Soorte resepte:

Maak jy die lekkerste boerewors in SA?

Delano Jasper (Foto: Shoprite Checkers)

Shoprite en Checkers se alombekende Championship Boerewors-kompetisie is weer op soek na Suid-Afrika se volgende boereworskenner.

Shoprite en Checkers soek jaarliks na Suid-Afrika se lekkerste boereworsresepte en inskrywings vir dié kompetisie het vandag geopen. Hoopvolle kandidate het tot Vrydag 18 Junie tyd om in te skryf.

Alle inskrywings vir die Championship Boerewors-kompetisie sal deur ʼn deeglike bekragtigingsproses gaan om seker te maak dat al die resepte aan die riglyne van wat ʼn tradisionele boerewors is, voldoen. Daarna sal die beoordelaars die 30 beste resepte kies.

Hoewel die wenresep van elke jaar se Championship Boerewors-kompetisie ʼn groot geheim bly, sê verlede jaar se wenner, die 19-jarige, Delano Jasper, dat vleis en speserye van goeie gehalte, saam met die regte mengsel van bestanddele, uiters belangrik is.

Die wenner van dié kompetisie se boerewors sal in Shoprite- en Checkers-winkels oor die hele Suid-Afrika verkoop word, én hy of sy sal ʼn Toyota Fortuner 2.4 GD-6 4X2 6AT wen.

Vir meer inligting of om in te skryf, besoek www.championshipboerewors.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Vra ek ook mos. Dis die Beste van wat ingeskryf het, maar nie die Beste in Suid Afrika nie.

Anel ·

Toe dit begin het was dit die beste. Nie nou meer nie. Alles word mos oor gevat.

Dup ·

Die wors proe merendeels soos ñ saagsel/soja/water/vet mengsel.

Francois Le Cochon ·

‘n Goeie kwaliteit boerewors is duur, daarom sal ‘n goeie kwaliteit boerewors nooit ‘n Shoprite/Checkers wenner kan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.