‘Maak ʼn voorbeeld van Werner de Jager’

(Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Action Society sê verdagtes in sake van geweldsmisdade teen vroue en kinders – soos Werner de Jager – behoort nié borgtog te kry nie.

Die drukgroep hou vol De Jager behoort borgtog geweier te word op grond daarvan dat hy onder meer ʼn vlugrisiko inhou.

De Jager, die man wat van die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, aangekla word, se borgtogaansoek kon nie Donderdag in die landdroshof op Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aangehoor word nie nadat die hofverrigtinge vir ʼn paar uur lank vertraag is terwyl De Jager met sy advokaat beraadslaag het.

Maroela Media het vroeër vanmiddag berig De Jager se borgtogaansoek is nou tot Januarie uitgestel. Hy bly tot dan in aanhouding.

“De Jager moet Kersfees agter tralies deurbring,” sê Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van Action Society. “Ons kan nie meer vertragings in die stryd om geregtigheid vir Liezel bekostig nie. Sy verteenwoordig duisende vroue wat uiteindelik net ʼn nommer in ʼn baie lang lys van slagoffers van geweld in intieme verhoudings word.”

Cameron sê dit is van kardinale belang dat daar ʼn voorbeeld gemaak word “van hierdie sogenaamde mans wat toegelaat word om weg te kom met mishandeling van en moord op diegene wat hulle geroep is om te beskerm”.

Cameron glo egter die speurders wat toegelaat het dat die saak teen De Jager vir twee jaar sloer “en dat haar saak óók net nog ʼn nommer word” ook verantwoordelik gehou moet word.

“Ons sal ook voortgaan om stappe te doen om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aanspreeklik te hou vir die oorspronklike [ondersoek]span se verwaarlosing en mislukking in hierdie saak. Hulle het haar familie en vriende vir meer as twee jaar in die duister gelaat en hulle ontneem van die berusting wat hulle nodig gehad het om behoorlik oor haar dood te treur,” sê Cameron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karl ·

Diegene wat aan moord skuldig bevind is moet ook nie toegelaat om enigsins te stem gedurende ‘n verkiesing nie. Selfs nie na voltooing van hul vonnis nie.

Johann ·

Skokkend om te dink dat die polisie só onbevoegd en plain lui is dathulle gedwing moet word om hulle verandwoordelikheid na te kom? En heel voor loop Madhatter en skitter as onbevoegde voorbeeld soos min. Dis nou as hy nie gaan werelwd rugby kyk en ‘n assistent saam van vir ‘n half miljoen rand!

pestilensie ·

Wat het van onskuldig tot skuldig gevind, wil ons nou regtig op hierdie paatjie wil gaan

Koen ·

@Yvonne. Baie mense verag Reeva se stem. En is verheug dat 7 jaar genoeg is vor moord.

AH ·

Oscar se verhoor en tronkstraf is verby! Waarom dit nou opgrawe aangesien niks daaraan gedoen kan word nie. Hierdie moord, soos alle ander moorde, behoort met die langste moontlike tronkstraf sonder parool gestraf word! Nou moet ons maar wag en kyk of ons regstelsel wéér die slagoffers gaan faal…

AREND1 ·

De Jager het self eintlik gesê hy is skuldig,want jy gaan nie weghardloop en verdwyn as jou vrou vermoor word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.