Maak jou reg vir ʼn brandstofprysskok

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Karen Sandison/African News Agency)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) voorspel dat brandstofpryse teen volgende maand skerp gaan styg weens die hoër algemene brandstofheffings wat dán in werking tree.

Dít tesame met stygende internasionale petroleumpryse vererger deur ’n dalende rand-dollar-wisselkoers skets ʼn somber prentjie vir plaaslike brandstofpryse.

“Soos sake vandag staan, sal petrol met 90 sent per liter, diesel met 66 sent per liter en paraffien met 62 sent per liter styg,” het die AA Maandag in ’n verklaring gesê.

Dié verwagte stygings sluit egter nié die algemene brandstofheffings en die heffing vir die Padongelukkefonds (POF) wat Tito Mboweni, die minister van finansies, verlede maand in sy begrotingsrede aangekondig het in nie. Dié heffings tree op 7 April in werking,

“Binne die huidige scenario tesame met die heffings sal die prys van petrol na verwagting met R1-16 per liter en dié van diesel met 92 sent per liter styg.”

Met dié verwagte verhogings in ag geneem kos ʼn liter 95-oktaan (tans R16,32 per liter) voortaan R17,48 per liter, waarvan R6,10, sowat 35%, belasting is. Die prys van diesel (tans R14,12 per liter) styg tot R15,04 waarvan R5,96, sowat 40%, belasting is.

Die AA sê die regering kan nie langer die gevolge van ernstige stygings in brandstofpryse ignoreer nie en behoort dringend te besin oor die druk op verbruikers wat sukkel om finansieel kop bo water te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

tweeling ·

Dis mos maar net te lekker, as jou geld opraak dan dink jy ‘n verskoning uit om jou sak te vul is dit nie so nie cANCer. Gelukkig draai die wiel.

katerinadiekat ·

Hy beter nou vinnig begin draai voor ons almal uitvrek van armoede.

Knormoer ·

Dit is waar jy verkeerd is. Die wiel draai nie in die land nie.

Nie Verbaas ·

ANC vat net meer en meer om te plunder. Om meer geld te vat gaan nie help nie. Vervolg plunderaars suksesvol, dit sal help.

Elize ·

Met die paaie wat besig is om in grondpaaie te verander is die donkiekar tydperk hier! Hoe gaan mens by die werk uitkom as dit so aangaan? Nou word daar eers vir pertol gewerk dan kos en skuld. Hierdie kaders het geen gevoel nie want hulle maak vol op die belastingbetaler se onkoste

Connie ·

Ja maar hulle en kopdoek hou aan met lockdown, waar de hel moet die geld vandaan kom. Die salarisse bly die selfde en party kry nie eers salaris nie, anc gaan net weg julle maak my naar.

Chantel ·

Dit laat my in skok, as mens gaan kyk na wat ons einlik betaal vir die petrol en hoeveel van hierdie geld veronderstel is om na die padfonds te gaan, weet ek wragtig nie wat gebeur daarmee nie. Of nee, wag, ons weet. Ons paaie is in absolute chaos!So kan ons dan aanneem dit gaan na die verryking van ander

Op pad uit ·

Ek na hierdie berig: “Dis tyd om ‘n elektriese motor te koop.” Eskom:”Kom ek deel die volgende week se beurtkrag skedule met jou!”

VaalDonkie ·

Oukei maar kyk nou so daarna: dis omtrent R60 meer per tenk met ‘n gemiddelde grote kar. Moenie stres nie.

Fluisterwind ·

In 2017 was daar 12027860 geregistreerde voertuie op die pad, maak nou die sommetjie geld wat na die “bende” gaan!

Phillip ·

Sit die brandstof prys op so dat daar meer geld in Anc se sak kan kom of om die taxies te subsiedie vir hulle te gee toe ons in bewind was en net die petrol met een sent opsit het hulle bande gebrand en gestaak nou klae nie mand nie . en dis n R1.00

Danie ·

Ons land is stukkend. Die laaste bloed word uit die klip gewurg en as daardie klip nie meer kan bloei nie, word hy stukkend gekap. Ons is op ons kniee van moedeloosheid, ons weet nie meer al dag watter kant toe nie. Die bitter, die ellende, die vermetelheid en die kanker wat ons elke dag stukkie vir stukkie op eet het al so deel van ons elke dag lewe geraak, ons sug net en gaan aan. Ons is moeg.

Racheltjie Debeer ·

Kan die Minister asb vir ons ‘n uiteensetting gee van wat presies die regering met al hierdie heffings doen? Ons paaie is vol slaggate, die meeste staatsinstellings is bankrot, maar ons moet net aanhou betaal.

Josua ·

Jare gelede het juis die ANC mense opgestook om te gaan TOI TOI omdat die NP regering petrol pryse verhoog het en dan het hulle strate afgeblok en alles ontwrig, mense was belowe dat wanneer hulle die land gaan regeer sal hulle nooit dit aan hul mense doen nie. Van R1.50 p/l in die jare net voor die ANC oorgevat het vir brandstof het die ANC regering die petrol prys verhoog tot net onderkant R20 p/l terwyl Botswana wat ons petrol aankoop petrol verskaf aan sy eie mense vir minder as R10 p/l hoe regverdig jy dit, om nie eens die verhoging in kospryse te regverdig nie. ‘n Witbrood was minder as 70c p/b vandag tussen R15 -R25 p/b en steeds “promise” die ANC almal alles terwyl mense besig is om te sterf van die honger.

Keith ·

Pula 8.08 p/L of R10.88 p/L and in Swaziland (who we also supply) R13.15 p/L

Keith ·

Petrol in Botswana Pula 8.08 per liter or R10.88 p/L, and in Swaziland R13.15 per liter. When i used to travel near Swaziland, I used to cross the border just to fill up my tank, and then come back out.

Yolandie ·

Mens boer net agteruit in die land. Snaaks die taxi’s gaan nie nou aan oor die petrol prys nie. Eeerder oor Covid en hoe vol hulle hulle taxi’s mag laai. Ek sien net ‘n afdraande pad en dit lyk regtig net glad nie meer goed nie. So kan dit darem net nie meer aangaan nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.