrel om hul bates te beskerm en planne maak om projekte en groeiplanne te laat vaar. Dikwels is die regering nêrens te sien nie en kom eers op die toneel as die rook al dik hang en veiligheidsmagte tot die einde van hul kragte beproef is,” het hy gesê.

“Dan hoor ons die beloftes, die politieke gestoei vir posisie en die massa wat uitmekaar gejaag word. Hulle hergroepeer gewoonlik weer in ʼn ander vorm met ʼn ander agenda, maar hulle hergroepeer beslis. Sal die volgende krisis ontstaan uit oumas wat die parlement beset op soek na hoër pensioene en ander maatskaplike welsynsvoordele wat net verdere druk op die ekonomie sal plaas?”

Hy het bygevoeg dat ʼn konflikvrye Suid-Afrika wat deur volhoubare ekonomiese groei en volle indiensneming versterk word, langtermyn ekonomiese en politieke stabiliteit op die kontinent en die res van die wêreld sal aanhelp.

“Terwyl menseregte en menslike ontwikkeling net so belangrik is vir ekonomiese stabiliteit en vooruitgang, is konflikoplossing, die vestiging van stabiele demokrasieë en langtermyn kapitale beleggings en ekonomiese groei voorvereistes vir regverdigheid en streekstabiliteit. ʼn Suksesvolle en hegte nasie maak gebruik van praktyke waar almal gelyk behandel word. Hulle pas die wet in alle aspekte van sosiale lewe deurgaans toe en sonder vooroordeel. Hul leiers lei van voor, neem deel aan opbouende debatte, aanvaar verantwoordelikheid vir nasiebou en veroordeel alle korrupte aktiwiteite,” het Phosa gesê.

Afrikaans speel ʼn sleutelrol

Hy het bygevoeg dat Afrikaners deur baie sterk besigheid- en gemeenskapstrukture soos die Afrikaanse Handelsinstituut, die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die plaaslike sakekamers, ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika speel. “Ons antagonisme teenoor ʼn taal of die persone wat dit as ʼn moedertaal by die huis praat, is dikwels gegrond op ons persepsies of ʼn tekort aan inligting,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat ʼn ontleding van die 2011-sensus getoon het dat meer swart, bruin en Indiër-Suid-Afrikaners Afrikaans by die huis praat as wit Suid-Afrikaners. Volgens ʼn studie deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge is slegs 40% van Afrikaanssprekendes wit. Dit beteken dat slegs 2,7 miljoen van die 6,9 miljoen mense wat Afrikaans praat, wit is terwyl die res uit ander rassegroepe bestaan.

“Kortweg, die resultate van die 2011-sensus het aangedui dat Afrikaans deur 13,5% van die bevolking by die huis gepraat word, slegs tweede teenoor die 22,7% van die bevolking wat iSiZoeloe by die huis praat. Ek doen ʼn beroep op wit Afrikaners om te help om ʼn inklusiewe en innemende kulturele band tussen alle Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners te bou as fondament vir inklusiwiteit en nasiebou sonder uitsluiting van ander kulturele en bevolkingsgroepe.

“Ons is almal Suid-Afrikaners, of dit nou deur geboorte, afstammeling, naturalisasie of ʼn ander aksie van binnelandse sake is. Kom ons oorbeklemtoon nie wit-wees, Afrikaners, Afrikaans of enige ander gewilde term nie,” het hy afgesluit.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Phia ·

Ek twyfel of dit is van die ANC en mnr Zuma wil hoor. Tog is dit so waar en kan mens regtig net respek he vir Mathews Phosa wat die guts het om ‘n onderwerp soos die aan te spreek. Net jammer dat die rolspelers wat die verandering kan laat gebeur hulle nie aan hom sal steur nie en hom net sal negeer in die toekoms!

arie plaasboer ·

Dit wil tog altyd voorkom asof politieke standpunte / houdings vir die ANC politici belangriker is as landsekonomie.
Wonder.net waarom is dit so…

Muller ·

Mr Phosa as ek jou nou kon ontmoet sou ek jou ‘n stewige handdruk gee! Wel gese . . Vir die eerste keer is daar iemand wat bietjie “kommon sense” praat. Gee hierdie man ‘n bells!

Rudi ·

Wie was sy gehoor? Laat my dink aan Zuma wat na nie-blanke plakkers toe gegaan het en hul die wereld belowe het en daarna sing “KILL THE BOER”. ‘n ANC politikus het aan my gese dat hul ons toilet papier noem. Hul raak bekommerd want die rol raak leeg

DB ·

Dis te laat solank ou JM in die prentjie is is daar nie plek vir wittes in sa nie, ek is oppad AUS toe. Hulle kort elektrisiens met 20 jaar ondervinding.

