‘Maak ʼn las’-man neem eie lewe

Gert van der Walt. Foto: Facebook

Gert van der Walt. Foto: Facebook

Een van die vervaardigers van die gewilde Maak ʼn Las-program het sy eie lewe geneem.

Gert van der Walt het homself Donderdagaand in sy huis in Pretoria geskiet.

Leon Beukes, Van der Walt se medevervaardiger, het aan Maroela Media gesê hy het Van der Walt lanklaas gesien, maar hulle het oor die foon gesels.

“Hy was ʼn baie goeie mens en wonderlike mentor, aangesien hy altyd positief was. Hy het altyd ʼn plan en ʼn manier om ʼn manier gehad. Hy was ook ʼn baie goeie sakeman en was ʼn diep mens,” het Beukes gesê.

“Ons sit nog self en dink wat hom soontoe kon dryf. Hy was nie die soort mens wat dit sou doen nie en ons weet nie of daar dalk een of ander donker wolk oor sy lewe was nie.”

Van der Walt het nog op 30 September op Facebook geskryf dat sy dogter se tweeling die vorige dag gebore is. Medelye het intussen ingestroom op Van der Walt se vrou, Maryna, se Facebook-blad.

Verskeie Maak ʼn las-medewerkers het die afgelope paar jaar op tragiese wyse omgekom.

Andries Krogman het homself in September 2009 gehang in sy huis in die Paarl. Die destydse aanbieder van die program, Jan Spies, is in ʼn motorongeluk oorlede. Tolla van der Merwe het by Spies oorgeneem en hy en Koos Meyer is in 2000 in ʼn motorongeluk dood saam met Ollie Viljoen se vrou. Worsie Visser is in 1998 naby Vredendal in ʼn vliegongeluk dood en Pieter Pieterse is in 2002 vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cherokee ·

Dit is vreemd. Ek verwys nie spesifiek na die hooftema van die berig maar wanneer dit gekoppel word aan die heel laaste paragraaf kan die woord ‘toeval’ nie betrokke wees nie.
Waarskynlik is daar veel meer sulke vreemde ‘gekoppelde insidente’ (by gebrek aan ‘n meer beskrywende woord) wat nie opgelet en uitgewys is nie. Dit is vreemd.

TM ·

Net ‘n regstelling. Jan Spies was glad nie betrokke by Maak ‘n Las nie aangesien hy al in 1996 verongeluk het en Maak ‘n Las het omtrent twee jaar later begin. Tolla en Nico Nel was aanbieders van die begin van Maak ‘n Las. Worsie Visser was wel ‘n gas maar ek dink ook nie hy kan regtig verbind word met Maak ‘n Las nie. Nie te min toe ek weer hierdie lys name sien het ek net weer besef ons het groot name en legendes verloor. Baie hartseer.

E ·

As daar dalk iemand vanaand hierdie artikel lees en self voor ń kruispad staan wil ek net sê asseblief moet nie!
Jou seun/dogter het jou so oneindig lief en het jou nodig. Hul is bereid om die pad saam met jou te stap omdat jy vir hul die beste pa/ma was toe hul jou nodig gehad het. Moet nie jou kind se hulp wegwys nie, vra my ek weet, ek was daar.

Se maar net ·

Mense wat die meeste lag en meeste komediante ly aan depressie…Kyk maar al die gevalle van akteurs en selfmoord..mense wat ons laat lag het..

Theuns ·

Ek het die voorreg gehad om Gert en Zak du Plessis te ontmoet en Gert het n groot indruk gelaat.Zak en ek het redelik goed bevriend geraak,en het Gert deur Zak ontmoet.
Rus in vrede,Gert.

Tragies ·

Jare gelede (55 jaar) het iemand aan my gesê dat hy nooit sal selfmoord pleeg. Op my vraag hoekom hy so seker is was sy antwoord: “Dalk wag daar more iets besonders op my en dan mis ek dit!!” Daardie woorde is heel eenvoudig maar tog gelaai met ‘n groot waarheid dat die neem van jou eie lewe nie die oplossing is.
Maryna, mag jy krag kry van Bo om hierdeur te kan kom met vrae waarvoor daar seker nie antwoorde sal wees en jy jou daarin sal berus.