Chris ·

Ek sekondeer. Hulle soek ook na HVACR mense met ondervinding.

Leonie ·

Nou share bietjie poste daar. Toe man. Laat ons gaan terwyl ons asem haal. Share groot asb poste en strukture ens van oorsese lande. [email protected] of 0829201863 konstruksie

Ruby ·

Ag asseblief!

Met BEE in plek, hoekom moet hulle terug kom, om ander te leer en dan jou werk verloor?

DB, sterkte, jy sal nie spyt wees nie jy verlaat hierdie piesang land nie.

Eddie ·

Great iemand met rugraat. Of is dit maar net weereens iemand wat hom voorse wat om te se. Ek is jammer as ek nie glo wat uit sy mond kom nie. Soos ons almal weet het die anc altyd n hidden aggenda. Is presies wat Zim se, bring die boere terug om ons te kom voer. Maar wat gebeur sodra alles weer op die lande is en voedsel weer volop is. Die boere word weer gemoor en moet vlug vir hulle lewens. Soos ek se hy word voorgese wat om te se. Net nog n Puppet.

Adele Botha ·

Nee, ek glo nie so nie.
Matthews Phosa was ‘n praktiserende prokureur in die apartheidsjare en in venootskap met blanke prokureurs in Witrivier en Nelspruit. Dit opsigself se baie van hom, aangesien swartes nie besigheidseienaars in blanke dorpe mag gewees het nie.
Hy het Afrikaanse gedigte gepublisseer en is baie lief vir Afrikaans. Hy was nog al die jare blankes baie goedgesind. Hy was Mpumalanga se eerste premier na 1994. Hy is ‘n goeie en eerlike mens en ook sakeman.
Hy het nie lank in die ANC-regering gedien nie. Ek vermoed hy is uit saam Nelson Mandela want van daai tyd af nog nie weer van hom gehoor tot nou toe nie.

Dawie Venter ·

Eddie

Jy is geensins verkeerd om die skuif Te maak nie,
Vir elke jaar wat die land agteruit gaan is dit 10 jaar Om dit weer in dieselfe toestand te kry. ” did the research ” so ons het 200 jaar Om in te haal
Dit sal nie in ons, of ons kinders of hulle kinders Se tyd gebeur nie. Vir ons is daar nie terugkeer nie want daar is niks en ons familie kom kuier eerder hier. Met meer as 1 miljoen suid Afrikaners hier (duimsuig geskat kan defnetief baie meer wees) is daar amper meer Suid Afrikaners hier as in en ander plekke as in SA self ( sensus 1987 wit suid afrikaners 15 miljoen) kom Australie toe en kom ken die mense en die omgewing van SA 20 jaar terug. Die gasvryheid, die Saamstaan en die hulpvaardige suid afrikaner ( dit sluit die nie blanke mense in waarvan daar ook in oorvloed is ) hulle is hier. Maar dis nie ‘n maak like padjie nie, dit vat guts en deutsettings vermoe. Sterkte broer maar ons wag vir jou hier

Amanda Joubert ·

Ek sal nie terug kom nie al belowe hulle my wat. Ek het 3 jaar in hel gelewe met julle BEE beleid. Ek is gelukkig, hier word mens aangestel wat jy weet en kan doen nie jou vel kleur nie. Ek dank die Here dat ek die geleentheid in Australia gekry het. Hier het hulle my talent raak gesien en weet ek kan baie bydrae tot die sukses van ‘n maatskappy. In Suid Afrika moes ek voorgee wat ek nie was nie en mense dra wat nie die geld of pos werd was nie.

Weeseerlik ·

Almal weet dit is net mooi woorde – gese deur n paar. Almal weet ook dit word nie regtig bedoel nie – deur die oorgrote meerderderheid. Dit is baie tragies, maar hierdie situasie kan ongelukkig nie verander nie.

leon kaltwasser ·

Dis pragtig van Mathews Phosa om soiets kwyt te laat. Maar dis sover as wat dit sal gaan. Die afgelope Wereldbeker rugby het gewys dat ons mense nie meer vertroue het in die vermoe van die ANC regering (waarvoor Phosa nogsteeds stem) om wittes te akkommodeer nie. Die kwotastelsel is nog nie eers in plek by rugby nie. Tog was Suid Afrikaners verteenwoordig in 10 (uitgesluit die Bokke) van die spanne wat aan die toernooi deelgeneem het. ‘n Totaal van 12 spelers – die meeste het verblyfreg daar aanvaar met die oog op burgerskap.

Ruby ·

Toegegee, met iemand soos Mathews Phosa as President, kan baie dinge ten geode verander, vir ALMAL.

Sue ·

Baie goeie toespraak. Mens wonder net of dit verband hou met ‘n die vereiste van’ n hoër inkomste groep wat belasting kan betaal vir ‘n volhoubare gratis onderwys plan.

ray ·

Mooi woorde Mathews Phoza,maar dit gaan nie gebeur nie. Solank die anc aan bewind is,gaan die land donker bly. Ons sien mos hoe streef Zuma om soveel as moontlik doen om Zimbabwe uitbreiding twee hier in die hart van SA te vestig. Wees gegroet.

Johan ·

Puik toespraak .stem saam SA sal n beter plek wees met Dr Phosa aan die stuur

Lynette ·

Die mense wat ek ken wat in Australie woon het almal burgers van Oz geword en is baie gelukkig daar. Sal nie terugkom nie. Dis n pragtige skoon land met wet en orde. Ek was al twee keer daar en het dit vreeslik geniet.

Ag asseblief tog.... ·

Ja ja ja whatever ek wens regtig die wittes was welkom daar en dat ek jou kon glo.. Probeer maar die wittes terug lok met jou woorde heuningkwas wat jy so dik aansmeer maar once bitten twice shy…
Jy moet n dwaas wees om die lot te glo kyk maar net na die huidige staan van sake plaasmoorde, Afrikaner taal onderdrukking by opleidings instansies, verdrukking van Afrikaner geskiedenis geloof en kultuur,werk kwotas, sport kwotas,als vervalle .
Ons staan tans in die top 5 beste rugby lande naas die dekselse uiterste goeie All blacks en Ozzies ens, maar transformasie soek hul, wat van transformeer jul patetiese banana bananas met met so 10 wit spelers ek meen waar staan hul tans op die ranglys huh?.,Maar die blanke afrikaner moet maar sy heil in die buiteland gaan opsoek maar net om ander internasionale spanne te haal en dan teen sy eie Afrikaner broer te speel! Nee wat my ou dit is n joke!
Transformasie dit regstellende aksie dat.Bee, mal ding malema en kie wat helfde van alles van witman vornuut wil he,plaas en al eischh baba aikona i tink not….
Die anc wil net meer wittes daar he om te sien swaar kry..
Om hul hard verdiende geld en kundigheid te steel en vermors.
Moet se hul doen n goeie werk om Suid Afrika op gelyke been te bring met die res van die derde wereld AFrika en vinnig ook…

yster 74 ·

Mnr Phosa. Net die feit dat jy AFRIKAANS MAGTIG is beteken baie. Dis die eerste keer in n jaar dat ek voel ek hoort nog in die land. As hulle maar soos jy gedink het. Maar jy het verstand.

carel smit ·

Julle aan vaar nie my taal en my godsdiens nie,julle aan vaar nie die wit mens nie.Nou wil julle die wit man he om julle ryker te maak.Ek het van n eerste wereld getrek na n derde wereld land toe en ek het swaar gekry ek moes in n tent bly tedanke aan julle.Ek is so bly ek het daai stap gedoen en nou na 20 jaar gaan julle derde wereld toe en die land wat ek nou bly is besig om te klim.Vir my gaan dit nie oor geld nie vir my gaan dit oor my wit en my gods diens wat julle nie kan afbreek nie.Wat jy sal saai sal jy maai,so julle begin die vrugte pluk wat julle gesaai het geniet dit ek bly arm maar bly darm in n veilige plek waar my familie n toekoms het

Ouman ·

Baie van my familie het pad gegee en het geen plan om terug te kom na ‘n land waar wit ‘n vloekwoord is nie. Verstaan hoekom hulle gelukkig is in Australia waar alles werk en daar wet en orde is. Het self met besoek aan Australia besef hoe sleg dit in SA gaan. Spyt dat ek nie self in 1995 pad gevat het nie

J.Z ·

Mooi woorde,mooi gedagtes,wonder wat die ANC nou in die mou voer?. miskien raak die wittes nou te min om hulle verder te melk .een ding dankie vir die erkening dat daar n onreg teen hulle gepleeg is.alhoewel wittes nie meer hul mooi praatjies glo nie.

Magda Minnie ·

Dankie Meneer jy praat twak!!! Lekker gelag jy onderskat die mense se integriteit wat al reeds die land verlaat het, of jy dink daar is nie televisie in ander lande nie LOL

Dee ·

Verkeerd Magda, hy onderskat nie die mense se integriteit nie, inteendeel hy besef hoe ontvanklik en naief vele van die blankes is! (Lees die lofliedere hierbo vir hom!) FW het vir hulle gesê hulle moet vir hom stem en toe doen hulle so. Later skel hulle hom en stem vir Helen Suzman se erfgename. Daarna spring hulle weer om en stem VF. Besef jy watse hip hop dit is tussen uiterstes? En jy praat van integriteit! Moet seblief nie dat ek joune bevraagteken nie. Iemand het lank lank terug gesê ‘n land verdien sy regering.