Tragies ·

Gaan kyk op internet na die Middelburg Observer se artikel van 14 Okt. oor selfmoord onder tieners. Daar staan dat 1 een 5 tieners dink aan selfmoord en dat van hierdie daar 2 uit 3 is wat ‘n poging aanwend. Daar word ook oor hierdie tyd van die jaar bevestig wat ek reeds gesê het hierbo.

Daleen swart ·

Dis baie hartseer en sterkte vir die familie. En mense moet asb NOOIT se NOOIT nie jy was nie in daai man se skoene nie en weet nie die situasie nie. Ek het 2 mense aan dood afgestaan agv selfdood en volgens my sou hulle dit ook NOOIT gedoen het nie. Bid eerder vir genade van Bo dat jy nooit tot daai punt kom waar jy nie ‘n uitweg sien nie.

Sanet ·

As ek nie nodige middele gehad het, het ek dit ook gedoen. Moeg, swak, opgebruik.

Nico Strydom ·

Dagsê Sanet

Ek is baie jammer dat jy só voel. As jy voel dat alles te veel raak, kan jy dalk met SADAG (“South Depression and Anxiety Group”) in verbinding tree. Hulle is ‘n ondersteuningsgroep wat jou sal kan bystaan. Kontak hulle gerus by 0800 567 567 of stuur ‘n SMS aan 31393.

Baie sterkte
Groetnis
Nico
nms Maroela Media

Tragies ·

Sanet, jy is die Enigste wat geskape is deur God. Vóór jou was daar niemand soos jy en ná jou sal daar ook nie iemand wees soos jy. Jy en elke lewende wese op aarde verskil van mekaar, dit is die wonder van die skepping.
Wat my egter kwel is ons omgee vir mekaar. Wat vir een mens ‘n groot probleem is is nie soseer ‘n probleem vir ‘n ander. Indien ons net meer wil omgee en net LUISTER wat ‘n ander te sê het dan sal daar alreeds ‘n groot verskil intree.
Ek dink baie aan hierdie tyd van die jaar waar daar wéér jongmense gaan wees wat hul eie lewe gaan neem. Praat net asb. oor julle probleme en kyk net om julle na die wonder van die skepping wat JOU OOK INSLUIT.
Ek het al sovele kere gewonder of dit nie sal help om veral jonges op ‘n wildernis-staptoer van etlike dae te neem waar jou nag se slaapkamer se plafon die sterrehemel is en die mure die ongerepte wildernis om jou. Daar waar jy dan kan tyd hê om na te dink wie jy is en wat jy is en wat maak jy op hierdie aarde. Daar waar jy dan ook vertroulik met iemand kan gesels en sal uitvind dat daar óók vir jou omgegee word en óók jy ‘n plekkie het op aarde. ‘n Plekkie wat jy nie deur jou toedoen mag leeg maak.
Maak gebruik van Nico se inligting hierbo.

Piet ·

Hallo Sanet, jou skrywe is seker maar net om te hoor of daar nog mense is wat omgee, want jou verskoning waarom jy dit nie doen nie is nie n baie goeie een nie. Tog verstaan baie mense seker hoe jy voel. Ek was al self in n situasie waar ek nie die uitweg sien nie, maar as ek vandag terug kyk is ek so bly dat ek nog op hierdie aarde is. As mens eers regtig naby aan die dood was, of werklik die begrip begin verstaan van n mens wat “alles” verloor het, dan sien jy eers waarvoor jy alles moet dankbaar wees. En ja, daar is altyd mense wat omgee.

Jo-anli ·

Ekt het dit oorweeg nie gefoen gisteraand weer moeg moedeloos op ń kruispad ek verstaan sy seer en moedeloosheid vader weet.

Tragies ·

Gaan kyk op internet na die Middelburg Observer se artikel van 14 Okt. oor selfmoord onder tieners. Daar staan dat 1 een 5 tieners dink aan selfmoord en dat van hierdie daar 2 uit 3 is wat ‘n poging aanwend. Daar word ook oor hierdie tyd van die jaar bevestig wat ek reeds gesê het hierbo.

Jakkals ·

Ons weet nie hoekom jy dit gedoen het nie, maar jy laat ‘n gaping in baie lewens. Rus sag Oom Gerry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.