Keelvol ·

Ek stem saam met sommige van julle se siening maar die res wat kerm en kla oor hoe wittes behandel wil word is om van siek te raak.Eerstens sit hulle met baie kennis wat hul weier om te deel met ander rasse.Tweedens hardloop julle weg van omstandighede wat deur wie veroorsaak is? Laastens is dit nie net wittes wat gebuk gaan onder swak omstandighede so hou op die res wat nog kans sien vir hierdie mooi unieke diverse land probeer negatief maak.Elke huis het sy kruis so dra joune en raak ontslae van die stigma asb tog!!!!

arie plaasboer ·

Keelvol,
Ek weet nou nie hoe op hoogte jy is va SA geskiedenis nie.
Miskien sal dit goed wees om te oorweeg waar die blanke Afrikaner was na afloop van die 1899 – 1902 oorlog teen Engeland .
Waar het dieselfde volk / land gestaan ca 90 jaar later en waar is dieselfde land nou onder die ANC heerskappy.
Is nogal neerdrukkende leesstof.

danie ·

Keelvol, ek stem saam met jou. Dit is vebasend om te sien hoe die hensoppers nou oordie water sit en hulle besighou met SA se sake. Ek is n wit suid afrikaner en bly in SA. My grootste klient is die staat, en hulle weet ek is wit, afrikaans. En tog maak hulle gebruik van my dienste.

JoeV ·

Maak deur oop om vir die onkundiges te gaan werk? Glo nie hoor, skaf Swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie af dan kom ons self terug.
IN jou buurlande is kundigheid van Suid Afrikaaners meer werd as Europese en ander kundiges in gas, olie en telekommunikasie, mens verkeer nie 24uur per dag in lewens gevaar nie en word gerespekteer deur die plaaslike bevolking.
Nog so bietjie werk wat vir die anc voorlê voor mens dit goedsmoeds kan terugkeer.

Izzy ·

Mooi woorde….en dis by woorde waar dit sal bly. As die blankes wat huidiglik in die land is, dan nie eers werk kry nie (en daar’s duisende goed opgeleide en kundiges) hoe en waar gaan die wat terug keer na SA ‘n werk kry? En vir hoe lank sal hulle daardie werk mag behou voordat dieselfde ou storie weer afspeel van BEE ens?

Grotman ·

Mnr Phoza! Dis waar woorde wat jy spreuk maar net jammer ander soos Zuma en Mal-ema ens sal nie met jou saam stem nie. Hulle wat Suid Afrika verlaat het sal nie maklik terug kom nie en baie van ons wat nog hier is sit vas as gevolg van dat ons nie geld het om weg te gaan nie want as ons kon belowe ek jou sou daar amper geen wit erens te sien gewees het nie.

Gertjie ·

Moet dit asb. tog nie glo nie.
My drie kinders bly waar hulle is, hulle is veiliger daar.
Ek sal nooit, ja, nooit die ANC vertrou nie want ons mede Afrikaners word nog steeds
vermoor en hulle doen niks nie. Praat, praat en bly praat en doen niks.

Gideon ·

Dit is eerbaar om so toespraak te maak. As die ANC weet wat is goed vir hulle , omarm hulle elke blanke Afrikaans sprekende en sê tog net om te bly en nie te gly nie!! Kan hulle nie sien waar stakers moles maak is daar gewoonlik nooit ‘n wit gesig te sien nie!! Ons wit Afrikaners kan byna 3 miljoen sterk wees, maar as ons op die hande gedra word sal hierdie land weer vlieg, soos Annelie v Rooyen se arend!!

Johan ·

Dis alles net lippetaal. Ek het vandag gesien dat prokureurs selfs voorgese word om swart advokate namens hulle kliente aan te stel in sekere omstandighede. Verbeel jou die arrogansie. Die publiek kan nie eers meer letterlik besluit op hul eie advokate om hulle te verteenwoordig nie!!!!

Karolis ·

Bart, JZ, Magda Minnie, Izzy, Grotman, Gertjie, Gideon, ek salueer julle.
Sommige van ons kan deur ‘n skoon ruit sien.
MP het voorwaar ‘n modus operandi met hierdie omswaai.

M A ·

My jitte, ek is ervare en goed opgelei maar ek word nou gedwing om op 60 (60!) af te tree sodat die (onopgeleide) jonges ‘n kans kan kry. Hoe gaan mense wat terugkom en nog moet werk soek, poste kry?

Goedgelowig ·

Hoe gaan daai liedjie ? ” How the hell van we believe you? ” Jakkals verander dalk van kleur maar nie geur nie! Die wat hom glo is werklik baie naïef!!

Dee ·

Opsomming: Maak dit makliker vir wittes om die land te verlaat.

candice ·

As dit wat hy sê opreg is, maak HOM president asb! Laat dié wat kan en wil… laat hulle werk!

Cathy Kotze ·

Dis onmoontlik om terug te gaan na Suid-Afrika. Ons pas net eenvoudig nie meer in nie.

Ons is gewoond aan medemenslikheid, ongeag velkleur.
Ons is gewoond aan die feit dat geen werk ‘n skande is nie. Die posman, slootgrawer, askardrywer, ens. word net so gerespekteer soos die dokter en die sakeman.
Moderne dinge soos kabel internet toegang, uitmuntende staats hospitale, banke sonder tralies, huise sonder diefwering, oop woongebiede sonder hoë heinings, is ‘n gegewe.

Ons kinders doen vrywillige werk, en word as toekomstige leiers opgelei. Hulle weet arbeid is adel want die meeste het ‘n deeltydse pos teen die tyd wat hulle vyftien word. Hulle het vriende wat min van Suid-Afrika weet of in die land belangstel. Baie trou later met nie-Afrikaners en hulle het geen verbintenis met Suid-Afrika meer nie.

Ons is gevestig in ons broepe, maak voorsorg vir ons aftrede en sien uit daarna in ‘n land waar seniors veilig is en vertroetel word.

Wat bied Suid-Afrika in ruil hiervoor?

Gerhardt ·

Ag nee wat, hierdie is ‘n ou trick van die comrades om die teiken gehoor te vertel wat hulle dink jy wil hoor maar agteraf in ‘n ander taal sing hulle “skiet, skiet”. ..

Leonie Booysen ·

Ons volk moet NOU saamtrek of verbrokkel. Een dag vir jou volk se toekoms, is nie te veel gevra nie. Vergeet van jou organisasie/beweging se identiteit vir een dag, want ons almal streef na ons eie grondgebied waar ons oor onsself kan regeer volgens die leiding wat ons God deur Sy Woord vir ons gee. Breek weg van barbarisme, ingebore misdadigheid, derdewêreld se standaarde en futiele/fataal vernietigende owerheidsoptrede. Op die 27ste November 2015 sal die organiseerders begin om 8 uur by die kunsmuseum daar sal n heledag aan boere kultuur bestee word. Kos stalletjies en kunstenaars sal optree. Om 11 uur stap ons na die Unie gebou. om ons eerste Vryheidsmanifes aan die regering te oorhandig. Die VN sal ons verteenwoordig wat dit n wettige optog maak. Ons het buitelandse media dekking omdat die SA media dink ons blankes het melaats. Verkeersdepartemente sal die strate vir ons blokeer. n Wit T hemp met n rooi hand agter op sal die drag wees vir die optog. Ons sal fotos van die plaasmoorde slagoffers en baniere met opskrifte wat by die manifes en plaasmoorde pas by die Unie gebou plak Sien ons jou en jou ondersteuners die 27ste?!!!!!!!!0842046166

Derick van Zyl ·

Blah, blah, blah…en môre verkondig hy weer 100% die teenoorgestelde bd fnb stadion in Soweto. Die Afrikaners wat dit binne hul vermoëns het/gehad het om die land te verlaat sal nie weer terug keer nie, want dit is in elk geval vir hul moontlik om te doen indien hul so sou wou. Punt is: hou op heuning om ons monde smeer en doen iets. Die land se ekonomie is gebou op misdaad, indien jy dit nie glo nie, dink bietjie aan die verskillende tentakels van inkomste wat oor die laaste 2 en 1/2 dekades gegroei het juis agv misdaad. Hoeveel inkomste word gegenereer NET deur sekuriteits maatskappye? Nee wat, die land is die land van melk en heuning, as jy ‘ krimineel is…

vermeende ·

Wag so bietjie. so hy steun in wese die konserwatiewes dat BEE en regstellende aksie stopgesit moet word??
Nee nie so maklik nie………wat is die punchline grote.

aussiekaner ·

Maak dit makliker sê hy …? Weet hy wat dit behels? Dit beteken hy moet SA verander in ñ land wat dit moes wees of wat dit was 30jr gelede. Hy sal skielik die land moet opgradeer na 1ste wereld klas. Hy sal moet korrupsie en geweld uitroei. Daar is nie n manier nie. Praat is maklik. Ons regering word bestuur deur ryk druglords. Misdaad is hul kos. Jy moet skielik omtrent 25 Miljoen mense opvoed om net vars te kan dink nevermind lees en skryf. Dit het hul 40jr gevat om hul nasie so te brainwash dat apartheid die skuld kry vir elke toon wat gestamp word. Nou weer daai sielkunde te reverse? Never. Dit gaan die land 50jr vat on weer normaal te funksioneer.

Andrew ·

Ek wens Suid Afrika die beste. Dit is nog een van die mooiste lande op aarde met soveel potentiel maar solank ras haat en moord seevier is dit nie n land waar mens will lewe nie. Geen itelligente mens sal homself in n vuur gooi nie en die leiers speel te veel met mense se lewens. Erger, hulle ondersteun diktators soos Mugabe en so word Afrika armer.

Sarel ·

Ek wonder wat die klomp sê was SA verlaat het en maar toe weer terug gekeur het, is hulle bly of spyt dat hulle weer in hierdie deurmekaarspul is met al sy geweld en moord of voel hulle dat hulle maar eerder in Australia, Engeland, Kanada of waar ookal moes gebly het. Ek kan nie dink dat mense hier uit kan kom en dan besluit om weer terug te kom nie. As ek hier kan uit, kyk ek nie eers terug nie, wat staan nog te sê van terug kom na n land waar jy sukkel om iewers te kom oor jou velkleur en jy vermoor word vir niks.

Dr Lucas Nel ·

Baie geluk , dr Mathews Phosa met ‘n uitstekende en weldeurdagte toespraak. . Elkeen van die temas wat u aangespreek het, is netjies en rigtinggewend saamgevat. Veral u siening oor die goed geskoolde en ervare Afrikaner wat na SA moet terugkeer en die ekonomie alhier moet kom help bou en groei, is in die kol.Ons het kollektief die verpligting om dit hier vir diesulkes “makliker te maak” Om bloot teen moontlike en veral gewaande probleme vas te kyk en op grond daarvan u voorstel af te skiet is kortsigtig en ondeurdag. en het geen waarde nie. U skrywe , soos talle voor hierdie een stel weereens nie teleur nie!Vir sommige kommentare op u toespraak is persoonlike sieninge wat niks met die inhoud van u toespraak te doen het nie. Ons wat u persoonlik ken weet dat u integriteit onpesroke is en dat hierdie toespraak daarvan getuig dat u steeds ‘n positiewe rol in SA speel. Dalk is die tyd ryp dat u dit daardie rol vergroot. Sterkte!!

Adele Botha ·

Dankie tog, Dr. U kyk nie teen velkleur vas nie. En weet ook dat Mnr Phosa opreg is in wat hy gese het in sy toespraak.
Bloot gebasseer op eie ondervinding en kennis met en van Mnr Phosa.

Adriaan ·

Sy laaste opmerking trek `n streep wat hy flussies gesê het. Solank hulle nie wil hê ons moet beklemtoon en uitbou wie ons is nie sal ons nie terugkom nie. Die Afrikaner is `n eie soortige volk met eie karakter en ons wil ons eie stuk grond (provinsie ten minste) hê waar ons ons eiesoortige skole, ouetehuise, universiteite en leefruimte kan hê. Eie beskermingsdienste (polisie) is `n moet. As dit deel van `n federasie moet wees, dan met staathulp, want ons betaal BAIE belasting. Voor dan – vergeet dat ons sal terugkom. Die VSA bied tans vir ons `n veiliger tuiste. Ons moet geborge en veilig voel en gelyke kans gebied word. Al verlang ons ons dood na ons geboortegrond.

Adele Botha ·

Is daar dan blankes-alleenlik dorpe in die VSA waar u tans woon?
Of woon u tussen ander kulture?
Hoekom dit dan in SA verwag?

Flow ·

Dis nou wat mens in engels noem lip service….in Afrikaans mooipraatjies.

Bfb ·

Spyt kom te laat. Die varhok se hek staan oop en die varkies is in die mielies. Die liberales kruip tussen die varkies rond en smeek dat hulle moet terug kom kraal toe, maar die varkies hardloop hulle plat en trap hulle in die grond in terwyl hulle hap hap mors met die mielies. Nou wil hul herder he die boere moet kom help om die mielies te red!

Of wag, dalk is hierdie analoog ook te tegnies…

Johann ·

Wat??het die man werklik gedink ons het Piet Retief se geval vergeet. Bondstaan manne die verlede het n vuil manier om hom self te herhaal

GES ·

Die naiewe kommentare wat ek gelees het sê maar net een ding. Dit is liggelowige Afrikaners wat skuiling by die DA gaan soek het. Mathews Phosa is ‘n “has been” en die radikales steur hulle nie aan hom nie. Word wakker mense, kom uit jou mikro omgewing en beweeg na die makro omgewing. Die prentjie lyk totaal anders daar. Ons is ‘n oorlewingstryd gewikkel en die tyd het gekom dat ons moet begin handevat. Dit klink soos retoriek maar wat anders kan ons doen. Vergeet van mooipraatjies, ons moet ons eie plannemaak en deurvoer. So eenvoudig soos dit.

Agnes ·

doen weg met BEE en gee ons Afrikaners weer n kans. jy sal verbaas wees hoe gou ons land weer sal reg kom. Weg met kleur, terug met intellegensie

Marius ·

Lekker om te stik in jou mense se irrasionele besluite Phosa…..dink jy regtig ons glo jou en jou regering se bedoelings? Hoekom slegs die gekwalifiseerdes?? Julle onbevoegdeid het julle ingehaal…..sink nou maar lekker….julle was gewaarsku!

Pieter Hugo ·

Dankie vir die waarheid Min Phosa, al doen jou party nie veel verder daaraan nie. Dis lekker om nou en dan bietjie erkenning te kry. Ek kan verstaan dat meeste van my taalgenote sinies sal reageer. Ons boere is maar ‘otherwise’. Ek sal myself egter beywer om te help bou aan die land waarvoor ek lief is, en wat my goed behandel het tot dusver. Aan witmense wat weg is, kom terug asseblief. Ons het julle nodig om die damwal te help hou. Australie en NZ is miskien mooi en netjies, maar dis nie ons sn nie. SA is.

GES ·

Ek wil graag byvoeg dat Phosa maar ook die soustrein goed gery het. Nou dat die soustrein se wiele begin afval wil hy die blankes terughê om die sinkende skip te red. Baie professionele mense is uitgedruk (gelukkig nie die land verlaat nie) om ander beroepe te volg. Hierdie mense is ewe suksesvol waar hulle nou is maar sou ‘n groter impak gemaak het as hulle in vrede hulle beroepe kon voortsit. Bietjie laat wakker geskrik mnr Phosa. Ek dink ons het die punt van nie meer omdraai nie oorgesteek. Die staat en die anc-bende het nie die wil of die vermoë nie om die Afrikaners wat land uit is terug te bring.

HEVW ·

Mnr Phosa u insette is baie positief en dit laat gryp baie mense soos drenkelinge na strooihalms twv uitkoms, redding. U kan regtig nie iemand verkwalik wat dit met negatiwiteit bejeen nie, want dit staan lynreg teenoor die gees en beleid van die party en regering waaraan u behoort. As woorde wat eenmalig uitgespreek is dra dit ook nie veel gewig nie. Ek beveel aan word n kampvegter, maak gebruik van elke geleentheid om dit wat so na aan u hatrt le te propageer. Die ommeswaai sal baie moeilik wees, want die massas waarteen u spreek is eenvoudig net te groot, te radikaal en onkundig. Maar probeer maar. Ek verseker u as u daarmee erns het sal u beslis baie ondersteuning en ook agting kry. U sal heel moontlik dit buite die anc moet doen, want ek glo nie hul sal u in hul geledere duld nie.

stoney ·

Ek glo mnr Phosa het ‘n punt beet. Hy was nog altyd nugterdenkend. Maar of die Baas met hom gaan saamstem is ‘n perd van ‘n ander kleur. Die witmense in hierdie land het al te veel gely onder mooi praatjies, leë beloftes en wreedaardige optredes. Dit sal ‘n handomkeer strategie verg voor ek een van hulle glo. Die klinkklare bewyse is daar vir enige blinde om te sien.

chrisp ·

Mnr Phosa.
Baie dankie vir u klaarblyklike nugter denke.Dit is verblywend om ‘n ANC kammeraat so te hoor praat,besef egter dat.
1) Land met sulke verskeidenheid kulture nie kan werk nie(die hele wereld dien as voorbeeld)
2) ‘n Land met sulke verskeidinheid tale, nie werk nie(waarvan een in besonder aanslag na aanslag te bowe moet kom).
3) ‘n Land waar die minderheid(maar by verre die meerderheid kennis le) deur wet, ja jou wette onderandere asook die DA en Eff sin uitgesluit word, nie kan werk nie.
4) ‘n Land deur misdaad verteer word waarvan persentasie gewys een ras by uitstek die grootste aandeel het.(dit skep ook rasse spanning)
5) Die stemgeregtiges van so ‘n land so verskil dat dit eintlik twee teenoorgestelde pole verteenwoordig,nie kan werk nie.

Daar is nog etlike voorbeelde maar bg is genoeg,dink ek.

Nee wat ons hier aan die Suid-punt sal net vorentoe gaan as ons weer elkeen oor homself kan regeer bv deur ‘n federale stelsel saam met die res van suiderlike afrika.

In kort. As ‘n huis inmekaar tuimel los hom tot hy klaar geval het en bou ‘n nuwe een.Die een moet duidelik anders gebou word anders tuimel hy ook maar in.

Mike de Beer ·

Matthews Phosa se uitlatinge laat mens met ‘n lekker gevoel in die hart, en ook bewondering, maar ai tog .. “a lonely voice in a vast ocean..!

Van ·

Mnr Phoza, stuur asb hierdie boodskap aan die ANC regering. Daar is meer reg denkendes in die ANC Afrikaners moet dit besef

Rocco van Rensburg ·

Dit gaan nie net oor wit nie maar ook ook ondervinding en vaardighede wat uit die land is en met die ANC se transformasie beleid en die swak skool opvoeding waar ‘n klomp onderwysers nie die vaardighede of kwalifikasies het nie sal SA altyd ‘n derdewêreldse ekonomie hê. Daar is stoere ANC hoog geplaastis wat begin besef dat sosialisme en voor die voet transformasie is nie die antwoord nie. Die besef dat ‘n blinde nie ander blindes kan lei nie word alhoemeer in die ANC strukture waar geneem. Nou om van Zuma as president ontslae te raak gaan nie maklik wees nie maar daar is darem hoop.

chrisp ·

Van en Rocco
Gee die name(ANC lede en hooggeplaastes) van die sogenaamde “regdenkende , een blinde kan nie n ander lei nie en dat sosialisme en “ nie die antwoord is nie asb.

Indien julle nie kan nie is dit bloot ‘n leun. Soos ek vermoed?

Eliza-beth ·

Goeie toespraak, maar ek voel dat dit nie maklik gemaak moet word vir wittes om terug te keer SA toe nie, dit moet in die eerste plek maklik gemaak word vir hulle om die land nooit te wil verlaat nie!

Dawid van Huffel ·

“.. substandaard ekonomie ..” – met substandaard rasse mentaliteit. Dit is nie net “wittes”wat die land verlaat het nie. “Ander kleuriges, met ho kwalifikasies het ook S.A. verlaat. Go figure …

Willie Bosman ·

Wel gedoen met die toespraak, sodra ons die werklike toestand op die grond waarneem sal ons dalk oorweeg om terug te kom, Ek is in Australia en het geleer aanpas hier, my kinders en klein kinders is gelukkig hier and daar is geen wetgewing wat ons keer om vir ons famielies te sorg en goed te sorg ook. Vir my om terug te gaan Suid Afrika toe sal daar daadwerklike verandering moet kom, Wetgewing wat my verhoed om die werk te kry wat my pas moet verwyder wees slegs my vermoee om ‘n werk te kan verrig moet in ag geneem word. Eiendomsreg moet gewaarborg wees en ‘n Polisie mag wat werk wat veiligheid vir almal in Suid Afrika waarborg, ‘n regering wat werklik vir almal werk en nie net vir hulle self nie. So ek twyfel of ek dit in my leeftyd sal sien, Ek droom nog altyd dat dit moontlik sal wees maar ek betwyfel dit is moontlik

Paul ·

Diegene wat nou ewe skielik MP se lof so besing is of baie naief of verstaan nie Afrika politiek nie. Hulle gebruik hom kort voor die verkiesing juis omdat hy die regte mondering het – hou van Afrikaans, dig in Afrikaans en praat Afrikaans. Hy weet voor sy siel dat geen regdenkende persoon na Suid Afrika sal terugkeer voordat misdaad bekamping nie werklik as prioriteit beskou word nie.

Coen Hattingh ·

Ek glo die Wittes wat REEDS die land verlaat het sal nie maklik terugkeer nie. Die wat reeds burgerskap elders aanvaar het is bewus van misdaad (moord, roof, verkragtings, korrupsie, dubbel maatstawwe en werkloosheid) sal hulle BESLIS twee keer laat dink!

Wilna Lucitt ·

EXACTLY!! I concur, I will never return to the murder & chaos. I am now a USA Citizen and loving it!

Wilna Lucitt ·

I immigrated to the USA in 1997, as for making it “easier” for me to return… Not a chance in hell!! I love living in a country where I don’t even have to lock my front door. I can leave my keys in the ignition and I know my car will still be there in the morning, I have no bars in front of my windows, I don’t lock any of my doors at home (I don’t even know where the keys are!) I make an insane amount of money in comparison to the peanuts I had to try and survive on in SA. I am living a happy fulfilling life, why would I come back to fear and chaos?? No thank you!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.